Stories

Sannie Wiese: Dogter verloor albei hande

Ek wil vra dat julle die storie opvolg wat so 20 jaar gelede of selfs langer groot nuus in koerante was, van ‘n dogtertjie wat haar oupa op die plaas gekuier het en lusern in ‘n lusernkapper gevoer het. Die een oomblik het sy ‘n bossie lusern in die drom ingedruk en die volgende oomblik was sy sonder haar twee handjies. Wat het van haar geword? Watter bystand het sy ontvang? Hoe funksioneer sy deur al die jare? Het sy kunshande of verkies sy om met die stompies klaar te kom? Sal graag wil weet. Dankie S. Wiese