Wen

WEN R95 000 se pryse met Mooirivier-fliek

Nou kan jy ook groot pryse ter waarde van R95 000 wen met die nuwe Afrikaanse fliek Mooirivier!

MOOIRIVIER DIE FLIEK
Dié romantiese prent gaan oor vyf paartjies – van 12 tot 40 jaar oud – en hoe liefde hul vyf unieke stories ineenvleg. Met sterre soos Tim Theron, Anél Alexander, Heinz Winckler en Leandie du Randt is dit ’n móét-kyk!

Danie Putter (Ian) en Leandie du Randt (Janine) in 'n toneel. FOTO: Verskaf

Danie Putter (Ian) en Leandie du Randt (Janine) in ‘n toneel. FOTO: Verskaf

MODITLO RIVER LODGE
Aan die oewer van die Nbesi-rivier lê die Moditlo Private Game Reserve. Die Bosveld-reservaat se naam beteken plek van die olifant, en in die meer as 14 000 ha ongerepte natuur kan besoekers hulle verlustig in dié wêreld se verskeidenheid plante en diere. Die Moditlo River Lodge is in die hart van die Blue Canyon-bewaargebied, naby die Krugerwildtuin. Die Lodge bied luukse-verblyf met al die moderne geriewe en gereelde wildkyk-ritte.

So lyk dit wanneer Moditlo River Lodge sy gaste met skeemerdrankies inwag. FOTO: Verskaf

So lyk dit wanneer Moditlo River Lodge sy gaste met skeemerdrankies inwag. FOTO: Verskaf

Sê vir ons, in 140 karakters, wat liefde vir jou is of wat liefde vir jou is of wat dit vir jou beteken.

HOE SKRYF EK IN?
Om in te skryf, besoek SARIE.com>bekendes>mooirivier en vul die aanlyn-inskrywingsvorm in met die kode LIEFDEWEN, of SMS die kode LIEFDEWEN, gevolg deur jou antwoord van 140 karakters, jou naam, van, ID-nommer, telefoonnommer, e-pos- en posadres na 32609. (’n Tarief van R1,50 per SMS geld.)

1STE PRYS:

2DE PRYS:

3DE PRYS:

PLUS EEN PRYS VIR DIE MOOISTE AFRIKAANSE INSKRYWING:

5 nagte (van Sondag tot Donderdag) vir 4 by ’n ATKV-oord van jul keuse (waarde wissel van R3 500 tot R8 000, want dit word bepaal deur die tariewe van die betrokke oord).

*Pryse wat met ’n sterretjie* gemerk is, het elk ’n waarde van minstens R500. Alle pryse afgelewer deur ARAMEX. Vervoer na en van Moditlo River Lodge en die ATKV-oord is nie by die prys ingesluit nie.

SLUITINGSDATUM: 31 Desember 2014
Die wenner sal teen 15 Januarie 2015 in kennis gestel word en daarna ’n brief ter bevestiging ontvang.

SARIE is die mediavennoot van Mooirivier. Die rolprent word op 6 Februarie 2015 landwyd uitgereik.

Kyk na die lokprent hier!

Vertel vir ons wat jy van die liefde dink en WEN

  • Sê vir ons, in 140 karakters, wat liefde vir jou is of wat liefde vir jou is of wat dit vir jou beteken.