step_1
Wat mense sê

SARIE-blogger: ‘n Maklike gids om jou blogs te skuif

Stap 1

1. Gaan na www.wordpress.com
2. Klik op “Get started here”

Stap 2

1. Kies jou blog-adres
2. As die adres wat jy gekies het NIE geskikbaar is nie, sal jy gevra word om ‘n nuwe adres te kies.
3. Herhaal stap 2 tot jy ‘n adres gekry het wat nog beskikbaar is.
4. Vul ‘n wagwoord in (gebruik hoof- en kleinletters, karakters, getalle én simbole). Jy sal ‘n aanduiding kry of die wagwoord wat jy gekies het, sterk of swak is.
5. Sodra jy al die registrasie-stappe gevolg het, sal die “Create Blog”-knoppie geaktiveer word. Klik “Create Blog”.

Stap 3

1. Jy sal ‘n bevestigings-e-posboodskap ontvang.
2. Vul jou naam, van en blog-beskrywing in. Jy kan dit later verander.
3. Jy kan ‘n ander e-posadres gebruik.
4. Kyk in jou inboks vir die bevestigings-e-pos van WordPress en klik “Activate Blog” in dié e-pos.

Stap 4

1. Jy sal na ‘n blad herlei word waar jy ‘n tema vir jou blog kan kies. Jy kan dié stap ook op dié stadium uitlaat deur op die “No thanks…” skakel te klik. Jy kan ook in ‘n latere stap ‘n tema kies.

Stap 5

Jy sal nou na ‘n nuwe blog ‘dashboard’ geneem word.
1. Klik op jou blog se titel om jou blog te sien.
2. Sodra jy op jou blog is, kan jy jou muis oor die titel hou en op ‘dashboard’ klik om terug te gaan.

Verander jou blogtema!

Stap 6

1.Wanneer jy op die ‘dashboard’ is, hou die muis oor “Appearance” in die linkerkantste kolom en klik op  “Themes”. Dié blad wys jou ‘n lys tema’s waaruit jy kan kies vir jou blog. Gebruik die “Live Preview”  funksionaliteit om die tema te bekyk vóór jy dit aktiveer. Jy kan jou tema ook so gereeld as wat jy wil verander en die verandering sal dadelik wys.
2. Onthou net dat die tema’s met die groen “Premium”-vlaggie gekoop moet word en dus nie gratis is nie.
3. Sodra jy tevrede is met jou tema, klik jy op “Activate”.

Stap 7

Kyk na jou nuwe blogtema.

Skuif jou huidige Letterdash-blog na jou nuwe blog.

Stap 8

1. Hou die muis oor “Posts” en klik op “Add New”.

Stap 9

Maak jou bestaande Letterdash blog-inskrywing oop en ‘copy’ die inligting.

Stap 10

1. Vul die inskrywing se titel in.
2. Plak die inligting van jou Letterdash blog-inskrywing in die inhoudsdeel in WordPress.
3. Stel die ‘publish date’ vir jou inskrywing.
4. Afhangende van die tema wat jy in stap 6 gekies het, sal jy verskillende bladsy-formate hê om van te kies. Jy kan dit op enige stadium verander.
5. Publiseer jou inskrywing.

Herhaal stap 9 en 10 vir al die inskrywings wat jy uit Letterdash na jou nuwe WordPress-blog wil oorskuif.

Stap 11

Bekyk jou nuwe blog gereeld terwyl jy jou ou blog-inskrywings oorskuif om seker te maak dat als werk soos jy dit graag wil hê.

Stap 12

Jy kan jou wagwoord en persoonlike details onder Users -> My Profile verander.

Jy kan enige tyd jou blogtema onder “Appearance -> Themes” verander sonder dat jy jou blog-inskrywings sal verloor.

Vir meer inligting oor die bestuur van jou WordPress-blog, gaan na die amptelike webtuiste by:  WordPress Support Center

Jy kan ook jou WordPress-blog via jou e-leser of slimfoon bestuur.

Klik om die beskikbare applikasies te sien!