Stories

JH Briel: SELFMOORD VAN ‘N KIND

Drie jaar terug het ons seun, Hansie, besluit hy’t genoeg gehad van die lewe. Het op sy motorfiets geklim en na die Van Stadensbrug gery, my gesms en 13h00 gespring. Tot vandag weet ons nie hoekom en waarom hy dit gedoen het nie. Hy was ‘n halfuur op die brug en niemand het moeite gedoen om te stop en te vra of hulle kan help. Niemand behalwe iemand wat deur die seer gaan besef wat ‘n ouer deurgaan en vandag sukkel sy boetie met die gemis van sy hero, sy ouboet. As ouers het ons geen tekens gesien dat daar fout was op daardie stadium, Hansie was die vriendelike, hulpvaardige kind wat almal gehelp het. Dit breek jou in soveel stukke en dan moet jy maar net opstaan en aangaan. Aanhoor dis verby gaan aan met jou lewe, maak die boek toe en nou bly my vraag: Hoe bere jy ‘n boek wat geskryf is wat 20 jaar deel was van jou lewe? Nie een dag is dieselfde. Jy leer om te “cope” met jou seer, die verlange die vrae en steek maar dit weg vir ander om te sien. Onthou om altyd vir jou geliefdes te se hoe belangrik hulle vir jou is maak nie saak wat die omstandighede en dat hulle met jou kan praat moenie oordeel. Ons wil he ander moet weet daar is mense wat regtig omgee en graag sal wil help. Net ‘n ma

  • Janie du Plessis

    Baie dankie vir jou storie. Voorspoed en baie liefde