Wen

SA Kaasfees wil jou bederf

Die SA Kaasfees vier van Vrydag 29 April tot Maandag 2 Mei 2011 10 jaar van watertand-kase en nooi SARIE-lesers om te deel in die pret. Verwag ‘n fees met meer proeervarings as ooit tevore. Die opwindende nuwe tuiste van die Kaasfees, Sandringham, is gerieflik geleë halfpad tussen Kaapstad en die Paarl, langs die N1 en naby Stellenbosch.

Jy kan wen deur die antwoord op die volgende vraag te gee: Hoe oud is die SA Kaasfees vanjaar?

SMS EN NEEM DEEL
SMS die sleutelwoord KAASFEES en dan die antwoord (geen leestekens) gevolg deur jou naam, van, telefoonnommer, e-pos- en posadres na die nommer 45510. (’n Tarief van R1,50 per SMS geld.)
SLUITINGSDATUM
10 April 2011
Die wenner sal teen 13 April 2011 telefonies in kennis gestel word en daarna ’n brief ter bevestiging ontvang.

SA Kaasfees – dít moet jy weet

  • ’n Beperkte aantal kaartjies is beskikbaar by Computicket en Checkers-winkels (geen kaartjies by die hekke) teen R110 vir die naweek en R90 vir Vrydag en Maandag.
  • Seniors betaal R70 en kinders 12 jaar en jonger kry gratis toegang.
  • Feesure: daagliks 10:00 – 18:00 en tot 17:00 op die laaste dag.
  • Vir meer inligting, skakel 021 975 4440, stuur e-pos na cheese@agriexpo.co.za of besoek www.cheesefestival.co.za

Prys

3 nagte se verblyf (bed en ontbyt) vir 2 in ‘n luukse suite van die vierster Zevenwacht Country Inn. Daarmee saam ‘n koninklike spa-bederf by die Mangwanani African Day Spa

Gratis retoervlugte sal wenners van buite die Kaap hier besorg en Zevenwacht verskaf vervoer vanaf die lughawe en terug, sowel as vir die ander uitstappies in Stellenbosch.

By die Kaasfees wag ’n sensoriese ervaring soos min op die wenner: ’n lekkerny-mandjie, ’n vonkelwyn-middagete, toegang tot Nataniël se kaas-avontuur en meer.

Cape to Karoo Flyventures bederf die wenner met ’n uur lange vlug oor die wingerde en berge van die wynlande.

Luukse driegang- middag- en aandetes word aangebied deur (1) die Indochine Restaurant op die Delaire Graff-landgoed; (2) Simonsig se Cuvée Restaurant; (3) Terroir Restaurant op ’n SARIE-leser kan ’n naweek in die mooie Kaap losslaan – komplimente van die SA Kaasfees die Kleine Zalze-landgoed; en (4) Volkskombuis wat besoekers reeds sedert 1977 betower met
sy tradisionele Kaapse geregte. Die pryspakket, saamgestel deur Stellenbosch Toerisme, bied die wenner ’n uitgebreide
ervaring van Stellenbosch met ’n historiese staproete, ’n Groot 5-wynsafari deur Warwick Wyne, en meer.

Die prys is net geldig van Vrydag 29 April tot Maandag 2 Mei 2011