WEN 'n butler-kursus ter waarde van R15 000
Wil jy 'n butler word en is jy 'n vrou met volwassenheid en individualiteit? Slaan 'n butlerkursus van agt weke ter waarde van R 15 000 by die SA Butler-akademie in Kaapstad los.
Newton Cross, mede-eienaar van dié akademie, sê dit werk só:
- Voornemende kandidate moet 'n brief (en formele gesigfoto) epos na info@butleracademy.co.za waarin hulle motiveer hoekom hulle dink hulle behoort gekies te word vir dié kursus. Skryf in die onderwerp-veld van die epos ''Sarie-wedstryd''.(Enige ondervinding in die restaurantbedryf is 'n bonus!)
- Die kursus strek oor agt weke en verblyf is uitgesluit.
- Die wenner sal omvattende opleiding kry as butler om haar te bemagtig om gehalte diens te lewer aan uitsoek gaste/werkgewers van regoor die wêreld.
- Die kandidate wat die beste tien briewe skryf, sal gekontak word en daar sal met elk 'n onderhoud gevoer word om uit dié tien die wenner te bepaal.
- Die sluitingsdatum vir die e-pos-briewe is 23 Augustus 2010.
* Lees meer by www.butleracademy.co.za
Verwante artikels
-
'n Bobaas butler gee raad: Só bly jou handdoeke sag
SARIE Maart 2010
Sarie.com het die hulp van 'n professionele butler ingeroep om 'n paar huishou-wenke met jou te deel. Hoe hoe jy sag en silwerskoon? Hy gee raad
-
Help, ek kan nie meer huishou nie! ‘n Butler gee raad
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 2
Dis werk, kinders grootmaak en dan moet jy nog die huis ook probeer reghou. Hier’s jou antwoord: Ons het ‘n bobaas-butler die kuns gaan afvra. Maar eers vertel hy van sy tyd saam met Uma Thurman
-
Jennifer Aniston en Gerard Butler op die rooi tapyt
SARIE Maart 2010
Hier is foto's van die 'paartjie'by die onlangse New Yorkse premiere van hul fliek, The Bounty Hunter. Kyk ook uit vir 'n eksklusiewe onderhoud met Gerard Butler hier op sarie.com.
-
Wens jy jy't 'n butler gehad? Julle vertel
















Kommentaar