Wen

Ons soek die Mees Dinamiese Vrou in SA!

Hulle is oral om ons. Vroue wat onvermoeid werk om die lewe van kinders in hul gemeenskap makliker te maak. As jy so ’n vrou ken wat arm of siek of benadeelde kinders omarm, vertel ons van haar.

[box:full:red:both]

BENOEM HAAR SÓ

Klik deur vir die benoemingsvorm, vertel ons wie sy is en wat sy alles vir haar gemeenskap doen voor of op 30 September 2011. Sy moet ’n SA burger wees en toestemming gee vir die benoeming. Verduidelik ook in jou benoeming hoe sy die prysgeld van R150 000 sal gebruik om die kinders met wie sy werk ’n beter lewe te gee.

* KYK DEUR AL DIE BENOEMINGS VAN 2011

* WEDSTRYDREËLS!

[/box]

Clarins Eau Dynamisante

[box:full:grey:both]

2010-WENNER BLY WOEKER

[/box]

Grace Ngcongo het ’n bedrywige jaar agter die rug nadat sy as CLARINS/SARIE & FAIRLADY se 2010-wenner aangewys is. Danksy die publisiteit in SARIE het ’n groot maatskappy met Grace, ‘n gemeenskapswerker wat sedert 2003 ’n crèche en voorskool-sentrum in Amanzimtoti vanuit twee vragskiphouers bedryf, in aanraking gekom en groente-tonnels vir haar projek geborg. Vyf tonnels is opgerig met plantjies, ’n 5 000 liter-watertenk en tuingereedskap. Die groente word nou aan die plaaslike gemeenskap verkoop en dié inkomste word gebruik om nog groente aan te plant.

’n Groot uitdaging vir die wenners van die Mees Dinamiese Vrou-wedstryd is om die eienaar te word van die perseel waar hulle die projek bedryf. Grace kon uiteindelik met die hulp van haar vriendin en mentor Bev Letard by die regte kontakpersoon in die Amanzimtoti-munisipaliteit uitkom om te reël dat titelaktes of ’n langtermyn-huurkontrak opgestel word. Die departement van behuising het nou vir Grace ’n mondelinge onderneming gegee dat sy ’n langtermyn-huurkontrak vir die grond kan kry, wat beteken sy kan meer permanente strukture oprig. Sy sien tans om na meer as 100 kinders by die crèche.

En wat is volgende op Grace se lys? ’n Bakkery, waar mense ook opgelei sal word.  As jy Grace graag wil ondersteun om haar werk vol te hou, kontak 072 404 1633.

Volg SARIE op Twitter en Facebook