Stories

Nadia: Selfmoord

Snik snik… 4 Augustus 1999. ‘n Dag wat verby is, kon ek dit anders hanteer het as ek ouer was en die tekens gelees het. My Pa het my onverwags by die werk kom groet en ek het dit nie geweet nie. Hy het sy daglimiet by die teller gaan trek en toe gese die bank sal sy rekening vries as hy sy werk verloor, want hy was “gesuspend”. Ek was in trane, wou die heeltyd saam hom wees, hy het die heeltyd probeer om van my ontslae te raak en het toe gese hy sal my by die huis af laai. Die huisie wat hy self gebou het en as trougeskenk vir my en my man gegee het. Hy het genoem dat hy sy kantoor moet gaan ontruim en dat ek nie op die myn perseel mag kom nie. Hy moes net na die verhoor toe gegaan het, want hy was onskuldig. Sy trots het in sy pad gestaan. Hy was so suksesvol in die lewe. Hy was ingenieur op ‘n goudmyn, het die mooiste stukkie grond langs die Suidkaaprivier gekoop, en was ook besig om huis te bou vir hom en my Ma. Hy het na hy my afgelaai het my Ma gebel by haar werk en haar ook gegroet. Sy hy my dadelik gebel, want my man het op die myn gewerk waar my Pa ook werk. Omdat hy ondergrond was kon ek hom nie laat weet het nie. My skoonma het my toe inderhaas daarheen geneem. Op die pad het ons verby my man gery en ek het toe oorgeklim en ons het my Pa begin soek. Ons het gesoek en gesoek. Die plek waar hy toe eers die volgende dag gekry is, was nie ver waar ons om gedraai het nie. Dit was deur ‘n hek naby ‘n natuurreservaat. My Pa het ons familie een keer daarheen gevat, want hy wou ons die berg arend se nes wys. Sweef soos ‘n arend was ‘n gunsteling liedjie van hom. Sy plan was suksesvol deurgevoer en ons het hom begrawe op sy stukkie grond. My Ma was net 37 jaar oud. Getroud op 16 met my Pa, wou nie alleen oud word nie, en het toe verloof geraak aan my Pa se jarelange vriend. My man het intussen ‘n werks aanbod in Australia aanvaar, en ons het Desember verhuis of verland. My Ma het ingestem om September te kom kuier. Sy het Junie 50 geword, en was nog nooit in haar lewe op ‘n vliegtuig nie. Intussen het haar verloofde haar gister vir die eerste keer geslaan. Vandat ek haar kaartjie geboek het is hy so jaloers! Hy se sy gaan iemand hier ontmoet en nie weer terug gaan nie. Hy speel nou op haar gevoelens met selfmoord neigings. Sy kan nie uit bejammering aanbly by iemand wat haar nou weer deur hartseer wil sit nie. Hy het haar selfoon nr’s almal gebel om te sien of sy hom verneuk. Sy het om gekonfronteer daaroor toe verwurg hy haar. Sy is blou oral op haar arms. Nou wil sy dit nie rapporteer nie, wil net so gou moontlik uit trek. My Ma verdien net die beste, sy is deur soveel al in die lewe.