Stories

Anoniem: Terugvoer oor haar eerste program

Sarie moet bietjie rondkyk vir ander presenters oor – Janie het wel ‘n ‘storie’ soos baie ander – maar wat plaas haar bokant of beter ander professionele persone? Sy kom OUD en baie morbied oor. Die idee om ‘n Gesels Program te doen is baie goed – as een van duisende lesers, is ons LUS vir nuwe gesigte. Sarie mag verbaas wees oor die reaksie van mense oor hierdie voorste. Nogmaals baie dankie vir ‘n goeie Afrikaanse idee en sukses met verdere opnames.

  • Henry Jones

    Ons almal word ouer, Janie lyk pragtig. Dit was nie n AHA (Opera Moment) opgewekte onderwerp wat sy aangepak het Dinsdag aand nie, so, morbied was dalk van pas! Sterkte met die reeks, en DANKIE Sarie omdat jy, jy is!!!

  • ESTELLE

    HENRY EK STEM SAAM JANIE IS ABSOLUUT PRAGTIG, EN SY IS DEUR DIEP DONKER WATERS EN DEUR DIT ALLES DRA SY HAARSELF BAIE BAIE GOED

  • Mari

    Hoe kan mens anders wees as stemmig wanneer jy ‘n hartseer verhaal (let wel dis nie ‘n "storie" nie) moet oordra? Ek dink nie sy kan na al die jare en dit wat sy deurgegaan het dieselfde aanbieding doen as toe sy tiener was nie? Dit sou onvanpas wees. Geluk Janie en sterkte met jou program. Het slegs bewondering vir die feit dat jy weer kon opstaan en aangaan!