Wen

Wedstrydreëls: Teken in en wen ‘n oond

WEDSTRYDREËLS

SKRYF IN!

1. Die beoordelaars se beslissings is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

2. Wenners sal telefonies verwittig word en hul name sal in ’n later stadium op die webtuiste sarie.com verskyn. Die marinade-wenner se foto en resep sal in SARIE KOS van Desember 2011/Januarie 2012 verskyn.

3. Die pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant verruil word nie.

4. SARIE KOS bied hierdie wedstryde namens ELECTROLUX, LE CREUSET en MAXWELL & WILLIAMS aan as ’n diens vir haar lesers. ELECTROLUX, LE CREUSET en MAXWELL & WILLIAMS voorsien en is verantwoordelik vir die pryse. Media24 en ELECTROLUX, LE CREUSET en MAXWELL & WILLIAMS word gevrywaar teen alle eise en/of laste wat wenners kan hê weens skade/beserings vanweë hul deelname aan die wedstryde of benutting van die pryse.

5. Werknemers en hul gesinne van Media24 (SARIE se moedermaatskappy), ELECTROLUX, LE CREUSET en MAXWELL & WILLIAMS en hul reklamemaatskappye mag nie deelneem nie.

6. Die wenners van die ELECTROLUX-oonde is self vir die installasiekoste verantwoordelik.

SARIE KOS Okt/Nov 2011

  • Rafeeka Samsodien

    Hoop ek is die gelukkige wenner.

  • Leilani Mitchell

    Vingers en Tone gekruis!

  • Leilani Gallant

    Ek hoop ek is die gelukkige wenner!

  • Charne Leila

    Ek sterf vir die oond!

  • Henrietta Davidson

    Ek het n klein ou stofie waarin ek een vir een, my kos moet gaarmaak in. Dis baie ongerieflik.

  • Karen Pienaar

    Die pad na ‘n mans se hart is deur se maag en ek het die pad gebruik om die hart van my verloofde te wen. Ons trek volgende jaar in sy nuwe plek in en daar is ‘n groot behoefte vir n nuwe oond sodat ons huisie altyd vol warm borde kos en liefde sal kan wees.

  • Denise

    Ek sal over the moon wees as ek die prys moet wen!

  • Alexis Potgieter

    Dit sal my kombuis so ULTRA COOL pas!! Hoop van harte dat ek die wenner sal wees.

  • sandra jones

    Weet nu nie eintlik wat om hier te skryf nie maar ek sal daarvan hou om ‘n goeie oond te hê, ek ‘n groot gesin en hou daarvan om te bak en te brou, Bak graag kleinkoekies ens,

  • Corne Smith

    Ek het altyd gewens ek kan so ‘n oond in my kombuis kry ek het ‘n dubbel oontd maar die een sal baie mooier vertoon in my kombuis so ek hoop ek is die gelukkige wenner

  • Natasha Rheeder

    Ek trou in die nuwe jaar en dit sal wonderlik wees om ‘n nuwe huis met ‘n splinternuwe oond te kan hê vir ‘n begin.

  • Linda Laing

    Dit sal a seuning wees on so a pragtige prys te wen. My seuns het my ou oond so baie gekrap en die hele oond is so los dat jy dit met een hand moet hou om dit oop te maak. Ek gaan kraam in die nuwe jaar en dit sal regtig mooi wees om iets te wen vir my kombuis om dit op te helder.

  • Dianne

    Dis nou iets wat ek wil wen!

  • Olga du Preez

    Ek is nou maar twee maande getroud en sjoe dit sal nou ‘n wonderlike geskenk wees nadat ons lekker platskak is,

  • Ingrid Eckstein

    My dogter is a fantasiese kok en bakster. Ek hoop ek kan dit wen vir haar!!

  • HELMA

    Ek wou nog altyd iets mooi stoof in my huis gehad het dan sal ek meer belangstel om kos te maak vir my gesinnetjie. Pa, Hanno en Andre. Hoop ek is gelukkig

  • Coreen Helberg

    Met hierdie pragtige oond sal my kombuis uber fantasies wees!! Ek hou duimvas dat ek een van die gelukkige wenners is.

  • Helena

    Hierdie oond gaan doodeenvoudig die "Beste Njammieste Sjokolade Koek" wat Sarie Kos adverteer bak!
    Ek het my oondjie al opgebak, dis beskuit, koeke, verjaardagkoeke, cup cakes en nog wat! Ai, ek sal te bly wees as ek dit kan wen!

  • jean

    lucky is my middel naam. maak my dag asb.

  • J M Breytenbach

    Julle wil nie weet hoe bak en brou ek met my huidige oond nie!!!!!!!!!!!!!!!! Ons het al 11 jaar gelede die huis gekoop, maar van die begin af sukkel, stamp, stoot, en druk ek die deur sodat my gebak gaar kan kom. Ons het net nog nooit die fondse gehad om die oond te vervang nie. My kleinkinders, vriende en familie, bly net vra dat hulle net my gebak soek vir verjaarsdae en funksies, maar weë, dit gaan maar moeilik en telkemaal gebruik ek die verskoning van my oond, maar sê tog maar ja ek sal bak. Ek het nog nooit iets gewen nie, maar ek bid en glo en vertrou regtig dat Liewe Jesus vir my die oond sal laat wen. Sarie julle bly die beste en Electrolux ek sal julle grootste advertensie wees!!!!!!!!!

  • Jean McArthur

    Ek weet die oond behoort aan my!!!

  • ORPA BEKKER

    Het telefonies ingeteken op SARIE KOS. Kom ek ook in aanmerking vir hierdie wonderlike DEFY-prys? Wonder net……….

  • Mev Nel

    Niemand kan my beter geskenk (my verjaarsdag – 27 Desember ) gee as u nie. My oond is juis klaar….

  • HETTIE VILJOEN

    Dit sal ‘n wonderlike kersgeskenk wees!

  • Karen

    Ek het altyd gewens ek kan so ‘n oond in my kombuis kry ek het ‘n dubbel oontd maar die een sal baie mooier vertoon in my kombuis so ek hoop ek is die gelukkige wenner!!

  • Chrisna O’Kennedy

    Ek wil is MAL oor bak en brou en ‘n baksel kan net ‘n sukses wees met die REGTE oond.

  • Sheri

    met slegs ‘n klein oondjie, met twee plate, sal my en my dogter se lewe handomkeer verander met ‘n nuwe stoof! ook omdat my dogter dit geniet om te kook!

  • farana osman

    Wow Dis ‘n wonderlike prys vir die nuwe jaar. My kombuis kan uber fantasies wees

  • Estelle Johnson

    Dit kan net ‘n DROOM wees om in daardie oond te BAK

  • Fatima

    What a lovely prize to win…I wish this could be mine..My kitchen is in a desperate need of a major make over..Stunning….

  • jodie mackay

    Baie dankie, Sarie, vir die kans om die pragtige oond te wen. Dit sal my kerfees present wees!!!! En my verjaarsdag present 🙂

  • Zerry Siyaya

    Ek hou daarvan om te bak en nuwe resepte uit te oefen, so dit sal my bakvernuf verbeter en my kombuis ietwat outyds is, en dit nog altyd my droom was om ‘n Eye Level oond te koop.

    Zerry Siyaya

    14ste November, 2011, 11:10

  • Henry Coetzee

    ek hoop regtig dat ek hierdie prys wen.

  • Curtis Lotter

    Sal graag vir my wonderlike vrou ‘n kers geskenk gee wat haar jaar sal maak.

  • ElmaTiran..

    Wel ek is gladnie lief vir kombuis nie, want ek sal eder in die tuin werk ,maar met so n oond sal dit seker beter gaan en meer in die kombuis wees…

  • Tania van Zyl

    Hierdie sal ‘n wonderlike Kersgeskenk wees! Dalk maak ek nog kers-vrugte-koek die jaar!

  • Tina Blochlinger

    Ek sal darem lekker met die oond vir my kleinkinders kan bederf. Die een word reeds "Biscuit" genoem omdat sy so lief is vir koekies. Sal sy nog liewer wees ( as dit moontlik is) vir haar ouma as sy vir haar koekies in die oond kan bak. 🙂

  • Ina Saul

    My stoof is 36 jaar oud. Net miskien is ek gelukkig met so ‘n lieflike oond!

  • Alida Posthumus

    Ek sal graag so ‘n groot geskenk waardeer.

    Baie dankie Sarie vir die gratis eksemplare van Sarie wat ek vir ‘n jaar ontvang het as ‘n verjaarsdag
    geskenk. Ek het elke eksemplaar baie geniet en sal nooit ophou om Sarie te koop en te versprei na ander nie.

  • Melinda

    My stoof is juis 24 jaar in gebruik, dit is nou die tyd dat ek ‘n nuwe een wen!
    Ek knoop sonlank my tong?

  • Nariman Diedericks

    Indeed a fabulous prize to win! My kitchen is need of an urgent upgrade and this is a great prize to start with.

  • Maureen Mostert

    Dit sal ‘n my droom bewaarheid!!!!!! Ek kort ernstig ‘n REGTE stoof.