sr1109clarins05
Wat mense sê

Wedstrydreëls: Mees Dinamiese Vrou-wedstryd

1. Die sluitingsdatum vir benoemings is 30 September 2011.

2. Inskrywings is slegs geldig op sarie.com. Enige inskrywings wat ons via e-pos, faks, geregistreede pos of op enige ander wyse bereik, sal gediskwalifiseer word.

3. Foto’s moet in kleur en nie groter nie as 2MB wees.

4. Die persoon wat jy benoem, moet instem tot sowel die benoeming as die reëls van die kompetisie.

5. Finaliste moet SA burgers wees.

6. Finaliste moet op hul eie of deur ’n nie-regerings- of liefdadigheidsorganisasie met behoeftige Suid-Afrikaanse kinders werk.

7. Alle inskrywings sal deur ’n paneel, soos gekies deur SARIE en CLARINS, beoordeel word.

8. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

9. Die wenner moet bereid wees om afgeneem te word en onderhoude toe te staan.

10. Werknemers van Media24 en CLARINS, hul advertensie-agentskappe en naaste familielede mag nie inskryf nie.

11. Die kompetisie is geldig vir lesers in Suid-Afrika

12. Die wenner moet die toekenningsgeleentheid in Februarie 2012 in Johannesburg bywoon.