sk0904sheba05
Wen

Wen R9 943 se kookgerei in ons tamatiesmoor-wedstryd

Al wat jy moet doen
Stuur jou volledige resep vir die smoor en die metode (en vertel ons waarby jy dit voorsit – stywe, krummel- of poetoepap), sowel as jou adres en telefoonnommer, plus ’n foto van jouself (kop en skouers) aan:
SARIE KOS, Posbus 1802, Kaapstad 8000.
Of stuur ’n e-pos na sariekos@sarie.com, met jou foto aangeheg (300 dpi).

Deur aan die wedstryd deel te neem, stem jy in om van tyd tot tyd sekere promosie-korrespondensie van SARIE te ontvang.

Beoordelaars kyk só

  • Dit moet ’n tamatiebasis hê
  • Voorkoms en smaak
  • Jou persoonlike stempel
  • Die sous se kooktyd
  • Wenk – ‘n mikrogolfoond-sous sal bv. nie werk nie!

Pryse

1ste prys – 3 Le Creuset-kastrolle van 24, 28 en 29 cm wyd, ter waarde van R5 227
2de prys
– 2 Le Creuset-kastrolle van 24 en 29 cm wyd, ter waarde van R3 233
3de prys
– 1 Le Creuset-kastrol 24 cm wyd, ter waarde van R1 483

Sluitingsdatum 1 Mei 2009

Jou resep moet oorspronklik wees en nie voorheen gepubliseer nie.

Wedstrydreëls

  1. Die resepte sal deur SARIE KOS getoets word en ’n paneel beoordelaars sal die wenners aanwys.
  2. Die wenners sal telefonies teen 15 Mei 2009 in kennis gestel wordenhul resep en foto sal in die lente-uitgawe van SARIE KOS verskyn.
  3. Werknemers van Media24 en hul gesinne mag nie aan die wedstryd deelneem nie.
  4. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  5. Deur aan die wedstryd deel te neem, gee jy toestemming dat jou resep en foto in SARIE KOS en op die SARIE-webblad mag verskyn.