Stories

Johan: Selfmoord

Ek het bietjie meer as ‘n maand gelede my sewende familie lid verloor agv selfmoord, van hulle was sommer 2 mense, drie weke uit mekaar…. Dit was die ma en broer van my moeder. My neef het enkele dae voor sy 24ste, sy eie lewe geneem….. Die perfekte vriend, neef en seun…. Student by die Afrikaans Protestant kerk…. Depressie was natuurlik die hoof rede hiervoor maar ‘n liefde-teleurstelling het hom tot die uiterste daad gedryf….. Ek het ook ‘n klasmaat verloor in Std 4, hy het homself opgehang….. Al die selfmoord en depressie in my familie het myself ook ‘n paar keer in daai rigting gedwing. Die eerste keer was ek self nog op laerskool. Vandag is ek bipolar en sukkel ook met ADD…. Ek weet nie of dit so is nie maar ek glo dat dit alles kom uit geskiedenis uit van my depresiewe famlie en ek glo depressie is ook oorerflik.

  • Janie du Plessis

    Johan, dit is so hartseer as ‘n mens sulke dinge lees want so baie mense ly as een mens selfmoord pleeg.