herman inspirasiekos via
VIA

Maandag op VIA

Vandag om 16:00 skop Media24 se nuwe TV-kanaal VIA op DStv-kanaal 147 af. Dít is wat jy vanaand op die kassie kan verwag …

Maandag, 9 November op VIA

16:00 Padkos – ’n Kan-nie-flop gatsby via Leroux se Kaapse kostrok. Die Kaap se bekendste kostrok het ’n nuwe baas, maar nou moet Leroux Botha ’n menu kry. Hy roep sy koshelde in om te help, maar die publiek se proestemme bepaal of die gereg bly of ry.

16:30 Die eet oorlog – ’n Wil-my-nie-doodskaam strandlyf via ’n 30-dae-kosoorlog. Drie diëte. Drie dapper vroue. En ’n 30-dag-geveg teen vetrolle. Deelnemers wroeg en weeg dag na dag met die hulp van ’n span kenners om in hul nuwe baaikostuums te kan pas.

17:00 Stylstryd – Supermooi vertrekke via stiliste met sterre in hul oë. Twee mense wat droom om hul versiertalente in TUIS te sien vat mekaar aan. Met ’n dekorblogger aan hul sy, versier elkeen ’n leë dop volgens die gestelde uitdaging.

17:30 Inspirasiekos met SARIE - Pure plaaskos via Herman, die stadskok. Die talentvolle SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, is op soek na ons beste bestanddele. Hy ontmoet die passievolle persoonlikhede agter die bestanddele – en kook dan ’n feesmaal!

18:00 Brood en botter – ’n Blink besigheid via Bertus se vernuf. Ses spanne wil hul markprodukte beroemd maak. Ná ’n titaniese entrepreneurstryd word die wenspan deel van Spice Route in die Paarl se uitgelese kunskoshandelaars. Met supersjef Bertus Basson.

VIA_Facebook_post_Remote