via tv
VIA

Woensdag op VIA

Media24 se splinternuwe TV-kanaal VIA op DStv-kanaal 147 is dié kanaal om te kyk. Hier is die spinternuwe programme wat vandag wys.

Woensdag, 11 November op VIA

16:00 – Jy het ’n Wenresep! - Eerste plek in die kombuis via Carmen die kosghoeroe. Drie hoopvolle kokke spook dit uit sodat die ikoniese HUISGENOOT-kosredakteur Carmen Niehaus vir een van die geregte die gesogte Wenresep-status kan gee.

Herhaal – 19:00, 22:00, 01:00, 04:00, 07:00, 10:00, 13:00

16:30 Die eet oorlog – ’n Wil-my-nie-doodskaam-strandlyf via ’n 30-dae-kosoorlog. Drie diëte. Drie dapper vroue. En ’n 30-dag-geveg teen vetrolle. Deelnemers wroeg en weeg dag na dag met die hulp van ’n span kenners om in hul nuwe baaikostuums te kan pas.

Herhaal – 19:30, 22:30, 01:30, 04:30, 07:30, 10:30, 13:30

17:00 Maak my nuut – ’n Nuwe jy via jou ou vriendinne. ’n Groep neem hul lewensmoeë maat onder hande. Dit gaan nie net oor optof en mooi lyk nie – saam bekyk hulle ook haar vergete drome en verroeste talente. Is hul planne genoeg om haar oë weer te laat blink?

Herhaal – 20:00, 23:00, 02:00, 05:00, 08:00, 11:00, 14:00

17:30 Hartskos – Elmarie se sielkunde via lewer-en-netvet. ’n Maaltyd kan ’n duisend dinge sê: Ek is jammer, ek mis jou of selfs trou met my. Sielkundige en kok Elmarie Claassens help ’n kombuis-leek om ’n ete vir ’n besonderse geleentheid te maak.

Herhaal – 20:30, 23:30, 02:30, 05:30, 08:30, 11:30, 14:30

18:00 Die Kliek – Manvang-manewales via die romantiese hofnar Schalk. Jou pasmaat is dalk net ’n klik weg. Die vroue is in beheer en die mans moet beïndruk. Komediant Schalk Bezuidenhout skerts terwyl hulle besluit of een van die ouens die klik werd is!

Herhaal – 21:00, 00:00, 03:00, 06:00, 09:00, 12:00, 15:00

via tv