Dirk en Alti van Vrydag 4 uur

Dirk en Alti van Vrydag 4 uur

VIA

Vrydag op VIA

Dié programme is vanaand op die kassie, op VIA, DStv-kanaal 147

Vrydag, 13 November op VIA

16:00 Vrydag 4 uur - Padvatplesiere via Dirk en Alti se maltrap-avonture. Dié geesdriftige paartjie is elke naweek op soek na ’n nuwe avontuur, natuurskoon, ’n partytjie, goeie musiek, interessante mense en alles wat lekker is.

16:30 Die eet oorlog – ’n Wil-my-nie-doodskaam-strandlyf via ’n 30-dae-kosoorlog. Drie diëte. Drie dapper vroue. En ’n 30-dag-geveg teen vetrolle. Deelnemers wroeg en weeg dag na dag met die hulp van ’n span kenners om in hul nuwe baaikostuums te kan pas.

17:00 Ruil my styl – Aanlyn modes wat werk via ’n klik van Natalie se muis. Blogger en stylkenner Natalie Roos gebruik aanlyn inkopies om een gelukkige persoon se klerekas nuwe lewe te gee.

17:30 My droom-trourok – Die mooiste bruid via Diaan se ontwerper-oog. Amper-bruide ontmoet die bekende Diaan Daniels om trourokke deur top-ontwerpers aan te pas. Of sy wegstap met haar gunsteling, sal afhang van almal se menings in die ateljee.

18:00 Kom ons braai – Vleiserige vriendskappe via hete kole. Ons gunsteling-tydverdryf is nou ’n sosiale eksperiment. Drie paartjies wat mekaar nie ken nie, braai by mekaar en heelwat gebeur om die vuur. En ons praat nie net van die lekker kos nie!

Kom ons braai_logo