via tv
VIA

Nuwe programme op VIA TV

Vanaf 9 Desember spog VIA met vyf nuwe programme. Met die afloop van Die eet oorlog wat daagliks uitgesaai is, verwelkom DStv-kanaal 147 ’n handvol nuwe programme in die 16:30-tydgleuf.

Op die spyskaart

Restaurant-roem via sjefs se puntenerigheid
. Twee passievolle kokke spook dit uit om te sien wie se spog-gereg goed genoeg is vir een van Gauteng se topspyskaarte.

Maandae om 16:30 vanaf 14 Desember

Gesels saam op sosiale media met #opdiespyskaart

Screen Shot 2015-12-11 at 7.35.40 AM

Hou op wegsteek

Leef in kleur via Aletté se idees
. Vroue wat eerder agter hul klere wil wegkruip as om dit met trots aan te trek, word deur stylkenner Aletté-Johanni Winkler onder hande geneem.

Dinsdae om 16:30 vanaf 15 Desember

Gesels saam op sosiale media met #houopwegsteek

Screen Shot 2015-12-11 at 7.35.47 AM

Sieners

Trends vir vandag via die superkoel span.’n Glanspaneel van kenners en persoonlikhede lewer kommentaar oor trends wat Suid-Afrika tans beïnvloed en waag ook ’n paar voorspellings van wat op ons wag.

Woensdae om 16:30 vanaf 8 Desember

Gesels saam op sosiale media met #sieners

Screen Shot 2015-12-11 at 7.35.54 AM

Lek jou lippe af

Fiasko-vry in die kombuis via Sjef Nina se ingryping. 
Ons vier manne is sag op die oog, maar treurig in die kombuis. Hulle meld aan in sjef Nina se kombuis om te leer kosmaak.

Donderdae om 16:30 vanaf10 Desember

Gesels saam op sosiale media met #lekjoulippeaf

Screen Shot 2015-12-11 at 7.36.01 AM

 

Kook, proe, liefde?

Moontlike romanse via ’n tongtippie-toets
 Drie enkellopendes moet hul persoonlikhede op ’n bord bedien aan ons deelnemer wat ook op soek is na ’n maat. Ons deelnemer kies sy gunsteling en na ’n ontmoeting besluit hulle of hul dan ’n restaurant-ete saam wil geniet.

Vrydae om 16:30 vanaf 11 Desember

Gesels saam op sosiale media met #kookproeliefde

Screen Shot 2015-12-11 at 7.36.06 AM