• Leonie van der Vyver

    Ek verwys na die onderhoud tussen Janie en Manda Reynecke op KykNet.

    Dit is met verbasing dat mens opmerk dat Janie nie die gesprek met diepte en logika ontgin nie. Manda Reynecke verklaar op Nasionale TV dat die gebeure soos wat in die hof gereflekteer is, en waaraan sy skuldig bevind is, lynreg verskil met wat werklik gebeur het! Dit ten spyte van Manda Reynecke se erkentenis in die hof.

    Hoe gebeur dit dat hierdie verskil in feite wat duidelik roep na verdere ondersoek, nie deur Janie aan Manda Reynecke gestel is nie?

    Mens sou ook verwag dat Janie die die seksuele verhouding met Deon Helberg oor 22 maande, ook met diepte sou ondervra, gesien in die lig dat hy nog minderjarig was met aanvang van die verhouding.

    Dit sou dus sin maak om Deon Helberg en die betrokke staatsaanklaer ook te nooi vir ‘n onderhoud.

    Mens verwag dat Janie meer diepte vrae kan vra as: "En hoe het jy gevoel….?". (In elke onderhoud so ver, is dit blykbaar die enigste vraag wat sy het om te stel.)

  • leonard van wyk

    hello leonie, as jy so baie weet, hoekom bied jy nie sommer self die program aan nie? ek het gedink Janie het dit baie smaakvol hanteer. Manda het n groot fout gemaak en sy is duidelik jammer daaroor.

  • Alta

    Met verwysing na die Manda Reynecke en Deon Helberg storie.Wat van die ander kant Ons hoor nou net die een kant. Ek leef saam met n man wat ook deur n ouer vrou misbruik was op n tyd dat hy weerloos en eensaam was na n egskeiding Sy was heelwat ouer het 7 kinders gehad en was al n ouma en haar victim 30 jaar oud.Sy het gesit en wag vir haar prooi in n klub en hom oorompel Vrou lover ma ens gespeel Wat ek eintlik wil se is dat n man wat deur so n verhouding was kan dit nooit ooit verwerk nie en of vergeet dit nie.Sukkel vir die res van sy lewe met verhoudings en n spook wat hom jaag Na 18 jaar haunt hierdie vrou hom nog soos n Jezebel Spirit. Daar is nagte wat hy in sy slaap oor haar praat Hy erken dat sy hom pla maar kan nie dit verduidelik nie.Weet nie hoe nie.Ongelukkig weier hy berading hy is te skaam want berading is net vir swak mense en hulle soek net geld. Nadat ek n berader gaan spreek het om hom te help het ek met n skok uitgevind my man is nie die enigste man wat met so iets sukkel nie. Daar is baie .

  • Susan

    Die man wat ek ken wat deur so n verhouding was ouer vrou jongman het op n dag gese As sy kan dan kan sy maar.!! Sjoe… en haar kinders was ongeveer seldde ouderdom as hy. Die mense wat hulle geken get het ook gese dat sy haar dogters lw sy het 5 gehad wat liewers sy meisies kon wees het weggehou het van hulle af. Sy het ook vir hulle gelieg en ontken dat hulle saam geslaap het Alhoewel hulle in een bed geslaap het Daar was sekerlik fout met haar en of was sy baie begaafd. Ek sal my ook dood gril..Hy se vandag nog dat sy n goeie vrou was maar dat hy slegs die aandag geniet het en dat jong vroue nie vir hom kon of wil bied wat sy het nie.Ek weet nie maar ek dink ook dit is sonde vir n ouer vrou om n jong man so te misbruik net vir sy lyf en haar bose luste. En… ek wonderwat het sy gedoen wat ander vroue nie kan nie. Dalk is daar mense wat weet Ek wonder maar net,