Cornel

Cornel

VIA

Leer ken ‘Sieners’ se Cornel

KITSFEITE

  • Naam: Cornel
  • Van: Nel
  • Ouderdom: 29
  • Beroep: Haarstilis
  • Blyplek: Pretoria

Wat is jou stylmantra? 

Dit gaan nie altyd oor wat jy dra nie; dit is hóé jy dit dra!

Hoe bly jy op hoogte met die nuutste trends?

Kommunikasie tussen my en my kliënte in die salon. Dit is nooit vervelig om die nuwe behoeftes van die waaghalsiges te hoor nie.

Wie is jou styl-ikone en hoekom?

Die plaaslike modeontwerper Leigh Schubert. Haar ontwerpe is prakties, maar tog uniek en uitgeknip vir die individu.

Jy hou ’n feesmaal vir jou styl-ikone. Wat sit jy voor?

Beesstertpotjie en lekker soetpatats. En dan is roomys en sjokaladesous natuurlik altyd ’n wenner in my boeke.

Wat is jou gunsteling-vakansieplek?

Stilbaai.

Wat is jou kosbaarste besitting?

My haarsnyskêr!

Wat is die een trend wat jy in 2016 glad nie meer wil sien nie?

Baie harde ombré hare. ’n Sagter balayage, wat ’n meer natuurlike gevoel skep, is dalk beter.

Wat is die grootste stylflater wat jy al begaan het?

Die Spice Girl-platformskoene wat ek op laerskool gedra het.

‘n Nuwe episode van Sieners wys elke Woensdag om 16:30.

Sieners