Stories

Elzabe Nel: My Engel

Ons almal droom van ‘n droom man, droom huwelik, droom kinders ens. My storie begin toe ek 23 was en trou. Met sterre in my oë het ek die dag aan my Pa se arm die paadjie afgestap – daardie aand het ek my eerst pak slae gekry – want ek was te vriendelik op die onthaal. Vir 2 jaar was dit die roetine – ek werk hy kuier in die plaaslike hotel se kroeg, ek is nie goed genoeg om kos te maak nie, ek is lelik aaklig dom onnosel en so is ek naweek na naweek toesluit in die kamer sonder kos en water en ‘n asblik as toilet. Na 2 jaar hiervan het ek besef dit gaan op eindig met of ek of hy dood en die ander in die tronk. Ek het my tassie gpak en die 10km na my ouers op die plaas gestap, my pa in die lemoenboord gekry en gesê “Pappa ek kan nie meer nie!” Hy het my prokureur toegeneem en die skeisaak is aanhangig gemaak. Die dag met die hofsaak was hy in die tronk vir dronk bestuur. Toe ek voor die regter staan besef ek dit is hoe dit sal voel die dag van die wederkoms. Jy staan daar gestroop van alles met jou lewe oopgevlek vir almal om te hoor en sien – alles wat jy vir almal weggesteek het. En toe kom die besef hoe groot God werklik is. Ek het alles gehad maar Hom nie in my lewe nie. ‘n Wonderlike ouerhuis, opvoeding, goeie werk – toe neem Hy alles by my weg en los my om weer terug te kom huistoe. Gebroke met geen selfvertroue – ek kon nie eens ‘n tydskrif in ‘n winkel gaan koop sonder om te bgin huil nie – want ek is niks hoe kan ek. Toe verander my lewe en die droom word waar. Ek ontmoet die man wat alles in my lewe word. My droom man en my droom huwelik! Wat ‘n wonderlike seën ontvang ek nie. Hy bou my weer op elke dag met baie liefde en hope geduld. Hy glo in my, vertel my ek is die moeite werd, ek is nie onnosel nie. Na 17 wonderlike onvergeetlike jare besluit die Here hy moet huistoe gaan. Na ‘n veldbrand waarin die wind draai en hy en nog ‘n brandweerman vasgekeer word, gee hy sy grootste offer. Hy dra sy kollega deur die vlamme na veiligheid. Ongelukkig sterf sy vriend ‘n week na die ongeluk en my man leef nog vir 23 dae voor hy sterf. Hierdie keer is ek sterker en kan ek sien hoe goed die Here vir my is. Hoe Hy die besluit neem en my lewe in Sy beheer is. Nou 9 jaar later kan ek net Hom loof en prys vir die wonderlike voorreg wat ek gehad het vir 17 jaar, maar vir wat Hy in my lewe geleer het. My man se dood was ‘n groot verlies maar ook so ‘n groot seen. Nou weet ek hoe sterk ek werklik is en hoe ongelooflik baie ek by hom geleer het, en ek kan sien hoekom hy in my lewe was. My lewe is vol en ek kan elke oggend opstaan en sê “dankie vir alles en genade onbeskryflik groot”. My les : moet nooit moed verloor nie hou vas aan alles wat goed en mooi in jou lewe is – daar is lewe na seer. Die minus in jou lewe kort net een strepie om dit ‘n plus te maak en jou heel te maak.

  • Yvonne

    Elsabe – ek het die voorreg om jou persoonlik te ken en hierdie skrywe is ‘n inspirasie vir my en my dogters wat ‘n geliefde skoonseun en man aan die dood moes afstaan. Die seer is nou groot maar ek weet dat ons eendag die doel agter die hartseer sal sien en verstaan.

    Yvonne

  • Janie du Plessis

    Elzabe, Wat ‘n verhaal van hoop! Daar is so baie mense wat soortgelyke dinge oorkom en kies om negatief te kyk na die uitkoms. Jy is ‘n voorbeeld vir ons almal. Jy sien die goeie in die slegte ervaring en kies om jou dae te vul met gedagtes van liefde in plaas van verwyt. Baie dankie dat jy dit met ons gedeel het.

  • Christine

    Elzabe – dit is vir my ‘n voorreg om iemand soos jy te ken. Na al die jare het jy ‘n baie spesiale plek in ons gesin se lewe. Jy is vir ons baie spesiaal.