Brood en botter_Bertus Basson_1
VIA

Ontmoet ‘Brood en botter’ se Bertus Basson

Supersjef Bertus Basson is die aanbieder van die splinternuwe Afrikaanse reeks Brood en botter (VIA, DStv-kanaal 147, Maandae om 18:00). 

In Brood en botter ding 6 spanne mee wat hul markprodukte beroemd wil maak. Ná ’n titaniese entrepreneurstryd word die wenspan deel van Spice Route in die Paarl se uitgelese kunskoshandelaars.

Ontmoet Bertus Basson

KITSFEITE

  • Naam: Bertus Basson
  • Ouderdom: 36
  • Beroep: Sjef en restaurant-eienaar
  • Blyplek: Stellenbosch

Wat is jou mantra in die kombuis?

Maak vars, eenvoudige kos en koop net Suid-Afrikaanse bestanddele.

Wat is jou spesialiteits-gereg?

Ek het nie een nie, maar ek het wel ’n styl waarin ek spesialiseer en dis Suid-Afrikaanse cuisine.

Wat is die een resepteboek wat almal in hul kombuis moet hê?

As jy Suid-Afrikaans is, moet Kook en geniet in jou kombuis wees.

Wat is die beste kosmaak-advies wat jy in jou lewe gekry het?

Hou dit net eenvoudig.

Wat is die grootste fout wat mense is die kombuis maak?

Mense oorkompliseer gereeld kos en verloor fokus van die hoof-bestanddeel. My raad is mense moet geregte eenvoudig en gefokus hou.

Brood en botter_logo

Wat het jou laat besluit om aan Brood en botter deel te neem?

As ’n kos-entrepreneur wil ek graag ander help om beter te word in wat hulle doen. Daar is baie talent en besighede in Suid-Afrika wat beter kan doen en ek wil meer van hul werk sien.

Wat soek jy in ’n wenner op Brood en botter?

Dis eenvoudig: wonderlike produkte en die dryfkrag om sukses te behaal. Die prys is so fantasties en ons soek iemand wat hul tuisnywerheid in ’n besigheid kan verander en dit so groot as moontlik kan maak.

Ons soek nie die gewone nie. Daar is soveel wonderlike kos in hierdie wêreld so iemand moet nie vir ons ’n hamburger voorlê nie. Ons soek iets opwindends en nuut. En ons soek ook nie iemand wat vervelig is nie. Ons soek iemand met persoonlikheid wat heerlike kos kan maak.

Wat is jou nommer-een advies aan deelnemers?

Moet nooit iets vir die geld doen nie. Maak iets spesiaals en die geld sal uiteindelik kom.

Wat is die grootste flop wat jy al in die kombuis gemaak het?

Ag, ek het al talle goed gebrand. Maar so leer mens. Ek glo mens moet meer as en keer ’n fout maak.

Splinternuwe episodes van Brood en botter wys elke Maandag om 18:00.

VIA_FB_Brood-en-botter