Is jou sagopoeding-resep 'n wenner? Skryf nou in!
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Bly daar níks oor as jy jou sagopoeding voorsit nie? Deel jou resep en wen Le Creuset-kastrolle wat jou mond sal laat water
Wat jy moet doen
Stuur die volledige resep vir jou sagopoeding, jou naam, adres, e-posadres en telefoonnommer, plus 'n foto van jouself (kop en skouers), aan Sarie Kos, Posbus 1802, Kaapstad 8000. Of stuur e-pos na sariekos@sarie.com met jou foto aangeheg (300 dpi).
Wat jy wen
1ste prys
29 cm- ovaal kastrol, 18 cm- ronde kastrol, 30 cm-buffetkastrol en 'n groot silikoon-spatel, als t.w.v. R5 000
2de prys
29 cm- ovaal kastrol t.w.v. R2 000
3de prys
18 cm- ronde kastrol t.w.v. R1 000
Beoordelaars kyk na
- Voorkoms en smaak
- Jou persoonlike stempel
- Oorspronklikheid - as die resep al lank in jul familie is, noem dit.
Sluitingsdatum
Vrydag 21 Mei 2010
Omdat gietyster hitte egalig versprei, bly jou kos se geur in 'n Le Creuset-kastrol behoue. Sodra die kastrol warm is, kan jy net matige hitte gebruik om te kook. Nadat dit van die stoof verwyder is, sal die kos ook aanhou kook, só goed behou die gietysterkastrol die hitte. Le Creuset-kastrolle is boonop in 'n wye verskeidenheid sjiek kleure beskikbaar. Besoek hul webwerf, www.lecreuset.co.za.
Verwante artikels
-
Bobotie (Suid-Afrika)
SARIE - Augustus 2008
Dis een van die bekendste geregte en tipies Suid-Afrikaans
















Kry jou SARIE oral, enige tyd