WEN met Jennifer Lopez se nuutste fliek, The Back-up Plan
In een van die lekkerste flieks dié jaar, The Back-up Plan, besluit Zoe (gespeel deur Jennifer Lopez) om dinge, ná jare van die vrugtelose soeke na 'die regte een', bietjie anders te doen. Sy besluit om ma-wees alleen aan te pak en maak 'n doktersafspraak. En soos dit maar werk, word haar "skynbaar eenvoudige" plan gekompliseer toe sy dieselfde dag vir Stan (Alex O'Loughlin) - 'n man met werklike potensiaal - ontmoet.
Hulle bevind hulle op 'n emosionele mallemeule wat vir lekker komiese oomblikke sorg.'n Lekker kyk-fliek vir die koue dae.
Moenie dié fliek misloop nie! Hier's als wat jy nodig het om te besluit.
![]()
WEN SÓ MET THE BACK-UP PLAN!
Om dié winterdae verder mee op te kikker, gee Galaxy and Co. dié prag-ring van 9kt goud en diamante ter waarde van R1 299 weg.

Een gelukkig sarie.com-gebruiker kan die ring wen deur die vraag hieronder in te vul. Die sluitingsdatum is Vrydag 28 Mei 2010.
Verwante artikels
-
Jennifer Lopez se Venus-bene
SARIE - Maart 2011
Almal weet Jennifer Lopez (41) is van haar kroontjie tot haar toontjie mooi!
-
SARIE by Sex and The City 2-premiere
SARIE - Mei 2010
SARIE-joernalis, Charis Labuschagne, het die premiere van Sex and The City 2 bygewoon. Wat dink sy van die fliek - en oor daai kort rokkies...?



















Kry jou SARIE oral, enige tyd