FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

VIA

Via se Sieners deel reiswenke

Suid-Afrikaners is lief vir reis en ondanks moeilike ekonomiese tye hou mense steeds vakansie. Via se Sieners deel hul reiswenke en apps met ons.

Die eerste voorstel uit die glanspaneel is om lank voor die tyd jou vakansie of toer te begin beplan. Dit sal jou genoeg tyd gee om navorsing oor jou gekose bestemming te doen, te spaar en jou roete te beplan.

Bibi Slippers vertel dat toertendense oor die jare baie verander het. Mense gaan deesdae graag op welstand-toere soos joga- of meditasie-wegbreke waar daar gefokus word op spirituele stimulasie en fisieke verryking. Die hele gesin of familie gaan saam. Gesinne beplan dikwels saam en spaar vir ’n geruime tyd om saam hierdie vakansies te geniet.

FOTO: Negative Space / Unsplash

FOTO: Negative Space / Unsplash

Steven Bosch sê dié lande kan bekostigbaar vir Suid-Afrikaners wees:

1. Die Ooste

2. Suid-Amerika (dink aan lande soos Brasilië)

3. Afrika-lande

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

In dié 22 lande kan jy nog met SA rande vakansie hou!

Begrotingswenke vir jou vakansie oorsee
• Maak gebruik van maatskappye soos Airbnb en Uber.
• Bespreek verblyf waar ontbyt ingesluit is. En as jy kan, vermy dit om verder by hotelle te eet. Maak liewer gebruik van stalletjies en kafees.
• Jy hoef nie van ’n reisagent gebruik te maak nie. Probeer om self jou toer te reël.
• Reis deur die nag van een gebied/land/stad na die ander. Bustariewe is dan gewoonlik goedkoper as in die spitstye.
• Gebruik plaaslike resepte en produkte as jy kos maak.
• Eet meer tydens middagete, want aandetes is gewoonlik duurder.
• Maak gebruik van aansluitingsvlugte

Jou ander opsie:

As jy vir ’n langer periode wil toer en terselfdertyd geld wil verdien, oorweeg beroepe wat vir sekere tydperke mense van die wêreld oor in diens neem. Kyk na die verskeidenheid:

• Au pair vir ’n gesin oorsee
• Gaan werk op ’n passasierskip
• Word ’n Engels-onderwyser in die buiteland
• Gaan werk op ’n kibboets in Israel
• Word ’n kampfasiliteerder of -helper tydens die somervakansies in Amerika

Lees ook

Ons gunsteling Instagrams vir Aardedag!

’n Selfoonkontrak en apps vir jou langafstandverhouding!

5 wenke om kop te hou as geldsake knyp