Stories

Elbe': selfmoord

My broer het onverwags amper 6j terug selfmoord gepleeg. Geen woorde kan beskryf hoe mens op daai stadium voel, al die emosies, selfverwyt al die se nou maars of asse. My ma is daarna met Biopolere depressie gediagnoseer, so my stryd gaan voort elke dag oor die onsekerheid agv daarvan. My ouers sal nooit weer dieselfde wees nie want daai leemte kan niks en niemand vul nie. Die eerstes was die ergste maar die verlange sal nooit verdwyn nie en ek wens so dat hy vandag hier was om te sien hoe pragtig sy seun is en dat hy oom geraak het ook, soms net dinge deel wat net ons met mekaar sou deel en dan hoekom as hy altyd met my gepraat het hoekom nie die keer nie. Ek bid dat ons almal eendag sal kan vrede maak met als wat gebeur het maar dink nie enige hulp of berading sal daai leemte ooit vul nie. My hart breek elke keer as ek van nog so geval hoor en ek huil in my binneste vir daai mense en die pad wat vir hul voorle. Sterkte vir almal en hul naastes wat met daai depressie monster worstel. Mag God jul dra

  • Janie du Plessis

    Sjoe Elbe, jou verhaal is een wat baie mense mee identifiseer en so mee sukkel. Dit moet so swaar wees? Baie dankie dat jy dit met ons kom deel het. Baie liefde.