Bibi

Bibi

VIA

Leer ken ‘Sieners’ se Bibi

KITSFEITE

  • Naam: Bibi
  • Van: Slippers
  • Ouderdom: 32
  • Beroep: Joernalis, digter en skrywer
  • Blyplek: Johannesburg

Wat is jou stylmantra?

Net een woord: speel.

Hoe bly jy op hoogte van die nuutste trends?

Ek kyk na wat die sanger Sia doen.

Wie is jou styl-ikone en hoekom?

Die mode-ikoon Iris Apfel. Sy kry dit reg om op haar oudag onbeskaamd haarself te wees. En nog ’n ding: sy glo nie in duur fashion koop nie. Sy koop net goedkoop klere en krale.

Jy hou ’n feesmaal vir jou styl-ikone. Wat sit jy voor?

Nee wat, ek gaan koop Indiese kos by die restaurant om die hoek. Ek kan nie kook nie.

Wat speel tans op jou iPod?

Bleachers, Chvrches, BØRNS en Spoegwolf.

Wat is jou gunsteling-plek om vakansie te hou?

Bakoven in Kaapstad.

Wat is jou kosbaarste besitting?

My hanslam Wolraad.

Wat is jou gunsteling-kledingstuk?

My Converse-tekkies.

Wat is die een huidige trend wat jy in 2016 glad nie meer wil sien nie?

Ombré hare.

Wat is die grootste stylflater wat jy al begaan het?

Ek is ’n wandelende stylflater, maar op die oomblik is die “lelikste” kledingstuk in my kas ’n pienk pajamaromp met ’n kat en ’n seemeeu op. As ek dit werk toe aantrek, sê een van my kollegas altyd, “Sorry, I can’t hear you above how loud your shirt is.

‘n Nuwe episode van Sieners wys elke Wonesdag om 16:00.

Sieners

  • Anton Viljoen

    Het na n program van Sieners gekyk …. dink dit was Bibi en Anel wat gepraat het oor tattoos . Sal graag my penny ook bydra … vrouens wat deur mense, fashion , crazy trends , gat juk of ander wil volg net om “”in “” te wees met n tattoo , se selfbeeld is seriously gescrew . Bibi jo tattos pas nie met jou strik of jou rok nie … trek eerder soos n “”verstrooide”” aan …daai klere is te deftig vir jo !!