Barbara en Herman kook saam by die SA Kaasfees
SA Kaasfees-entoesiaste word genooi om te kom proe, eet, kuier en geniet terwyl hulle 'n wêreld se smake in een plek ontdek van 24 tot 27 April by Bien Donné op die R45 tussen die Paarl en Franschhoek.
Dié gewilde fynproewersfees bring kaasmakers en kaasliefhebbers byeen in 'n landelike, dog feestelike atmosfeer waar volwassenes die magdom proe- en kuiergeleenthede kan geniet, terwyl die jongspan vermaak vind in die Kinderhoekie of die Cheese Chiller vir tieners.
Ervaar die grootste verskeidenheid kase onder een dak in die Checkers Kaasemporium of kom leer by bekende kosfundies in die Kookpot. Bring die hele familie vir 'n goue bederfdag in die platteland en word verlei deur van ons land se mees genotvolle lekkernye.
Kaartjies is beperk en is beskikbaar by Computicket en Checkers winkels (geen kaartjies by die hekke).
R110 vir Saterdag & Sondag, en R90 vir Maandag & Dinsdag.
Senior burgers betaal R70 en kinders 12-jaar en jonger kom gratis.
Vir meer inligting:
Agri-Expo by tel 021 975 4440, cheese@agriexpo.co.za of www.cheesefestival.co.za.
Of sluit aan by die SA Kaasfees se Facebook-blad
SARIE se Barbara en Herman kook by die Kaasfees
Ons kos-span is elke om 13:30 daar om te kook met Lancewood-kaas. Onthou te kom inloer!
Verwante artikels
-
Kaasfondue
SARIE KOS - Somer 2007
Gebruik die regte kaas hiervoor. Gruyère is altyd suksesvol. Die fondue is ook heerlik saam met baguettes, groen slaai en gerookte worsies vir 'n ligte aandete.
-
Kaaspoffertjies
SARIE KOS Somer 2009/10
Verpak dit mooi as geskenk - of geniet dit self!
-
Peer-en-bloukaas-pizza
SARIE KOS Lente 2009
Ek weet nie of ’n mens dit eintlik ’n pizza moet noem, of eerder platbrode met kaas en pere nie. Dis besonder lekker en word koud voorgesit.
-
Roer! - Jay se gebakte bokmelkkaas-risotto
SARIE - September 2009
Jay van SA groep Eden wys sy talent in die kombuis met 'n gebakte bokmelkkaas-risotto
-
Vars vye met bokmelkkaas-en-parmaham-slaai
SARIE - Desember 2008
Vir ’n lang kuier-aand is dit lekker om ’n slaai ná die voorgereg voor te sit - veral die kombinasie van vye en parmaham














Kommentaar