FOTO: Unsplash (Christopher Campbell)

FOTO: Unsplash (Christopher Campbell)

VIA

Leef gesond met Via se Sieners

Die span van die VIA-program Sieners praat elke week oor vuurwarm trends. In dié week se episode gesels die glanspaneel van kenners en persoonlikhede oor gesondheid en hoe om na jouself te kyk. Hulle beweeg van onderwerpe soos plante, na fisiese gesondheid en meer!

Volgens Jane Mackenzie, ’n blogger en apteker, is daar duidelike gesondheidstendense vir 2016. Hier is ’n paar:

1. Eet organiese kos

2. Drink baie water

3. Eet groente en vrugte in hul regte seisoene

4. Filtreer jou water

5. Trek jou skoene uit ná werk en gaan loop op vars gras

6. Vroetel met jou vingers in die grond

7. Kry son op jou vel

8. Baljaar in die see as jy die kans kry

9. Seewater is goed vir jou en die tuin, so as jy kan, bring seewater huis toe en gebruik dit in die tuin

10. Maak kompos van jou huis- en tuinafval

Plante in die huis:

Bibi Slippers meen dat mense in die 70’s in “hoe groter, hoe beter” geglo het as hulle plante in die huis in gebring het. Hierdie trend is terug, asook plante wat in die huis hang.

Steven Bosch beklemtoon dat jy plante moet kies wat nie gereeld baie water benodig nie, byvoorbeeld die skoonma-se-tong, vredeslelie, duiwelsklou en die klimop.

Het jy geweet?

Volgens Pulane Sekepe stel orgideë en vetplante saans suurstof vry. Hou dié plante in jou kamer sodat jy verseker is van ’n salige nagrus met volop en skoon suurstof.

FOTO: Unsplash (Matt Montgomery)

FOTO: Unsplash (Matt Montgomery)

Bibi Slippers vertel dat pasiënte wat plante in hul hospitaalkamer het, vinniger gesond word as mense daarsonder. Plante help om die pasiënte se bloeddruk laag te hou, minder pyn, angs en spanning te ervaar, asook beter te slaap. Dis bewys deur die Universiteit van Kansas.

Die Universiteit van Michigan het bewys dat plante jou help om te konsentreer. Hou dus ’n plant naby die ruimtes waar jy werk soos jou studeerkamer, of selfs op kantoor.

Watter plante stel die span voor?

1. Hen-en-kuikens: Dié plant is altyd in die tuin gebruik, maar Steven Bosch stel voor dat jy dit in die huis in bring vir dekor.

2. Kliproos: Dis belangrik om na jou grond te kyk as jy dié plant wil kweek. Dit vaar die beste in geharde grond.

3. Superbena: Hierdie blomplant, ’n verbena-variëteit, kan warm temperature weerstaan. Dis nou beskikbaar in rooi.

Ander gesondheidstendense sluit natuurlik joga in.

FOTO: Getty Images / Gallo Images

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Daar is vandag meer as 20 miljoen mense wêreldwyd wat gereeld joga doen en die bedryf is ‘n hele $27 miljard werd.

Die voordele van joga is:

  • Soepelheid
  • Definieer jou spiere
  • Maak jou spiere sterk, veral jou maagspiere en dié in jou heupe, boude en lae rug.
  • Verbeterde postuur
  • Beter koördinasie en balans
  • Dit help met die stabilisering van jou ruggraat en jy beheer jou spiere ook beter
  • Vergroot jou longkapasiteit deur klem te lê op jou asemhaling

2015 se beste joga-apps?

1. Yoga Studio

2. Pocket Yoga

3. Daily Yoga

Lees ook: