sr1207coverinside164rz
Wat mense sê

Janie wil mense ráák met nuwe geselsprogram

Oor haar geselsprogram …
“Ek het altyd gewonder hoekom die vuur vroeg in my persoonlike lewe so hoog gebrand het. En toe so vinnig weer uitgebrand het. Hoekom kanker oor my pad gekom het. Ek verstaan nou. Dis hoe die lewe jou voorberei vir die werk wat jy móét doen. My belangrikste werk lê nog voor. En ek kan nie wag nie.”
 – Janie du Plessis


JY KAN SAAMGESELS
Wanneer? Van 17 Julie om 21:00 op kykNET.
Wat sê jy? Jy kan direk ná elke program op sarie.com, Facebook en Twitter saampraat oor die onderwerp wat Janie bespreek het.
Het jy ‘n storie? Deel jou verhaal op die gespreksforum “Wat mense sê” op sarie.com