exterior_front
Wen

Wen kaartjies na Stuur GROETE aan Mannetjies Roux én verblyf!

Stuur groete aan Mannetjies Roux 

Twee gelukkige paartjies kan elk ‘n nag se verblyf en ontbyt by die Dutch Manor Antique Hotel wen, asook twee kaartjies (per paartjie) na Stuur GROETE aan Mannetjies Roux.

Die verblyf en konsertkaartjies is vir Dinsdsag 28 Junie 2011 by die ArtsCape in Kaapstad. Die waarde van die kamer is R1 200 per nag. Die waarde van die kaartjies is R270 per persoon. 

Die wenners kry ook ‘n program en Mannetjies Roux CD.

Die vier-ster Dutch Manor Antique Hotel is tussen Tafelberg en die V& A Waterfront geleë. Die gebou dateer terug na 1812, en is noukeurig gerestoureer en al die dekor dra by tot die hotel se unieke styl en karakter.

Dit is SA se enigste geregistreerde Antieke hotel, tog is die en-suite badkamers gemoderniseer vir jou gemak.

Elke kamer het ook ‘n 26 duim plasma-skerm TV.

Vir meer inligting oor Dutch Manor Antique Hotel besoek: www.dutchmanor.co.za

Dutch Manor Antique Hotel Dutch Manor Antique Hotel

Die wedstryd sluit 26 Junie 2011

  • Petro Doman

    Ai dis nou jammer die vertoning is in Kaapstad. Is daar vertoning/s in Gauteng en wat van kompetisie vir Gauteng?

  • Henrihet Brits

    Geen kommentaar… sien uit na die prys!! x

  • Theresa

    O my man is mal oor rugby en Laurika ons sal dit vreeslik geniet!

  • Cynthia Lategan

    Wow – "Stuur GROETE aan Mannetjies Roux" – dit sal nou ‘n lekker verrassing vir my man wees en wat ‘n heerlike ervaring om in Dutch Manor te gaan slaap. yippie, kan nie wag nie!!!! ek het nog nie iets gewen nie so dit sal voorwaar voortreflik wees. Lekker ek raak sommer opgewonde.

  • Sandra Marais

    Ek is AfriMal!! Kan nie wag om die vertoning te sien nie, maar gratis kaartjies sal absoluut die hoogte punt wees! Laurika en haar man is so talentvol en ons is so honger vir Afrikaanse "Musicals". Baie dankie aan hulle (en julle) :)

  • Evadne Hendrikse

    Soej ons kan darem trots Afrikaans wees. Dit is wonderlik om te weet ons taal sal nooit uitsterf. Ai sal dit nie wonderlik wees as ek hierdie prys wen nie, ek werk in die Stad en met hierdie koue weer sal dit beteken ek kan n bietjie later slaap voordat ek werk toe kom met n wereldklas se ondervinding.