Wen

Valentyn-bederf: Jy kan R2 000 se klere wen!

Vir enige Valentynsuitstappie is daar ‘n spesiale uitrusting in SARIE se aanlynwinkel beskikbaar. Wat beplan julle vir jul spesiale dag of aandjie uit? Laat weet ons watter droom-uitrusting jy uit ons winkel sou wou dra vir die geleentheid en jy kan ‘n koopbewys ter waarde van R2 000 te wen!

HOE GEMAAK?

Blaai deur ons gratis aanlyn-modetydskrif en die SARIE-aanlynwinkel, en kies jou droom-Valentynsvoorkoms.

Lys die items uit die winkel in die vorm hieronder.

Sluitingsdatum: 7 Februarie 2013

Wedstrydreëls:

1. Die eerste korrekte inskrywings wat getrek word, wen die pryse. Die beoordelaars se beslissing is  finaal en geen gesprek of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

2. Die pryse is nie vir kontant omruilbaar nie. SARIE bied hierdie wedstryd namens die borg aan as ’n diens vir haar lesers. Die borg  voorsien en is verantwoordelik vir die pryse.

3. Wenner kies items ter waarde van R2 000 uit die SARIE.com-aanlynwinkel.

4. Die sluitingsdatum is 7 Februarie 2013.

5. Wenner sal per e-pos in kennis gestel word en word op sarie.com en Facebook aangekondig.

6. Standaard-voorwaardes en -bepalings is van toepassing. Items op uitverkoping is uitgesluit.

Valentynswen!

  • Antoinette

    Ek is werklik beindruk deur Sarie aanlynwinkel. Ek hou so baie van all die klere, skoene en juweliersware en dis baie moeilik om te kies want alles is so pragtig.

  • marlene myburgh

    Baie nice baie dankie dat julle dit vir ons so maklik maak om die mooiste klere te kies

  • Elmari

    Daar is so baie om van te kies, ek kan myself aantrek vir die volgende 10 Valentynsdae!

  • Ritza

    Dis die mees oorspronklikste kompetisie! Mal daaroor om uitrustings so bymekaar te sit! Dankie vir julle wonderlike aanlyn winkel – gaan definitief ‘n gereelde koper wees!

  • Jana Briers

    wow!!!!! ongelooflike heerlike wonderlike kompetisie! het dit so geniet, sal elke dag so uitrusting kan uitkies!

  • Petro

    Ek voel regtig soos "winkelpop". Het elke rok noukeurig met my skoene en ander bykomstighede vergelyk …. ai mens kan ook maar net droom, ne? Fantasties!

  • Carin

    Dit laat my nou terug dink toe ek kind was en papier pop se klere so kon kies.Baie lekker kometisie.

  • Nadine van Staden

    Dit was nou sommer lekker om ‘n droom uitrusting op te tower! My 7-jarige dogtertjie het te lekker saamge"koop"!

  • Natasha Bouma

    Het nou sopas vir die laaste uur vergeet dat ek eintlik op my bed sit met my skoot rekenaar. Dit was vir my so lekker om deur al die mode opsies te sif en die ideale uitrusting bemykaar te sit. Sou baie oulik gewees het as mens n item kan kies en dan dit aan n virtuele model kan aantrek. Dit kan nogal oulik werk om dan dadelik jou uitrusting ten volle te kan sien. Maar baie dankie aan Sarie vir julle oulike kompetisies. Ons volg julle bewegings graag!!