sr1101countdown_4_tif
Wat mense sê

SARIE nóú digitaal beskikbaar – skryf nou in!

WAT HET JY NODIG?

* toegang tot die internet
* e-posadres
* rekenaar en/of e-leser

DAAR IS 2 MANIERE OM IN TE TEKEN/TE KOOP
(Jy kan ‘n enkele uitgawe of ‘n jaar se intekening koop.)

A) Direk op Zinio
1. Gaan na www.zinio.com. Registreer indien jy nog nie voorheen ander digitale tydskrifte daar gekoop het nie.
2. Gaan hierheen om jou SARIE af te laai.

VRAE WAT PLA

Hoekom is dit nie báie goedkoper as die gedrukte tydskrif nie? Hoewel daar nie ink en papier betrokke is nie, is daar wel aansienlike digitale koste.

Hoe verskil e-SARIE en sarie.com? e-SARIE weerspieël die presiese uitleg, kopie en foto’s van jou gedrukte weer-gawe, maar alle web- en e-posadresse is “lewende” skakels. sarie.com is ’n webtuiste waar jy die nuus kan lees soos dit gebeur. Hier kan jy ook met ander SARIE-gebruikers gesels.

HOEKOM IS ONS OPGEWONDE HIEROOR?

* Die iPad, e-lesers (e-readers) en soortgelyke tablette is besig om die wêreld te oorrompel. Jy sal nie glo hoe top-tydskrifte behoorlik “lewe” kry op dié toestelle nie.

* Die dae van duur oorsese intekengeld is verby. Oorsese lesers betaal dieselfde vir hul digitale SARIE as plaaslike lesers.

 * Jy kan inzoem as die skrif vir jou te klein is.

 * Jy hoef nie van winkel tot winkel te loop om jou tydskrif te kry nie, en dis nooit uitverkoop nie.

* Alle web- en e-posadresse in die teks is “lewende” skakels waarop jy kan klik, wat sorg vir ’n interaktiewe ervaring.
 
 * Sodra jou e-tydskrif eers in jou Zinio-biblioteek is, kan jy dit op meer as een toestel laai.  

* Jy kan jou gunsteling-SARIE-tydskrif enige tyd, enige plek op jou skootrekenaar, rekenaar of op jou e-leser oopmaak en lees.

  • Nickey

    Dis absoluut fantasties, wonderlik, amazing! :-)

  • Jeanelle de Villiers

    Dankie, dankie, dankie!!! Ons het 4 maande gelede Sydney toe getrek vir ons twee-jaar-Ausie-avontuur en geniet dit absolute gate uit. Maar ek het nooit besef hoeveel ek my maandlikse SARIE sou mis nie. Julle maak my dag!! Sal ons dalk die SARIE KOS ook elektronies kan aflaai?

  • http://uyofacuzqhad.com/ lqhwrzgd

    Bzq896 cxlpyqsmwgga, [url=http://etuuiymujvtd.com/]etuuiymujvtd[/url], [link=http://nalligluzrqd.com/]nalligluzrqd[/link], http://jzdqilgpkvpa.com/

  • Candice

    Would be cool if it was available on iPhone as well. But very nice nonetheless, especially for those of us living abroad :-)

  • Anet Rheeder

    Wanneer gaan ons Sarie op iPhone kan lees? Seblief ek het nie ander Ereader nie. Sit in Dar Es Salaam, hi ook nie regte papier saries nie.

  • Enelle du Preez

    Wat ‘n wonderlike konsep vir oorsese lesers. Ek is baie opgewonde dat ek my Sarie hier in Ierland kan lees. Dankie!

  • Gina

    So opgewonde, kan uiteindelik my gunsteling tydskrif in China lees! Dankie, julle is wonderlik!

  • klwjwz

    pVauLf wmvnzyivovbp, [url=http://iykuzozimdjv.com/]iykuzozimdjv[/url], [link=http://whgswhupyxio.com/]whgswhupyxio[/link], http://jnfdiusaqxft.com/

  • Maresa

    Fantasties! baie opgewonde om Sarie nou in Maleisie te kan lees.

  • Veona

    Dit is dan so lekker om n presentjie of monsters saam met die tydskrif te kry.

  • Elle

    Wonderlike nuus!!!!! Kan nie wag om my Sarie in Sri Lanka te lees nie!!! Baie Dankie!!

  • numeffige

    walgreens pharmacy store locator http://sundrugstore.net/products/hydrochlorothiazide.htm pharmacy journal rss feed

  • Alet

    Verstaan net nie hoekom Kalahari wys "out of stock" nie?

  • Elsie Benadie

    Kan ek my gewone Sarie verander na e-Sarie?

  • Gerda

    Jy moet ‘n kredietkaart he om dit so te koop – wat is die punt? Ek het nie ‘n kredietkaart nie????

  • Lindie

    Lekker , lekker !! Die Ozzie-tydskrifte doen dit gladnie vir my nie.

  • Adel

    Ek het ‘n amazone kindle hoe kry ek my Sarie deur hulle?Help asb.

  • Maresa Lyons

    Hoef nie meer te wag vir ‘n pakkie van Mams met my lekker Sarie bederf…..kan nie wag om die Februarie uitgawe hier in die gerief van my Whyalla, Suid-Australie tuiste te geniet nie! Bravo Media24!