Stories

Betsie: Groot is God se genade

My dogter was paar jaar gelede in ‘n motorongeluk, waarin omtrent al haar organe beseer is. Sy was 5 mnde swanger met haar seuntjie. Haar hart het 3 keer gaan staan en sy was lank in Intensief op asemhalingsmasjien. Dit was met baie gebed en net deur die genade van God, dat hulle albei lewe. Haar seun is deur keisersnee op 36 weke gebore heeltemal normaal. Sy het bo alle waarskuwings en verwagtinge weer swanger geraak. Weer het Jesus ingetree en haar 2de seun is op 34 weke gebore. Sy het ook weer begin sing wat die dr’s gese het onmoontlik sal wees met die beserings van haar longe. Wat by onss wat mense is onmoontlik is, by God is alles moontlik. Hiermee wil ek vir jou se: Moenie opgee nie, God bly getrou. Neem Sy hand en hou vas aan Hom.

  • Janie du Plessis

    Dis ‘n wonderlike storie Betsie. Verhale van ons weerloosheid en hoe ons omvou word maak ‘n mens nederig. Dankie dat jy dit met ons deel. Lekker aand. x Janie