photo-1457972657980-4c9fddebec8d
VIA

Via se Sieners gesels oor selfverryking

Die span van die VIA-program Sieners praat elke week oor vuurwarm trends. In dié week se episode gesels die glanspaneel van kenners en persoonlikhede oor selfverryking deur stokperdjies en hoe om balans in jou lewe te hê.

Hier is stokperdjie-trends wat vir ons uitgestaan het.

Verryk jouself deur die artikels wat jy lees en die mense wat jou inspireer. Kies entrepreneurs en sterk vroue om by te leer.

16 lesse van suksesvolle vroue

Kwiltwerk is die stokperdjie wat die vinnigste in die wêreld groei.

FOTO: Instagram (@sameliasmum)

FOTO: Instagram (@sameliasmum)

Lasersnykuns raak al hoe meer algemeen. Die cutting is een van die nuutste stokperdjies wat hieruit vloei. Dit behels dat jy vorms uit papier sny en dan iets nuuts daarmee bou.

FOTO: Instagram (@12bpanda)

FOTO: Instagram (@12bpanda)

Finally an excuse to use my rotary! On its way to you soon. #michaelandaddo #rotary#lasercutting #lasercut #lasercutter #rollingpin

A video posted by Michael + Addo prototyping (@michaelandaddo) on

Doen dit self: Kyk met vars oë na jou ou meubels en begin self aan hulle verander. Moet niks weggooi nie – dit kan ’n lekker projek wees.

Kyk hier na Jani Goussard van Paint & Decor DIY se projekte

FOTO: Instagram (@airam_s_beauty_lab)

FOTO: Instagram (@airam_s_beauty_lab)

Papier-maché is gebaseer op die beginsels van pottebakkery en kan op enige ouderdom geniet word.

FOTO: Instagram (@saraewalt)

FOTO: Instagram (@saraewalt)

FOTO: Instagram (@azouldesigns)

FOTO: Instagram (@azouldesigns)

Raak betrokke by liefdadigheidsorganisasies.

FOTO: Instagram (@greenpopsa)

FOTO: Instagram (@greenpopsa)

Hoe kry jy balans tussen jou werk & jou vrye tyd?

• Identifiseer ’n mentor

• Maak tyd vir oefening

• Bring kreatiwiteit in by jou werkplek

• Lees inspirerende boeke of selfhelpboeke om vir jou praktiese raad in jou werkplek te gee

Hoe hou jy balans as werkende ma? Hier is 4 wenke

1. Maak seker jou werk spoel nie oor na jou huis nie en ook dat jou huislewe nie oorgedra word na jou werkplek toe nie. Bestuur jou werksure so doeltreffend moontlik deur geen werk huis toe te bring nie.

2. Hou op skuldig voel. Die langtermynvoordele wat jy as werkende ma vir jou kinders bied, is uit en uit die moeite werd.

3. Vra hulp en verdeel take. Jou man moet help en oumas en oupas kan ook hand bysit as dit nodig is. Belê in goeie dagsorg en doen jou navorsing oor die hulp wat verleen kan word vir werkende ma’s.

4. Kom by mense uit. Maak tyd om by vriende en familie te kuier en deur ander se energie geïnspireer te word.

 – Marianne Erasmus, uitgewer van Media24 se vrouetydskrifte

Het jy geweet?

Die selfhelpbedryf hou steeds aan om te groei en fokus baie op die middeljarige vrou. Mense is nie meer so skaam om hulp te vra of raad te volg nie. Vroue lees baie oor fiksheid en gesondheid, terwyl mans fokus op besigheidsraad en mentorskappe.