Wen

Ken SA mode-ontwerpers en wen R500 se modes!

Ons modespan deel gereeld hul opwindende ervarings in die modewêreld met julle. Nou is dit tyd om te kyk hoe goed julle ons plaaslike ontwerpers ken. Vir jou modekennis kan jy ’n R500-koopbewys by koop.sarie.com wen!

NEEM SO DEEL:

Beantwoord die vlg vraag in die inskryfvorm hieronder:

Wat was die inspirasie agter Jacques van der Watt van Black Coffee se reeks by SA Modeweek 2012?

Só kry jy die antwoord:

1. Kyk die video waarin SARIE Modedirekteur, Chris Viljoen, ’n onderhoud met díe ontwerper Jacques van der Watt van Black Coffee by SA Modeweek voer vir die antwoord.

2. Beantwoord die vraag in die inskryfvorm.

Sluitingsdatum:
Woensdag 21 November om 00:00.

Onthou ook om SARIE.com Winkel op Facebook te ‘like’ en volg ons op Twitter @sariewinkel vir opwindende mode-nuus en inspirasie!

Let wel: Prys is nie omruilbaar vir kontant nie.