Pulane Sekepe
VIA

Leer ken ‘Sieners’ se Pulane

KITSFEITE

  • Naam: Pulane
  • Van: Sekepe
  • Ouderdom: 24
  • Beroep: Vermaaklikheidsomroeper en aktrise
  • Blyplek: Johannesburg

Wat is jou stylmantra?

Wees net jouself. As dit ongemaklik is, moet dit nie dra nie.

Hoe bly jy op hoogte van die nuutste trends?

Deur die internet. Van my gunsteling go-to-webtuistes is Buzzfeed, Pinterest en Huffington Post.

Wie is jou styl-ikone en hoekom?

Definitief die Suid-Afrikaanse sangeres Lira. Sy dra altyd die mooiste Afrika-patrone, sy lyk altyd stylvol en sy is trots Suid-Afrikaans.

Jy hou ’n feesmaal vir jou styl-ikone. Wat sit jy voor?

Die meeste van my styl-ikone is so maer, daarom sal ek seker komkommerbroodjies vir hulle moet maak. Of ek sal vir hulle nagereg gee, want nagereg tel mos nie as kos nie.

Wat speel tans op jou iPod?

“Unbelievable” deur Connell Cruise.

Wat is jou gunsteling-plek om vakansie te hou?

Definitief Kaapstad!

Wat is jou kosbaarste besitting?

My stem, want ek gebruik hom vir alles.

Wat is jou gunsteling-kledingstuk?

’n Afrika-print high-waisted romp.

Wat is die een huidige trend wat jy in 2016 glad nie meer wil sien nie?

Banting. Dit is bietjie irriterend.

Wat is die grootste stylflater wat jy al begaan het?

Ek het een keer baie hoë stiletto’s na ’n geselligheid toe gedra. Ek het nie voor die tyd geoefen om daarin te loop nie. Dit was ’n ramp! Ek het heelaand met gebuigde knieë geloop en mense het aanhoudend gevra of ek te veel gedrink het.

‘n Nuwe episode van Sieners wys elke Woensdag om 16:30.

Sieners