Nicci

Nicci

VIA

Leer ken ‘Sieners’ se Nicci

KITSFEITE

  • Naam: Nicci
  • Van: Hattingh
  • Ouderdom: 34
  • Beroep: Kreatiewe direkteur en mediaspesialis
  • Blyplek: Johannesburg

Wat is jou stylmantra?

Daar is geen verskoning om nie goed te lyk nie. Styl hoef nie gekompliseerd te wees nie. Vind net jou eie unieke styl en wees die beste jy!

Hoe bly jy op hoogte van die nuutste trends?

Deur te reis kan mens die nuuste giere eerstehands sien. Ek kyk ook gereeld op die internet vir nuwe giere.

Wie is jou styl-ikone en hoekom?

Die mode-ontwerper Alexander McQueen. Hy het mode in ’n kunsvorm omskep en sy verbeelding oortref mode.

Jy hou ’n feesmaal vir jou styl-ikone. Wat sit jy voor?

’n Ligte komkommer-en-kruisementsop met versuikerde swart sesamsade, swartgemaakte kwartels met eetbare goud (oftewel gold leaf) en bosbessie-jus, saam met ’n goeie rooiwyn. Vir nagereg: dekadente sjokolade-fondant met amandelroom.

Wat speel tans op jou iPod?

Tom Odell, Alt-J, George Ezra, James Bay, The Weeknd en Dave Barnes.

Wat is jou gunsteling-plek om vakansie te hou?

Ek het nie ’n gunsteling-plek nie, maar hopelik is die volgende plek waar ek gaan vakansie hou my gunsteling!

Wat is jou kosbaarste besitting?

Ek leef só sodat ek nie vas aan besittings is nie, maar as ek moet kies sal dit tyd, my paspoort en my cowboy-stewels wees.

Wat is jou gunsteling-kledingstuk?

My noupassende, asimmetriese swart kunsleer-baadjie.

Wat is die een huidige trend wat jy in 2016 glad nie meer wil sien nie?

Hoëmiddel-kortbroeke met crop tops.

Wat is die grootste stylflater wat jy al begaan het?

My matriekafskeid! Ek het niks geweet van mode nie, toe werk ek moue met strikkies aan ’n moulose rok. Dit was ’n ramp!

‘n Nuwe episode van Sieners wys elke Woensdag om 16:30.

Sieners