FOTO Unsplash/Benjamin Child
VIA

Via se Sieners oor die bangmaakwoord: tegnologie

’n Paar jaar terug sou sekere mense opgestaan het of selfs koue, angstige rillings gekry het as iemand begin praat het oor tegnologie. Maar nou praat oud en jonk al saam.

Soos Steven Bosch, visuele kunstenaar en kommunikasie-spesialis, in die week se Sieners-episode sê: “Tegnologie het ons lewens verander. Selfs dié onder ons wat ouer is, is nie noodwendig meer so bang vir tegnologie soos ons voorheen was nie. Ons besef dat tegnologie werklik hier is om ’n verskil in ons lewens te maak.”

Via se Sieners gesels karre & kar-apps!

As jy nog angstig voel oor tegnologie of as jy aan die ander kant baie opgewonde is oor wat voorlê, lees verder.

Die Sieners breek dié onderwerp in kleiner deeltjies op.

Maak jouself reg vir:

• Jy gaan al hoe meer video’s op sosiale media begin sien.

• Meer en meer deel-inkomste-ondernemings. Hierdie is platforms waar jy bates soos huise, toestelle, karre, toerusting en meer kan verhuur of verkoop teen goedkoper pryse as die pryse wat byvoorbeeld groot hotelgroepe vir ’n aand se verblyf sal vra. Dink aan AirBnB, Gumtree, Uber en Taskrabbit.

• ’n Gedigitaliseerde manier van handel dryf en jou geld bestuur. Dink aan hoe jy aanlyn kan koop, jou bank kan besoek, deur Snapscan kan betaal of met Bitcoin aanlyn bates kan besit en betaal.

5 wenke om kop te hou as geldsake knyp

• Die daaglikse en algemene gebruik van hommeltuie. Dink aan die foto’s wat ’n hommeltuig kan neem tydens ’n gesinsvakansie!

tegnologie

FOTO Unsplash (Mitch Nielsen)

• Die internet gaan jou beter en beter leer ken. En jou verbruikerservaring van byvoorbeeld Facebook gaan vir jou persoonlik geskep word. Die advertensies wat jy sien, gaan nie noodwendig by iemand anders wys nie, omdat dié produk iets is waarin jy al belanggestel het of by jou belangstellings pas, ensovoorts

• Jy sal oplet dat daar baie verwys word na “the internet of things”. Dit verwys na alles om jou wat slimmer en slimmer gaan word: jy gaan nie meer jou televisie hoef aan te skakel vir die rugby nie, want jou televisie gaan self aangaan as jou span speel. En jou kookwater gaan so warm wees soos jy daarvan hou!

FOTO: Alexander Filonchik / Unsplash

FOTO Alexander Filonchik / Unsplash

Wees veilig aanlyn!

1. Verander jou wagwoord gereeld.

2. Moenie dieselfde wagwoord oor en oor gebruik vir verskillende portale nie.

3. Moenie reageer op advertensies en e-posse wat jou geld belowe nie.

4. Moet nooit jou wagwoorde of rekeningbesonderhede met vreemdelinge deel of êrens heen stuur per e-pos of SMS nie.

5. Ja, daardie reël wat jou ma jou geleer het, geld steeds: Moenie met vreemdelinge [op sosiale media] praat nie.

Het jy geweet?

Volgens die Global Communication Survey is 70% van mense wêreldwyd in besit van mobiele tegnologie soos ’n selfoon.

Lees ook

Via se Sieners gesels oor selfverryking

Jy’t nie geweet jou WhatsApp kan dít doen nie!