Stories

Anoniem: Aanranding

Ek was in die Hoërskool (koshuis) en soos ons almal weet dat wanneer mens verlief laat dit baie keer gedrag toe wat nie aanvaarbaar is nie. Weekliks kon ons kêrels kom kuier. Die een dag toe dit groet tyd is, toe speel ons en die speletjie het bietjie rof geraak en X slaan my perongeluk met die stok waarmee hy in die grond gekrap het. Die volgende keer toe ons afskeid neem toe speel ons “last touch” en ek kry ‘n knyp in my sy. So het dinge aangegaan en meeste van die tyd het ek blou merke oorgehou. Ek wou dit baie keer stop sit, maar omdat ek ‘n alleenloper was, was dit moeilik om af te sien van die aandag wat ek ontvang het. Na skool het dinge rustiger geraak tot een middag wat ek nie wou voldoen aan sy versoek nie en X het my teen die muur vas gedruk en ‘n hou in my sy het gevolg. Ek was baie geskok en het my woede op die sportterrein gaan uitwoed. My kollega het net voor my kom staan en vir my gesê: “Jy is al een wat dit kan stop, maar weet dat ek hier is vir jou. Day and Night.” Sonder dat ek vir hom gesê het wat gebeur het, het hy geweet. Ek en X het dinge uit gepraat en daar is beloftes gemaak. Tyd het verloop en dit het goed gegaan totdat die geskiedenis homself een Saterdagmiddag herhaal. My kop is teen die deerkosyn gestamp en ek weet my kop het ook die kombuis kas getref. Die keer het ek met ‘n stukkende tand en ‘n oop oog gesit. ‘n Dr vriend het my gewys waar ek kan op eindig – lykshuis – en dit was die keerpunt. Daar het ek besef dat my lewe in my hande is en dat net ek die keuse kan maak of die aanrandings gestop gaan word of nie. Die impak wat dit op my lewe gehad het was so onnodig, maar na ‘n langpad het ek wel genees. Ek deel graag die en hoop dat dit vandag se tieners kan help om vroegtydig die gevaarpunte van ‘n ongesonde verhouding raak te kan sien.

  • Janie du Plessis

    Dis verstommend hoe elke verhaal van misbruik met klein aksies begin en dan stadig begin die ongewone daad, gewoon word. En voor jy jou kom kry, kyk jy na ‘n ruk terug en sien dat jou lewe verander het.