WEN 'n vakansie vir 2 op Mauritius
Jy en jou metgesel op ’n idilliese eiland? Hier’s jou kans om vir 7 dae die salige rustigheid van Mauritius te geniet.
Herlaai liggaam en siel op die tropiese eiland-paradys van Mauritius, waar die vakansieoord Shanti Ananda omring word deur berge en wit strande. Die naam van die oord beteken immers nie om dowe neute “vrede” en “geluk” in Sanskrit nie en dié stukkie paradys is perfek vir ’n gesinsvakansie of intieme wittebrood.
Sommer by jou aankoms sal jy voel hoe die spanning uit jou ledemate vloei wanneer jy begroet word met vars Mauritiaanse gemmertee en die rudraksha om jou nek gehang word –
die sierkrans gemaak van sade van ’n immergroen boom wat bekend is vir die verligting van stres.
Vir meer inligting, besoek www.shantiananda.com.
Antwoord die vraag hieronder om in te skryf.
SLUITINGSDATUM
30 Julie 2010
* Die wenner sal teen 14 Augustus 2010 telefonies in kennis gestel word en daarna ’n brief ter bevestiging ontvang.
WEDSTRYDREËLS 1. Die eerste korrekte inskrywing wat getrek word, wen die pryse. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. 2. Die wenner sal telefonies en daarna per brief verwittig word en sy/haar naam sal in ’n latere stadium op die webtuiste www.sarie.com verskyn. 3. Die prys is nie vir kontant omruilbaar nie. SARIE bied hierdie wedstryd namens SHANTI ANANDA aan as ’n diens vir haar lesers. SHANTI ANANDI voorsien en is verantwoordelik vir die prys. SARIE aanvaar geen verpligting hoegenaamd t.o.v. die ontvangs van die prys of gestanddoening van die voordele daaraan verbonde nie. 4. Werknemers en hul gesinne van Media24 (SARIE se moedermaatskappy), SHANTI ANANDA en hul reklame-, advertensie- en digitale maatskappye mag nie aan die wedstryd deelneem nie. 5. Media24 en SHANTI ANANDA word gevrywaar teen alle eise en/of laste wat die wenners kan hê weens skade/beserings vanweë hul deelname aan die wedstryd of benutting van die prys. 6. Deur aan die wedstryd deel te neem stem jy in om van tyd tot tyd sekere promosie-korrespondensie van SARIE te ontvang. 7. Lughawebelasting is nie by die prys ingesluit nie. 8. Die vliegkaartjies is net geldig vanaf Johannesburg. Vervoer tot in Johannesburg sal deur die wenner self betaal moet word.
KRY 'N SPESIALE LESERSAANBOD VIR SHANTI ANANDA HIER



















Kommentaar
Estelle Maritz het gesê:
'n Groot droom sal bewaarheid word!!!!!
9de Feb. 2012, 11:06Hermien Roux het gesê:
Baie dankie aan Sarie en Shanti Ananda. Ons is reeds telefonies in kennis gestel dat ons die prys gewen het. Ons kan nie wag vir ons "trippie" nie. Hermien roux
22ste Aug. 2010, 12:53Stephani Basson het gesê:
Ons wat as Diplomate in 'n ander land werk en wat 24/7 op diens is, sal dit 'n wonderlike verassing wees op 'n blaas kans na 'n eksotiese omgewing te gaan. Die ontspanning sal vir my en manlief die wereld beteken.
28ste Jul. 2010, 11:03Sue Botha het gesê:
Sjoe dit sal wonderlik wees om net te kan ontspan saam met 'n spesiale persoon en sielsbande snoer
26ste Jul. 2010, 21:36Ullricke van Zyl het gesê:
Eish,,,lekker om te droom,,,maar dit kan tog waar word,,,lieflike plek en kan n fantastiese wegbreek wees vir my manlief en myself,,kan weer n vonk in ons lewe blaas
26ste Jul. 2010, 19:55ETRESIA het gesê:
SAL'N WONDERLIKE ERVARING WEES!
26ste Jul. 2010, 13:43Sandra het gesê:
Ek hoop ek kry 'n oproep!
26ste Jul. 2010, 12:00Carin het gesê:
Kan 'n lekker honeymoon vir ons wees!!
26ste Jul. 2010, 11:35Marie het gesê:
Was laas daar op wittebrood! 1983.
24ste Jul. 2010, 20:29Bianca van Antwerpen het gesê:
Ek kort defnitief hierdie vakansie, na i jaar se harde werk en aangesien ek nogni in 2009 of 2010 i blaaskans gehad het nie... Sjoe dit kan net leke wees!!!!! Dankie Sarie!!
24ste Jul. 2010, 16:37WILLIAM het gesê:
DIE PERFEKTE EILAND VAKANSIE VIR DIE PERFEKTE GETROUDE VERLIEFDE PAARTJIE.
23ste Jul. 2010, 13:10Madeleine het gesê:
Kan nie wag nie!
22ste Jul. 2010, 13:41beatrice het gesê:
om dit te deel met die persoon vir ek die seerste gemaak. wat uit die mond kan nie weer terrug gesit word nie. meskien kan ek kan ek reg maak wat ek verbrou het.
21ste Jul. 2010, 12:05Magda het gesê:
Ons is 35 jaar getroud, en was nog nooit op wittebrood nie. Dit sal nou n lekker bederf wees. En was nog nooit oorsee nie. Dit sal n heerlike bederf wees.
21ste Jul. 2010, 09:00Elmarie het gesê:
Wat 'n wonderlike ervaring sal dit nie wees om 30 gelukkige getroude jare saam te vier op so 'n eksotiese bestemming nie!
20ste Jul. 2010, 05:07Helene het gesê:
Wie nie waag nie sal nie wen nie. Daarom probeer ek.
17de Jul. 2010, 18:01Haneke Coetzee het gesê:
Dankie Sarie...wat 'n wonderlike prys!
16de Jul. 2010, 11:14Aletta het gesê:
Wat 'n wonderlike prys. Mag die regte persoon dit wen.
14de Jul. 2010, 14:42Juanita het gesê:
Dit sal wonderlik wees, ons ken nie daai gedeelte van die wêreld nie. 'N kans van 'n leeftyd.
14de Jul. 2010, 11:34Anje het gesê:
omw - met 'n babatji v 12mnde - sal 'n honeymoon na Mauritius baie welkm wees!!!!!!!!!!!!!!!
13de Jul. 2010, 20:21lindsey het gesê:
Dit sal nou n lekker honeymoon wees vir my en my man, ons trou december.
12de Jul. 2010, 21:44iSABEL HAYWARD het gesê:
Al ons kinders werk vir ons en ons smag na n week weg alleen! Hoe wonderlik kan dit wees! ASSEBLIEF
12de Jul. 2010, 17:00Ernst het gesê:
Dit sal nou wonerlik wees! Ek het laas jaar desember getrou en kon ongelukkig nog nie my vrou op wittebrood vat nie. Dit sal nou 'n wonderlike verrassing vir haar wees! Sy verdien dit!
9de Jul. 2010, 13:15Christine Safar het gesê:
Sarie, het my droom waar geword ? Christine
9de Jul. 2010, 09:06Liezel het gesê:
Sarie, 'n vakansie op 'n eiland kan my net goed doen. Om so heeldag aan tande te werk maak mens gedaan. Onthou hul se, tandartse het die hoogste selfmoordsyfer-ek wil nie 'n syfer word nie!
8ste Jul. 2010, 17:17Pauline het gesê:
Mmmm...dit sal die perfekte honeymoon wees. Ek is verloof en trou planne is aan die gang. Maak ons troue ekstra spesiaal en laat ons wegvlieg na Mauritius...
8ste Jul. 2010, 13:50Theresa het gesê:
Dit sal ABSOLUUT WOW wees om die geleentheid te kry om weg te breek by so 'n asemrowende eiland.
8ste Jul. 2010, 12:51Sidney het gesê:
Hi Sarie sjoe die vakansie sal my baie goed doen om net onslae te raak van die stress!!!!!!!!!!!! op kantoor sal ek begin pak sorry alle meisies dis meine moenie julle hare begin uit trek nie asseblief bedaar.
7de Jul. 2010, 16:40Hes het gesê:
Ek hou my foon en posbus dop!!!
7de Jul. 2010, 06:38Johlene Agenbag het gesê:
My paspoort is in plek, my inskrywing vir die kompetisie is ingestuur, ek weet ek ding mee met duisend andere, maar 'n mens weet nooit!? dankie aan SARIE wat vir al hierdie wonderlike kompetisies sorg - dat ons lesers kan baat daarby. Ek hou styf duim vas dat die gelukkige persoon ek gaan wees.
6de Jul. 2010, 14:55Jeanette het gesê:
2010 was nie ons jaar nie, hoop ek kan dit afsluit met wonderlike vakansie!!
6de Jul. 2010, 13:53Amanda het gesê:
Hello Daar - Ek het al yoga gedoen by Westcliffe Hotel en sal wat gee om dit by SHANTI ANANDI te kan doen net soos in die Julie Sarie Tydskrif. Mag my wens waar word!
6de Jul. 2010, 09:33Christelle Blom het gesê:
My man het net gisteraand gesê hy wil bitter graag ook eendag op 'n eiland met helder blou water gaan vakansie hou ;-) En ek stem!
6de Jul. 2010, 08:00Corinne Posthumus het gesê:
Ek droom van 'n eiland vakansie. Ek vul al BITTER lank elke moontlike oorsese vakansie in. Miskien is dit hieride keer MY beurt.
5de Jul. 2010, 18:56Tertia Moller het gesê:
Ongelooflike, fantastiese prys!
3de Jul. 2010, 19:37Welma Van Dyk het gesê:
Om dit te wen sal My grootste droom waar word en ons uiteindelik na 11 jaar op "Hunny Moon" kan gaan!!! WoW!! Sal dit nie wonderlik wees nie!! Hou Styf dyme vas.
3de Jul. 2010, 09:23Carin het gesê:
Hierdie een is myne! Ek voel dit....
2de Jul. 2010, 16:18helouise het gesê:
dit sal vergoed vir my wittebrood waaroor ek al so lankal droom!!
30ste Jun. 2010, 16:55Maryke van SARIE het gesê:
Hi Roy. Nee, jou kanse verbeter nie as jy kommentaar lewer nie.
30ste Jun. 2010, 13:05Petra Struwig het gesê:
Sal baie lekker wees om te kan gaan, so vakansie kan enige persoon net goed doen!
30ste Jun. 2010, 11:13Roy van Vuren het gesê:
Is sommige dames en n paar manne wat kommentaar lewer van desperaatheid om die prys op te eis, so naief, dat hulle dink dat die paneel wat oor die toekenning van droom pryse besluit, beinvloedbaar is met hul desperate skrywes. Of het dit julle kanse in die verlede verbeter? Laat ons hoor of ek dalk nie op hoogte van sake is nie.
30ste Jun. 2010, 11:08Rita Jacobs het gesê:
Voila! Hierdie wegbreek kan net hemel op aarde wees
30ste Jun. 2010, 08:38Louise Kock het gesê:
Wow, net die antwoord vir 'n moee siel en liggaam.
29ste Jun. 2010, 15:34Roxanne het gesê:
PACK YOUR BAGS!!!! WE ARE LEAVING ON A JETPLANE FOR A ONCE IN A LIFE TIME WEEK IN MAURITIUS!
29ste Jun. 2010, 14:49Karen het gesê:
Dit sal 'n ongelooflike wegbreek vir ons wees. Wit strande, blou water, cocktails, ..... wow!!!!!!!!
29ste Jun. 2010, 14:13Tammi het gesê:
Looks like Paradise!! Would love to treat my mommy :)
29ste Jun. 2010, 13:02Ren het gesê:
Ag tog, mag ons hierdie vakansie wen. My man is in Engeland en sy gesondheid is nie baie goed op hierdie stadium nie. My britse visum is weer geweier en ek het my man einde November laas gesien!
28ste Jun. 2010, 17:16Marietjie het gesê:
Ek en my man is 3jaar getroud in Oktober en benodig hierdie wegbreuk met 'n seer hart!!!! Hopenlik wen ons!!
28ste Jun. 2010, 15:58Elsabe het gesê:
Dit sal 'n belewenis wees!!!!!!!!!!!!!
28ste Jun. 2010, 14:35Marolize Weyers het gesê:
Dit sal so wondelik wees,want ek en my hubby het nog nie wittebrood gehad nie....en dit sal so wondelik wees om die kompitisie te kan wen!!!!!
28ste Jun. 2010, 10:05philene het gesê:
presies wat ons nodig het! was nog nooit oorsee nie
27ste Jun. 2010, 09:17Alicia Nell het gesê:
Wel, siende dat ek nog nooit eintlik op 'n regte wittebrood was nie, en ons verlede jaar vir 10 jaar getroud was, sou dit die ideale prys wees!! 'n Mens mag maar droom....
26ste Jun. 2010, 15:25Susan le Grange het gesê:
Wil dit net geniet!!!!! En daarvan droom wel!!! miskien word my drome waar
26ste Jun. 2010, 13:24Zelda Boshoff het gesê:
Met n slegte bestrede egskeiding besig, sal wat wou gee om net weer energie te kry. Dit lyk idillies!
26ste Jun. 2010, 11:01Natasja het gesê:
Dit sal 'n absolute fees wees om Maritius toe te kan gaan. Sjoe, ek sal solank droom daaroor......
25ste Jun. 2010, 15:50Trudie Cronje het gesê:
Dit sal wonderlik wees as ek die prys kan wen, ek en my man is nou 10 jaar baie gelukkig getroud maar was nog nooit op 'n wittebrood gewees nie. Dit sal my grootste geskenk wees!
25ste Jun. 2010, 14:44Stephnie het gesê:
Dit sal absoluut wonderlik wees as ek en my man die vakansie kan wen. Ons albei het 'n ruskansie baie nodig. Ons was nog nooit oorsee nie, so as ons hierdie kans kan kry sal dit 'n groot voorreg wees. 'n Lekker tweede wittebrood. Ek sal vir myself maar moet styf duim vashou.
25ste Jun. 2010, 14:21Elsabe het gesê:
Dit lyk altyd so idilies op Mauritius, sal dit graag wil ondervind. Dit is blykbaar een van ons mooiste plekke op ons aarde wat deur ons Skepper geskep is.
25ste Jun. 2010, 13:00Helene Page het gesê:
Vasbyt! die geluk van 'n tropiese vakansie mag net om die draai is
25ste Jun. 2010, 12:20Helene Page het gesê:
Wat 'n wonderwerk sal dit nie wees om op die tropiese eiland te weees nie. Verlang al solank na so iets. Helene Page
25ste Jun. 2010, 12:14Elize Farre het gesê:
Ek het familie op Mauritius wat ek jare laas gesien het. Ek spaar al lank om te gaan kuier maar elke keer as ek dink dis miskien nou die tyd moet die geld vir meer nodige goed gebruik word. Elke kompetisie wat n vakansie in Mauritius aanbied skryf ek in, n mens weet nooit wanneer dit jou beurt is nie.
25ste Jun. 2010, 09:58Carin het gesê:
Dankie Sarie !
25ste Jun. 2010, 08:16ANGELIQUE VAN ZYL het gesê:
Dit sal die perfekte trou geskenk wees. Ons betaal vir ons eie troue en daar is nie regtig geld vir 'n wittebrood ook nog nie. Dit sal 'n geskenk uit die hemel wees
25ste Jun. 2010, 07:22Leonie het gesê:
Ek kyk al lank met groot verlange in my oë na Shanti Ananda. Dit sal my siel en sielsgenoot net goed doen. Volgens my sak sal dit nooit moontlik wees nie maar enigiets is moontlik met geluk! Mag die karma goed wees vir my....
25ste Jun. 2010, 07:14Sonja Strauss het gesê:
Wie nie waag nie sal ook nooit wen nie!
24ste Jun. 2010, 20:26Valarie het gesê:
Sal 'n tweede wittebrood na 33jaar getroude lewe nie wonderlik wees nie, veral as dit by so 'n wonderlike vakansie bestemming is.....Kan 'n droom so maklik waar word?
24ste Jun. 2010, 18:18antoinette snyman het gesê:
Dit sal voel of ek die grootste lotto gewen het!! Na 'n uiterse moeilike jaar waarin my man sy werk verloor het, kan dit 'n wonderwerk verrig!!
24ste Jun. 2010, 18:16Didi Burger het gesê:
Mauritius is die antwoord op die bitter koue van die Vrystaat!!
24ste Jun. 2010, 17:31riana het gesê:
Ek was nog nooit oorsee nie en droom al so baie daarvan veral Mauritius. Vriende van ons het sopas terug gekeer van Mauritius en vertel dat dit absoluut 'n droom plek is.
24ste Jun. 2010, 17:25jen sale het gesê:
Ai dit sal darem lekker wees...na 3 jaar se baklei met my man se "estate" mense, het ek dit nodig. Hy is 3 jaar gelede oorlede aan kanker en ons het net niks se oor wat in die testament staan nie....en alles is ons sin. Het 'h vakansie nodig...
24ste Jun. 2010, 16:37RIEKIE het gesê:
WEN EK WAS OP DIE STRAND. WAS 11 JAAR LAAS OP VAKANSIE
24ste Jun. 2010, 15:58Sanet het gesê:
Wat 'n wonderlike voorreg sal dit nie wees om hierdie plek van lafenis te kan ondervind nie!!
24ste Jun. 2010, 10:01Heila het gesê:
wow..... dit sal nou lekker wees!! Hopelik word my droom hierdie jaar verwesenlik om na Mauritius te gaan..
23ste Jun. 2010, 18:19