evita_se_bossie_sikelela
Wat mense sê

WEN! Tannie Evita se kookboek

In haar opvolgboek, Evita se bossie sikelela, sit sy die heerlikste disse voor van haar omswerwinge deur gans Suid-Afrika en die wye wêreld. Met ’n voorwoord deur niemand anders nie as haar vriendin Charlize Theron en lieflike illustrasies deur kunstenaar Linda Vicquery, belowe die boek ure se vermaak en kookgenot. Dit kom selfs met ’n spesiale Suid-Afrikaanse slangetjies-en-leertjiesspeletjie agterop die uitvou-omslag!

Van die Kaap tot in Limpopo, van die Weskus tot daar waar die president vandaan kom, rol die borde in vol kwartels en tarentaalsvleis met pruimedante. Kweperbredie en lemoeneend. Pofadders, beesstert en soetsuur vlakvark. Sy maak ou geregte nuut, en berei veldkos fyn. Iedere resep is getoets en gekeur, en al die resepte is verspot maklik om te maak.

Vir meer inligting, besoek www.randomstruik.co.za

WEN!

Twee gelukkige sarie.com-gebruikers kan elk ‘n kopie van Evita se bossie sikelela wen.

Skryf in deur die vraag te beantwoord en die vorm hieronder in te vul.

Sluitingsdatum: Vrydag 31 Augustus 2012