FOTO: Unsplash (Anna Vander Stel)

FOTO: Unsplash (Anna Vander Stel)

VIA

Via se Sieners gee geskenk-idees

Die span van die VIA-program Sieners praat elke week oor vuurwarm trends. In dié week se episode gesels die glanspaneel van kenners en persoonlikhede oor geskenke vir elke geleentheid.

Hoewel die ekonomie druk en tye moeilik is, wys navorsing dat Suid-Afrikaners nie ophou koop nie. Inteendeel, ons is meer spandabelrig. Besluit dus mooi oor die geskenke wat jy gee en moenie sommer iets koop wat jou geldsake in die rooi gaan sit nie.

Geskenke vir die huis:

– Voordeurmatjie: Koop ’n skoon matjie en gebruik ’n stensil om dit persoonlik te maak met spuitverf.

– Wyn en wynglase om te onthaal as die paartjie eers ingetrek het.

FOTO: Unsplash (Serge Esteve)

FOTO: Unsplash (Serge Esteve)

– Gee ’n emmer vol skoonmaakmiddels, maar moenie die handeroom vergeet nie!

– Kruiepotjies wat reeds plante in het vir die vensterbank in die kombuis.

FOTO: Unsplash (Matt Montgomery)

FOTO: Unsplash (Matt Montgomery)

– Geskenkbewyse van dekorwinkels.

– Ietsie vir die gastebadkamer as daar een is. Eienaars is geneig om van dié badkamer te vergeet, hoewel alle gaste dit gaan gebruik.

– Olyfolie, balsamiese asyn of truffelgegeurde sout is altyd ’n wenner.

– ’n Resep met van die bestanddele daarby ingesluit.

– ’n Bottel Franse sjampanje.

FOTO: Unsplash (Anthony DELANOIX)

FOTO: Unsplash (Anthony DELANOIX)

Geskenke vir spesiale geleenthede:

– Daar is ’n terugkeer na die tradisionele huweliksherdenkingsgeskenke soos papier ná jy 1 jaar getroud is en iets met leer ná 3 jaar van getroude lewe. Dink aan kreatiewe maniere om hierdie reëls te volg wat nie jou beursie heeltemal plat gaan maak nie. Praat selfs met jou man of vrou voor die tyd oor wat hy of sy wil hê.

– Bederf jou man met ’n dag by die salon. Hy kan sy baard en hare laat sny en hy kan raad kry oor hoe om dit te versorg, iets wat nou ’n baie groot tendens is.

– Doelgemaakte geskenkpakke soos dié van The Little Box. Die onderneming doen al die dinkwerk vir jou. Die geskenke verras jóú ook in die proses en daar is ‘n boks vir elke geleentheid!

– Druk foto’s uit of skep ’n foto-album. Só breek jy weg van digitale foto’s en maak iets wat vir altyd sal hou.

– Kamerjasse en pantoffels is altyd spesiaal. Maak dit nog meer persoonlik deur ’n naam daarop te borduur.

Spree.co.za:

Om ’n mode-item aanlyn te koop is jou vinnige oplossing vir geskenk-idees. Chris Viljoen, Spree se modedirekteur, meen omdat modes konstant verander, sal jou geskenk werklik ’n bederf wees en dalk selfs iets wat die ontvanger nooit self sou koop nie.

David Tlale by Spree

David Tlale by Spree

David Tlale en Spree het saamgewerk aan David Tlale se eerste reeks vir dié aanlyn winkel. Dis nou makliker en meer bekostigbaar om aan jou vriende ontwerpersitems te gee.

Nicci Hattingh wys ook hoe maklik dit is om geskenke self te maak. Soek na ou materiale of selfs klere uit jou kas. Gebruik hierdie materiaal, bietjie stopsel en garing om ’n sagte speelding vir ’n kinderkamer te skep. Jy kan die speelding versier met knope en goedjies wat jy reeds het.

Lees meer: