En die wenner is....Hesbie Landman
Hier is die wenner in die Moedersdagwedstryd aangebied deur sarie.com en Elizabeth Arden.
In die sarie.com / Elizabeth Arden Moedersdag-wedstryd het 100 dogters hul ma's besing. En vriende en familie het gestem met nóg mooi woorde. Daar kan sekerlik nie 'n beter manier wees om 'n ma te vereer nie! En julle het SARIE en Elizabeth Arden só geïnspireer!
Met 219 kommentare het Hesbie Landman ons wedstryd gewen. Haar dogter, Natasja Oosthuizen van die Oos-Kaap, het haar ingeskryf.
Lees haar inskrywing:
"Hierdie kompetisie is 'n bonus....'n geskenk om vir "die beste ma in die wereld" dankie te se. Dit is vir my 'n geleentheid om vir die wereld te vertel dat ek 'n baie spesiale ma het en dat ek haar bitter lief het. Hesbie Landman, my ma, is met my pa getroud in 1974. Sonder om twee keer daaroor te dink (of dalk het sy!) het sy 2 klein dogtertjies van 2jr en 8jr onderskeidelik as deel van die "pakket" gekry nadat ons biologiese ma in 'n motorongeluk oorlede is. Van die begin af het ons haar aanvaar en liefgehad. Sy het ons met dissipline, maar hope liefde groot gemaak. Sy ondersteun my in alles wat ek doen en is my beste vriendin. By haar kan ek myself wees, by haar kan ek afpak as ek hartseer of onsteld is of lag dat die trane loop oor die simpelste goedjies. By haar het ek 'n heenkome, 'n tuiste. Selfs deur my egskeiding, 4 jaar gelede, was my ma my steunpilaar en rots. Ek kan met versekering weet dat haar huis en haar hart altyd vir ons oop is - maak nie saak wat die omstandighede is nie. Al stem sy nie altyd saam met wat ek doen nie, ondersteun sy my nogtans en respekteer sy my besluite. Ek is vir haar liewer as die lewe self. Haar voorbeeld is prysenswaardig en ek bid elke dag dat ek vir my kinders 'n ma kan wees soos wat sy vir my is. En.....al is sy my "stiefma", is daar vir my nerens 'n beter ma in die wereld as sy nie."
















Kommentaar
charlene het gesê:
ek is die "derde dogter". tannie hesbie is my ma se suster en nadat hesbie haar eerste man op 'n baie jong ouderdom aan die dood afgestaan het, het sy my ons (ek toe nog op doeke) kom intrek - of eerder - ons by haar. uit die aard van my ouderdom kan ek nie veel van die tyd onthou nie. ek onthou wel die liefde en dubbelbedsaamslaap onthou. maar die liefde was tonne en onvoorwaardelik. ek onthou ook my hartseer toe sy getrou het en humansdorp toe getrek het... (ek was toe ongeveer 5 jaar oud). al die jare het ek niks anders as liefde en totale aanvaarding van haar gekry nie. na my ma se dood amper 6 jaar gelede is tannie hesbie weer my voltydse ma. ou girl, ek is lief vir jou en you are always on my mind. ek sien my ma in jou oë en dit maak my net nog liewer vir jou. charlene
1ste Jun. 2010, 09:21Altus het gesê:
Hesbie jy kook
7de Mei. 2010, 17:07Bernediene het gesê:
Hesbie...sterkte...mis jou
7de Mei. 2010, 17:06Steven het gesê:
Tannie het my stem ook!
7de Mei. 2010, 17:05Simone het gesê:
Tannie het verseker my stem. Geniet die geskenkpak!
7de Mei. 2010, 17:04Rika het gesê:
Wat kan ek meer se as sterkte my ou vriendin. Rika
7de Mei. 2010, 17:03Hein en Marlene Piek het gesê:
Hesbie....ons wens ons was nader...sterkte
7de Mei. 2010, 16:54Kalla het gesê:
Hesbie jy is n besonderse mens
7de Mei. 2010, 16:53Marietjie het gesê:
Hesbie sterkte...ons hoop jy geniet Moedersdag
7de Mei. 2010, 16:52Miem het gesê:
Hesbie is 'n merkwaardige vrou met vele talente en gawes. Sy het my stem
7de Mei. 2010, 16:51Jolene het gesê:
Hesbie jy is vir ons almal n inspirasie
7de Mei. 2010, 16:50Craig het gesê:
Ek stem vir Hesbie om te wen.
7de Mei. 2010, 16:49Philna het gesê:
Hesbie....ons wens jou alle sterkte
7de Mei. 2010, 16:49Lizanne het gesê:
Sterkte Hesbie - ek stem ook vir jou
7de Mei. 2010, 16:48Boepie het gesê:
Hesbie alle sterkte ons mis jou hier innie Knersvlakte
7de Mei. 2010, 16:47Doug het gesê:
Hesbie, you've got my vote. Doug
7de Mei. 2010, 16:47Lize-Mari het gesê:
Hesbie is 'n vrou vir wie ons baie lief is. Sy is 'n pragtige mens en verdien dit om te wen. Haar 2 dogters is baie trots op haar.
7de Mei. 2010, 16:45Ousus het gesê:
Hesbie....sjoe ek het gesukkel om hier uit te kom....nie baie slim met hierdie goed nie....ons wens jou alle sterkte toe...jou Ousus
7de Mei. 2010, 16:45Piesang het gesê:
Hesbie hoop jou drome kom waar...ps kom kuier n slag
7de Mei. 2010, 16:42Samantha het gesê:
My stem gaan vir Hesbie Landman. Hierdie vrou is 'n ware wenner en verdien hierdie geskenkpak. Haar liefde vir haar kinders en medemens is navolgenswaardig. Sterkte Hesbie, ek hoop jy wen. Jy het my stem.
7de Mei. 2010, 16:42Samantha het gesê:
My stem gaan vir Hesbie Landman. Hierdie vrou is 'n ware wenner en verdien hierdie geskenkpak. Haar liefde vir haar kinders en medemens is navolgenswaardig. Sterkte Hesbie, ek hoop jy wen. Jy het my stem.
7de Mei. 2010, 16:42Buurvrou het gesê:
Hesbie hoop jy geniet jou dag Sondag
7de Mei. 2010, 16:41Dottie het gesê:
Jy het ons stem ou Hes
7de Mei. 2010, 16:40Magda het gesê:
Hesbie, ons stem vir jou om te wen.
7de Mei. 2010, 16:40Katrina het gesê:
Hesbie ons stem vir jou
7de Mei. 2010, 16:39Gesiggie het gesê:
Ouma jy verdien hierdie 200%
7de Mei. 2010, 16:39Karin het gesê:
Hesbie jy verdien dit
7de Mei. 2010, 16:38Belinda du Bruyn het gesê:
My stem vir Hesbie
7de Mei. 2010, 16:35Majorie het gesê:
Sjoe Hesbie...wens my kinders sal my ook eendag so prys
7de Mei. 2010, 16:34Caroline het gesê:
Hesbie jy is vir ons almal n voorbeeld
7de Mei. 2010, 16:32Rose het gesê:
Sarie kan my stem bytel vir Hesbie Landman. Sy verdien hierdie geskenkpak
7de Mei. 2010, 16:28Beatrice het gesê:
Sterkte met die kompetisie, jy het ons stem ook.
7de Mei. 2010, 16:24Corlia het gesê:
Sy het my stem
7de Mei. 2010, 16:23Rynette het gesê:
Ek stem ook vir jou Hesbie.
7de Mei. 2010, 16:22Willie en Lalie het gesê:
Hesbie, jy le ons na aan die hart. Hierdie geskenkpak is vir jou. Willie & Lalie
7de Mei. 2010, 16:21Monique het gesê:
Jy is eerste op ons lys
7de Mei. 2010, 16:19Suzette het gesê:
Hesbie het my stem ook. Suzette
7de Mei. 2010, 16:18Lorinda het gesê:
'n Ma wat hierdie geskenkpak sal waardeer en geniet. Ek stem vir haar
7de Mei. 2010, 16:16Sarette het gesê:
Pragtige mens en wonderlike ma. Ek stem vir Hesbie
7de Mei. 2010, 16:15Susan het gesê:
Hierdie vrou met my stem en steun 100%.
7de Mei. 2010, 16:14Sonette het gesê:
Hesbie, jy het my stem ook. Baie sterkte
7de Mei. 2010, 16:13Rochelle het gesê:
Ek stem ook vir tannie Hesbie
7de Mei. 2010, 16:02Rina het gesê:
Hesbie is 'n merkwaardige vrou met vele talente. Jy het my stem
7de Mei. 2010, 16:01June het gesê:
Hesbie is 'n voorbeeld vir ons almal. Baie sterkte en ons hoop jy wen.
7de Mei. 2010, 16:00Elzanne het gesê:
I vote for Hesbie - she is an mother to be proud of. Good luck
7de Mei. 2010, 15:57Die Gerbers het gesê:
Hesbie is 'n moeder so na ons hart. Ons stem vir haar.
7de Mei. 2010, 15:56Marie het gesê:
Jy verdien om te wen Hesbie. Jy het my stem. Sy is 'n merkwaardige vrou en 'n fantastiese ma vir haar kinders. Baie liefde en baie sterkte
7de Mei. 2010, 15:55Hillary het gesê:
Ek stem vir Hesbie Landman om te wen. Sy verdien dit
7de Mei. 2010, 15:53Christopher het gesê:
Hesbie, jy het my stem ook.
7de Mei. 2010, 15:52Ronald het gesê:
I vote for Hesbie Landman. Remarkable woman.
7de Mei. 2010, 15:52Robert het gesê:
Ek stem 100% vir tannie - good luck!
7de Mei. 2010, 15:51Elanor het gesê:
Ek stem ook vir tannie Hesbie - sy is voorwaar 'n pragtige vrou.
7de Mei. 2010, 15:50Monica het gesê:
En myne! Sterkte Hesbie - hoop jy wen. XX
7de Mei. 2010, 15:49Chantelle het gesê:
Hesbie, jy het my stem ook.
7de Mei. 2010, 15:49Annelien het gesê:
Jy het my stem ook Hesbie
7de Mei. 2010, 15:48Peter Sprung het gesê:
Hesbie ek stem vir jou
7de Mei. 2010, 12:30Pieter het gesê:
Geniet jou Moedersdag Hesbie - ons hou styf duimvas vir jou. Baie sterkte
7de Mei. 2010, 12:19Franna het gesê:
Hesbie jy verdien om te wen
7de Mei. 2010, 12:18Karin het gesê:
Hesbie jy is ons vriendin
7de Mei. 2010, 12:17Kelly het gesê:
Ek stem vir tannie Hesbie. Kelly
7de Mei. 2010, 12:16Klein Kobus en Dawid het gesê:
Ouma ons stem vir jou
7de Mei. 2010, 12:16Dot het gesê:
'n Vrou met integriteit en baie hoe waardes = 'n pragtige ma. Ek stem vir Hesbie
7de Mei. 2010, 12:16Gerda het gesê:
Hesbie...ons hoop jy wen
7de Mei. 2010, 12:15Joan het gesê:
Sterkte, ek hoop jy wen. Jy het my stem Hesbie
7de Mei. 2010, 12:15Anet het gesê:
Ek stem vir Hesbie
7de Mei. 2010, 12:14Mariska het gesê:
ek stem vir tannie hesbie - lekker moedersdag tannie
7de Mei. 2010, 12:14Kobus het gesê:
ONS STEM VIR HESBIE LANDMAN - VOORSPOED
7de Mei. 2010, 12:13Dirtbusters Auto Valet het gesê:
All of the best Hesbie - you've got our vote
7de Mei. 2010, 12:12Marina het gesê:
Hesbie....ek stem vir jou
7de Mei. 2010, 12:11Rochelle het gesê:
Voorspoed, jy het my stem
7de Mei. 2010, 12:11Sandra het gesê:
Hesbie alle sterkte...jy het my stem
7de Mei. 2010, 12:10Lizelle het gesê:
Hesbie, alle voorspoed vir die kompetisie. Ek stem vir jou
7de Mei. 2010, 12:10Die Oliviers het gesê:
Ons stem vir Hesbie Landman - baie sterkte
7de Mei. 2010, 12:09Pearl het gesê:
You've got my vote Hesbie!
7de Mei. 2010, 12:08Jan het gesê:
Ek stem vir Hesbie Landman
7de Mei. 2010, 12:07Dorothy het gesê:
I've known Hesbie for many years and I wish her all the luck. You've got my vote Hesbie
7de Mei. 2010, 12:06Annelien het gesê:
Hesbie, ek stem ook vir jou om te wen. Ons hoop jy wen en geniet die lekker parfuum.
7de Mei. 2010, 12:05Rolene het gesê:
Tannie het my stem ook - hoop tannie wen
7de Mei. 2010, 12:04Humansdorp Rolbal het gesê:
Hesbie ons wens jou alle sterkte toe.....jou voorbeeld is vir ons almal n inpirasie
7de Mei. 2010, 12:03Rudolf het gesê:
Ek stem ook vir tannie Hesbie. Rudolf
7de Mei. 2010, 12:02Sylvia het gesê:
Die vrou verdien hierdie prys - sterkte Hesbie, ek stem ook vir jou.
7de Mei. 2010, 12:02Andre en Marita het gesê:
Wonderlike mens..sagmoedige mens Hesbie ons het jou baie lief
7de Mei. 2010, 12:01Johannes vd Watt het gesê:
Ons stem vir Hesbie Landman
7de Mei. 2010, 12:01Rita het gesê:
Voorspoed Hesbie - jy het my stem.
7de Mei. 2010, 12:00Katrien het gesê:
Hesbie ek sien nou eers dis jy.....jou ou doring..sterkte jy is vir ons almal n voorbeeld
7de Mei. 2010, 11:59Marenda het gesê:
Baie sterkte ou Hesbie - jy is 'n vrou met integriteit en verdien dit om te wen
7de Mei. 2010, 11:59Cornelia het gesê:
Ek stem vir Hesbie Landman - ons hou styf duimvas
7de Mei. 2010, 11:58Hennie het gesê:
Hes jou ou doring ons hou styf duim vas
7de Mei. 2010, 11:58Linda het gesê:
Jy het ons stem Hesbie
7de Mei. 2010, 11:57Nomisa het gesê:
Hoop tannie wen - sterkte!
7de Mei. 2010, 11:57Kobus het gesê:
Hesbie alle sterkte
7de Mei. 2010, 11:57Kobus het gesê:
Moeder hoop jy geniet jou dag Sondag...jou skoonseun Kobus
7de Mei. 2010, 11:55Willa het gesê:
Hesbie ons ken jou jare....jou sprankel steek ander aan
7de Mei. 2010, 11:54Lucinda het gesê:
Jy is n wenner moeder
7de Mei. 2010, 11:53Hilda het gesê:
Sterkte Tannie
7de Mei. 2010, 11:52Corne het gesê:
Jy het my stem ook Hesbie.
6de Mei. 2010, 16:01Sheryl het gesê:
Hesbie, ons stem ook vir jou.
6de Mei. 2010, 16:00Carla het gesê:
Ek stem ook vir jou Hesbie - jy verdien om te wen.
6de Mei. 2010, 15:58Mercia het gesê:
Merkwaardige vrou - jy het my stem Hesbie. Geniet die prys.
6de Mei. 2010, 15:55Johanna het gesê:
Ek stem ook vir jou. Johanna
6de Mei. 2010, 14:33Liefie het gesê:
BAIE STERKTE HESBIE - ONS HOOP JY WEN. JY HET ONS STEM.
6de Mei. 2010, 14:31Marcia het gesê:
Good luck and we wish you the best. Sterling Family
6de Mei. 2010, 14:30Ronald het gesê:
Hesbie - jy verdien om dit te wen. Baie sterkte
6de Mei. 2010, 14:28Dewie het gesê:
Ek stem vir ouma - Dewie
6de Mei. 2010, 14:28Lorinda het gesê:
Ek stem ook vir tannie - hoop tannie wen.
6de Mei. 2010, 14:27Alida het gesê:
Ek stem vir Hesbie - hoop jy wen. Alida
6de Mei. 2010, 14:25Gerhard het gesê:
Ou Hesbie - jy het ons stem ook. Die Viljoens
6de Mei. 2010, 14:24Patricia het gesê:
Ons stem vir jou Hesbie - baie sterkte
6de Mei. 2010, 08:25James het gesê:
Baie sterkte met die kompetisie
6de Mei. 2010, 08:24Hendrik het gesê:
Sterkte Ouma - ouma het my stem ook. Gerik
5de Mei. 2010, 17:13Maryna het gesê:
Hoop jy wen Hesbie. Jy het my stem
5de Mei. 2010, 17:12Tanja het gesê:
Vriendin, hoop jy wen hierdie lekker prys.
5de Mei. 2010, 17:10Renske het gesê:
Tannie verdien om hierdie Moedersdagkompetisie te wen
5de Mei. 2010, 17:09Elbie het gesê:
Hoop tannie wen. Daar wag n groot prys
5de Mei. 2010, 17:07Alicia het gesê:
Tannie verdien dit om te wen - tannie het my stem.
5de Mei. 2010, 17:06Mia het gesê:
Daar is nie nog so 'n ma op aarde nie! Sterke
5de Mei. 2010, 17:05James het gesê:
Tannie het my stem ook - James du Toit
5de Mei. 2010, 17:03Samure het gesê:
Baie sterkte tannie - tannie verdien dit om te wen
5de Mei. 2010, 17:02Stefan het gesê:
Ek hoop tannie wen - sterkte
5de Mei. 2010, 17:01Divan het gesê:
Ons hoop jy wen Hesbie. Jy het my stem.
5de Mei. 2010, 17:00Bridgitte het gesê:
Sterkte Hesbie - ons hou duimvas vir jou. Bridgitte
5de Mei. 2010, 16:59Charmaine het gesê:
Voorspoed Mev Landman - jy het ons stem.
5de Mei. 2010, 16:58Jeanette Daniels het gesê:
Good luck Hesbie. The Daniels Family
5de Mei. 2010, 16:57Mari-Louise het gesê:
'n Waardige wenner sal Hesbie wees. Geniet die Moedersdagbederf.
5de Mei. 2010, 11:33Suzanne het gesê:
Ons stem vir jou Hesbie. Baie sterkte!
5de Mei. 2010, 11:27Hendri het gesê:
Hoop julle wen - baie sterkte. Jy het my stem.
5de Mei. 2010, 11:25Johan het gesê:
Baie sterkte Hesbie - jy het ons stem.
5de Mei. 2010, 11:25Deidre het gesê:
'n Pragtige vrou met mooi waardes. Sterkte
5de Mei. 2010, 11:24Carina het gesê:
Jy het my stem ook Hesbie. Hoop julle wen.
5de Mei. 2010, 11:21Bart het gesê:
Sterkte Hesbie - ek stem vir jou.
5de Mei. 2010, 11:19Annabel het gesê:
Jy het my stem Hesbie - sterkte!
5de Mei. 2010, 11:19Teresa het gesê:
Sterkte Ouma!
4de Mei. 2010, 18:08Natasja het gesê:
Baie sterkte Ma - Ma verdien dit om te wen. Baie liefde. Natasja
4de Mei. 2010, 18:06Marleina het gesê:
Tannie Hesbie het verseker my stem. Marleina
4de Mei. 2010, 18:05Gabi het gesê:
Tannie Hesbie - ons hoop tannie wen. Baie liefde
4de Mei. 2010, 18:05Gerhardt het gesê:
You have my vote - Gerhardt
4de Mei. 2010, 18:01Monique het gesê:
Tannie Hesbie - ek stem 100% vir tannie.
4de Mei. 2010, 18:01Hein het gesê:
Hesbie, jy het verseker my stem. Baie sterkte.
4de Mei. 2010, 18:00Marlene het gesê:
Jy het my stem Hesbie - baie sterkte!
4de Mei. 2010, 17:59Ann het gesê:
Tannie Hesbie is 'n baie goeie ma vir haar kinders. Baie sterkte tannie en geniet die Moedersdagbederf
4de Mei. 2010, 10:26Alicia het gesê:
Baie sterkte Hesbie - jy is alreeds 'n wenner deur jou optrede en menswees. Baie liefde Alicia.
4de Mei. 2010, 10:24Ansie het gesê:
Hesbie is die tipe vrou oor wie jy nostalgies raak - baie mooi vrou van binne en buite. Sy is 'n saggeaarde vrou wat leiding kan neem, kos kan maak, lekker kan gesels en sy is 'n baie goeie ma vir haar 2 dogters. Baie sterkte Hesbie. Dit is 'n voorreg om jou te ken.
4de Mei. 2010, 10:23CATHRINE het gesê:
MEDALS FOR MOTHERS.
3de Mei. 2010, 13:52Dina het gesê:
Hesbie jy is vir ons almal n voorbeeld....jou vriendin....Dina
30ste Apr. 2010, 13:27Bokkie het gesê:
Ou Hes...jy verdien elke krieseltjie bederf. Groete uit die Kalahari ps kom kuier gou weer
30ste Apr. 2010, 13:25Odette het gesê:
Ek ken Hesbie al vir baie jare - wat 'n vrou! Die liefde vir haar kinders en medemens is aansteeklik. Baie sterkte met die kompetisie.
30ste Apr. 2010, 13:25Braam het gesê:
Hesbie is 'n ma waarop haar kinders trots is. Sy is 'n voorbeeld vir ons almal. Sterkte Hesbie - ons hou duim vas vir jou.
30ste Apr. 2010, 13:23Zanchia het gesê:
She is a beautiful lady. Good luck
30ste Apr. 2010, 13:22Carina het gesê:
Sy is 'n mooi mens van binne en buite. Baie sterkte met die kompetisie Hesbie.
30ste Apr. 2010, 13:20Riaan het gesê:
Hesbie is 'n mens wat liefde uitleef. Gelukkige moedersdag
30ste Apr. 2010, 13:16Nicolette het gesê:
Pragtige mens van binne en buite - haar Christenskap straal behoorlik uit haar. Sterkte Hesbie, jy verdien dit om te wen.
29ste Apr. 2010, 10:55Koert het gesê:
Without a doubt is Hesbie an mother and grondmother to be proud of. We wish you all the best.
29ste Apr. 2010, 10:44Kate het gesê:
She is a lady, a very good mother and an oustanding grandmother. What more can you ask for in one persone? Hesbie, you are a true winner! Good luck
29ste Apr. 2010, 10:43Kerry het gesê:
'n Pragtige mens met baie mooi eienskappe - 'n wenner in eie reg. Sterkte met die kompetisie Hesbie.
29ste Apr. 2010, 10:41Maryka du Plessis het gesê:
Hierdie mens ken ek al jare...haar sagtheid en waardering van veral musiek maak haar n mens so na my hart
29ste Apr. 2010, 10:30Elna het gesê:
Hesbie jou sagte persoonlikheid en jou mooi waardes maak dat mense opkyk na jou...alle sterkte....ons is baie lief vir jou
29ste Apr. 2010, 10:28Werner het gesê:
Hesbie...as daar iemand is wat hierdie prys verdien is dit jy!!
29ste Apr. 2010, 10:26Bennie het gesê:
Sterkte Hesbie - jy is al klaar 'n wenner!
29ste Apr. 2010, 10:23Brele het gesê:
Tannie Hesbie is 'n pragtige mens van binne en buite. Hoop tannie wen. Baie sterkte met die kompetisie. Tannie is 'n ma duisend!
29ste Apr. 2010, 10:23Bonita het gesê:
Sy is 'n pragtige mens met 'n pragtige persoonlikheid. Sterke Hesbie, ons hou vir jou duimvas.
29ste Apr. 2010, 10:18Lynette het gesê:
Hesbie is 'n ster van 'n mens en enige geluk wat na haar kant toe kom, verdien sy dubbeld en dwars. Baie sterkte.
29ste Apr. 2010, 10:17Liezel het gesê:
Jy verdien om te wen - baie sterkte!
28ste Apr. 2010, 10:56Hennie het gesê:
Hesbie, I've known you for many years. You are a stylish, well mannered woman with losts of good qualities to be admired for. You are the best.
25ste Apr. 2010, 22:20Nic het gesê:
Hesbie, jy is 'n dierbare, sagte, vriendelike mens met 'n hart van goud. As daar nou een mens is wat dit verdien om vereer te word deur haar kinders vir "die beste ma in die wereld", dan is dit juis jy. Jy doen alles vir jou kinders met soveel liefde en omgee. Hierdie is 'n manier waarop hulle vir jou wil dankie se daarvoor. Ek weet hulle waardeer dit opreg.
25ste Apr. 2010, 22:18Sheree het gesê:
Tannie Hesbie, ek het nog altyd net groot bewondering vir tannie gehad. Dit sal vir my so lekker wees as tannie hierdie Moedersdag so bietjie ekstra bederf kan word. Baie liefde - tannie verdien dit.
25ste Apr. 2010, 22:16Lucy het gesê:
Hesbie is 'n baie besondere mens en verdien baie liefde en respek. Sterkte en geniet jou Moedersdag.
25ste Apr. 2010, 22:14Sarette het gesê:
Mrs Landman, you are a very gifted person. You received the give to love other people no matter what the circumstances. You deserve to win. Good luck.
23ste Apr. 2010, 11:57CONRAD EN DEWALD DE VOS het gesê:
EK EN MY BROER -CONRAD EN DEWALD IS DIE TROTSE KLEINKINDERS VAN OUMA HEFFIE. ONS IS TROTS OP MY OUMA, DIE EEN IN DIE WIT KLERE OP DIE FOTO. OUMA EK IS SO TROTS OP JOU, EK SIEN KANS OM OUMA SAAM MET MY MATRIEK AFSKEID TOE NEEM. ONS HET N "COOL" OUMA NIE N "OU OUMA NIE. SY IS ALTYD DAAR VIR ONS KLEINKINDERS. LIEF VIR OUMA
23ste Apr. 2010, 09:22Pierre het gesê:
Hesbie is 'n pragtige mens van binne en buite. Geniet jou Moedersdag.
23ste Apr. 2010, 07:57Karina het gesê:
Hesbie is 'n merkwaardige vrou met vele talente. Sy dra haar deel by tot die gemeenskap en in haar kerk. Ons is lief vir jou Hesbie en ons sal saam met jou bly wees as jy wen. Gelukkige Moedersdag.
23ste Apr. 2010, 07:51Nita het gesê:
Sy is 'n goeie mens en verdien hierdie prys. Sterkte Hesbie
23ste Apr. 2010, 07:50Petri het gesê:
Hesbie is voorwaar 'n ma om op trots te wees en ek weet haar kinders is baie lief vir haar. Vir hulle en haar vriende is sy 'n voorbeeld in alle opsigte. Baie sterkte Hesbie - ons hou styf duimvas vir jou.
23ste Apr. 2010, 07:49Nadine het gesê:
Pragtige vrou met pragtige dogters - baie trots op julle en baie bly dat ek ook 'n bydrae kan lewer. Sterkte
23ste Apr. 2010, 07:47Samantha het gesê:
Wat meer as al die bogenoemde opmerkings en komplimente kan n mens vir iemand so spesiaal gee. Ons is baie lief vir jou Hesbie - jy verdien dit om te wen.
22ste Apr. 2010, 20:28Lorna het gesê:
Hesbie, jy verdien dit om te wen. Sterkte - ons dink aan jou
22ste Apr. 2010, 20:25Bertha het gesê:
'n Dierbare, saggeaarde liewe Moeder is Hesbie Landman - haar kinders kan (en ek is seker hulle is!) trots wees op haar. Baie sterkte
22ste Apr. 2010, 13:19Louise het gesê:
Tannie Hesbie is 'n ster! Geniet tannie se Moedersdag. X
22ste Apr. 2010, 12:53Mike het gesê:
Hesbie Landman is a fantastic woman and we love her from the bottom of our hearts.
22ste Apr. 2010, 12:08Zandre het gesê:
Tannie Hesbie is 'n groot ondesteuner van ons al vir baie jare en ek kan met groot vrymoedigheid se dat sy 'n waardige wenner sal wees van hierdie kompetisie. Sy is 'n vrou met integriteit en haar hart straal Jesusliefde daagliks uit. Baie sterkte tannie - hoop tannie wen. Ons hou duimvas. X
22ste Apr. 2010, 11:59Eloise het gesê:
We love you Hesbie and you deserve the best mother in the world award. Good luck.
22ste Apr. 2010, 11:48Maria het gesê:
Sterkte Hesbie, jy verdien die bederf van die Elzabeth Arden geskenkpak. Jy is 'n pragtige mens en ons is lief vir jou.
22ste Apr. 2010, 11:46Michelle het gesê:
Hesbie is a friend in need and a friend indeed. She is a wonderful person and her heart goes out to the people in need. As a friend, I can always count on her and her heart and home is always open for us. Thank you for a being a dear friend to me for many years.
22ste Apr. 2010, 09:38Maritjie het gesê:
Hierdie is 'n merkwaardige vrou en verdien elke kompliment wat na haar kant toe kom. Jy is 'n pragtige mens Hesbie.
22ste Apr. 2010, 09:34John het gesê:
Hesbie, you are a fine woman with many qualities dat others admire. I am glad you are in the run for this competition - you deserve it. Good luck.
22ste Apr. 2010, 08:39Jacques het gesê:
Tannie Hesbie, ek het nou al 'n paar keer met jou besigheid gedoen en uit dit wat ek kan aflei, is jy 'n waardige vrou met vaste beginsels. Maaar, ook baie modern, want watter ouma van 66jr ry met 'n Orange Crosspolo?! En dit pas perfek by jou - jy is sprankelend, opgewek en is nie bang vir 'n uitdaging nie. Dit is 'n voorreg om jou te ken en met jou besigheid te doen.
22ste Apr. 2010, 08:38Betsie Jordaan het gesê:
Hesbie, jou leefwyse is voowaar 'n voorbeeld vir ons. Jy is 'n pragtige mens en dit straal van binne na buite. Pas jouself op en geniet jou Moedersdag saam met jou kinders
22ste Apr. 2010, 08:36Dirk het gesê:
Ma Hesbie is die beste ma en skoonma in die hele wereld. Vol liefde en hope geduld. Sy is vir ons 'n toonbeeld van oudword met grasie. Baie lief vir Ma.
22ste Apr. 2010, 08:34Jacobus Oosthuizen het gesê:
Hesbie, jy is 'n skoonsus duisend!
22ste Apr. 2010, 08:26Kate het gesê:
Hesbie, ek ken jou al baie jare en jy is voowaar 'n prysenswaardige vrou. Ek weet hoe lief jy vir jou 2 dogters is en dat hulle jou net so lief het. Bederf mekaar en waardeer mekaar en geniet jou Moedersdag.
22ste Apr. 2010, 07:44Herbie het gesê:
Hesbie is sonder twyfel die heel beste ma in die wereld!
21ste Apr. 2010, 23:21Janie het gesê:
Ek het soos n kind in Tannie Hesbie se huis grootgeword, sy was vriendelik, maar kon lekker kwaai geraak het as ons nie ons huiswwerk wou doen.Maar ek het by haar geleer om my deeltjie na die beste van my vermoe te doen. Daar is net n reg of verkeerd as dit by skoolwerk gekom het. Vandag is ek n suksesvolle sakevrou en dit is deels te danke aan haar ferm hand oor my destys. Dankie daarvoor tannie!!
21ste Apr. 2010, 23:16Kobus Oosthuizen het gesê:
Ek is Ma Hesbie se skoonseun en sonder om haar te laat dink ek wil by haar gesig koop, moet ek aansluit by die res van die inskrywings. Ek wil ook byvoeg dat ma vir my n besondere mens is; altyd stylvol, goedversorg,lewenslustig,wys,waardig, regverdig, vredeliewend, onbaatsugtig en vol liefde vir haar 2 dogters. Sy is verseker die beste (skoon)ma op aarde. Baie liefde Ma.
21ste Apr. 2010, 23:11Elsa het gesê:
Vir n beter mens gaan jy ver soek. Hesbie is n sagte, vriendelike vrou wat altyd die belange en behoeftes van ander bo haar eie stel. Sy leef haar Christenskap voluit uit deur haar betrokkenheid in haar kerk. Sy verdien hierdie bietjie bederf. Sterkte ou maat, ek hoop jy wen.
21ste Apr. 2010, 23:05Hannatjie het gesê:
Hesbie is my vriendin en mede-rolbalspeler. Ek moet erken sy is die beste vrouespeler in ons klub. Sy is altyd eerlik, regverdig en verloor met waardigheid as dit die keer gebeur. Sy is n fantastiese mens en ons is lief vir haar.
21ste Apr. 2010, 22:55Hannelie het gesê:
Hierdie vrou is 'n voorbeeld vir ons almal en 'n toonbeeld van grasie en styl. Baie dankie vir jou vriendskap
21ste Apr. 2010, 14:28Etienne het gesê:
Auntie Hesbie is a worthy candidate and deserves the title: BEST MOM IN THE WORLD.
21ste Apr. 2010, 14:09Elaine het gesê:
Hesbie is 'n vriendin duisend! Baie lief vir jou en ons hoop jy wen. XX
21ste Apr. 2010, 14:07Doug het gesê:
Hesbie, jy is 'n pragtige mens en ons is baie lief vir jou.
21ste Apr. 2010, 13:16Conrad het gesê:
Ouma Hesbie, jy is die beste ouma in die wereld!!! Hoop ouma wen. Baie lief vir ouma.
21ste Apr. 2010, 12:46Annette het gesê:
Tannie Hesbie, ons is so trots op jou en om met jou geassosieer te word. Jy verdien elke goeie woord wat daar oor jou geskryf word. Baie sterkte en baie liefde.
21ste Apr. 2010, 10:50Herman het gesê:
Hesbie, baie sterkte met die kompetisie. Jy verdien dit. Jy het pragtige kinders en kleinkinders wat vir jou baie lief is.
21ste Apr. 2010, 10:10Francois het gesê:
Hesbie, jou betrokkenheid by jou gemeenskap en kerk spreek opsigself van jou onbaatsugtigheid en meelewendheid. Sterkte en geniet jou Moedersdag.
21ste Apr. 2010, 10:08dabrie het gesê:
Hesbie, ons weet dat jy 'n waardige wenner sal wees. Baie liefde en sterkte
21ste Apr. 2010, 10:06Awie het gesê:
Hesbie jy verdien elke greintjie van hierdie geluk....geniet jou moedersdag
21ste Apr. 2010, 09:53Dirk het gesê:
Ek is 'n persoonlike vriend van Hesbie Landman en sy is voorwaard die beste. Ons is baie lief vir haar en nerens op hierdie aarde sal jy 'n beter ma, ouma en vriendin kry nie. Baie liefde.
21ste Apr. 2010, 09:46Morne het gesê:
Hesbie, jy is 'n ongelooflike stylvolle mens. Jy kan altyd deur 'n ring getrek word en jou optrede is prysenswaardig. Baie sterkte
21ste Apr. 2010, 09:22Liezel het gesê:
Tannie Hesbie, ek is so bly dat Natasja jou ingeskryf het vir hierdie kompetisie. Ek weet hoe mal jy oor Red Door van Elizabeth Arden is. Ek hoop y wen. Baie liefde
21ste Apr. 2010, 09:19Christo het gesê:
Mev Landman, of Hesbie soos julle haar ken, was vir baie jare een van die mees gerespekteerde vrouens in Humansdorp. As rekenmeester van ABSA het sy deur haar optrede en haar hulpvaardigheid van baie kliente, vriende gemaak. Mevrou Landman, jy verdien dit om te wen. Baie sterkte.
21ste Apr. 2010, 09:01Dana het gesê:
Hesbie, jy is 'n ster en verdien elke goeie woord wat van jou gese word. Jy is 'n fantasiese vriendin en ma. Jou kinders is bevoorreg om n ma soos jy te kan he. Gelukkig weet ek hulle is baie lief vir jou en waardeer alles wat jy vir hulle doen. Baie sterkte ou mater. Jy verdien dit om te wen.
21ste Apr. 2010, 08:55Gerik het gesê:
Ouma Hesbie is die heel beste ouma in die wereld!! Ouma moet asseblief wen!
21ste Apr. 2010, 08:48Carlene het gesê:
Ek ken tannie Hesbie al vir baie jare - sy is 'n fantastiese mens en verdien dit om te wen. Ek het die wereld se respek vir haar en sy is vir my soos 'n 2e ma. Sterkte!
21ste Apr. 2010, 08:44Amanda het gesê:
Tannie Hesbie, jy is vir ons 'n inspirasie as vrou en moeder. Geniet jou moedersdag!!
20ste Apr. 2010, 16:21Jannie van Staden het gesê:
Tannie Hesbie jy was nog al die jare n inpirasie vir ons almal,jy is n wonderlike mens en n ware moeder...sterkte en geniet jou moedersdag
20ste Apr. 2010, 15:17Anton het gesê:
Tannie Hesbie, jy verdien om hierdie kompetisie te wen. Jy is die beste ma wat enige kind voor kan wens. Baie sterke
20ste Apr. 2010, 15:11Belinda het gesê:
Hesbie, jy is 'n ster wat helder skyn en almal met wie jy in aanraking kom se lewens verlig. Sterkte en dankie vir jou vriendskap
20ste Apr. 2010, 15:01Marina het gesê:
Hesbie, jy is 'n onbaatsugtige, vredeliewende en wonderlike vriendin. Ek is so dankbaar om jou as vriendin te kan he. Bly altyd so 'n mooi mens en dankie vir jou voorbeeld as wonderlike ouma, ma en vriendin. Baie liefde Marina
20ste Apr. 2010, 14:59Yolanda het gesê:
Hesbie Landman is 'n wenner in eie reg. Al wen sy nie hierdie kompetisie is sy alreeds 'n wenner in eie reg. Sy is 'n Christen en leef haar Christenskap elke dag uit. Haar leefwyse is vir al haar vriende en vriendinne 'n voorbeeld en inspirasie. Hesbie, jy verdien dit om te wen.
20ste Apr. 2010, 14:58LUCINDA DE VOS het gesê:
Ja, ek is die ander dogter wat deur Natasja verwys word as die 8jarige een. My ma is die beste ma in die wereld, of sy nou n stiefma is of nie, as mense ons saam met haar sien dan se hulle "die gelaatstrekke kom nogal sterk deur ook" sy is defnitief die beste stiefma wat die Here nog ooit geskape het. Sy is n voorbeeld duisend in alle opsigte- skoonheid, mode, eerlikheid, regverdigheid en bo alles haar GELOOF.Ek is trots op my ma en gun haar net die beste. MAMMA EK IS BAIE LIEF VIR JOU, AL WYS EK DIT NIE ALTYD NIE, JY KEN MY........
20ste Apr. 2010, 13:07Karin Pienaar het gesê:
OUma Hesbie beteken die wereld vir Natasja en haar gesin. Ouma Hesbie verdien elke goeie woordjie en daad - sy is die versinnebeelding van die woord "MAMMA".
20ste Apr. 2010, 11:24Teresa het gesê:
Ouma Hesibie is my ouma en ek is mal oor haar. Ek dink sy is die "coolste" ouma wat daar is. Haar leefwyse is vir ons 'n voorbeeld en haar Christenskap straal uit haar en beinvloed elke aspek van haar lewe. Sy verdien om die beste ouma en ma ter wereld te wees.
20ste Apr. 2010, 09:32