Jodi

Jodi

VIA

Leer ken ‘Sieners’ se Jodi

KITSFEITE

  • Naam: Jodi
  • Van: Deerling
  • Ouderdom: 30
  • Beroep: Modeontwerper en entrepreneur
  • Blyplek: Johannesburg

Wat is jou stylmantra?

Leer jouself ken en raak gemaklik met wie jy is. Wanneer jy weet wie jy is en jy is gemaklik met jouself, sal jy straal en klere dra wat by jou pas.

Hoe bly jy op hoogte van die nuutste trends?

Ek soek altyd vir inspirasie, ongeag of ek nou op die internet is, op die pad is of selfs wanneer ek by gesellighede is.

Wie is jou styl-ikone en hoekom?

Dolce & Gabbana! Ek is mal oor hoe hulle lyk, hoe hulle hul lewe leef en hoe hulle ’n suksesvolle besigheid en handelsmerk gevestig het.

Jy hou ’n feesmaal vir jou styl-ikone. Wat sit jy voor?

Definitief ’n lekker romerige hoender-en-sampioenpasta.

Wat speel tans op jou iPod?

Adele se nuwe album!

Wat is jou gunsteling-plek om vakansie te hou?

Mauritius.

Wat is jou gunsteling-kledingstuk?

So ‘n pienk-en-blou kortbroek wat ek al jare het!

Wat is die een huidige trend wat jy in 2016 glad nie meer wil sien nie?

Check patrone.

Wat is die grootste stylflater wat jy al begaan het?

Om neonklere te dra! O nee, nooit weer nie!

‘n Nuwe episode van Sieners wys elke Woensdag om 16:30.

Sieners