sr1012wedstryd_3_
Wen

WEN ‘n luukse Suid-Kaap-wegbreek!

Dis ’n naam wat beelde optower van groot water, blou lug, hoë berge en weelderige plantegroei en sommer net alles wat lekker is: Mantis Group Lake Pleasant Living.

Hierdie bekoorlike vakansieplek tussen Knysna en Sedgefield lê op die rand van een van die grootste natuurlike varswatermere in die Suidelike Halfrond in die skilderagtige Goukamma-natuur-en-seereservaat, tussen die Indiese Oseaan en die Outeniqua- en Tsitsikamma-berge.

Dis die ideale wegspringplek om die pragtige Tuinroete te verken, met sy topklasgholfbane, lieflike strande en weergalose natuurskoon.

By Lake Pleasant Living self is daar uitstekende selfsorg-verblyf en daaglikse diens in private suites en dupleks-villas met twee en suite-slaapkamers.

Lake Pleasant Living is die perfekte vakansiebestemming vir klein groepe en gesinne, met ’n groot klomp aktiwiteite waaraan almal kan deelneem.

Dan is daar ook nog die Health Spa on the Lake, waar ’n ervare span terapeute die allerbeste lyf- en skoonheidsbehandelings aanbied. En wanneer die hongerpyne begin knaag, is dit tyd omdie Bistro on the Lake op te soek vir heerlike etes in ’n gesellige atmosfeer.

1TIME
1time bied meer as 300 bekostigbare vlugte per week aan en spog met 23 ACSA Feathertoekennings as beste laekoste-lugdiens. Vir besprekings en meer inligting, besoek www.1time.co.za.

Wat jy kan wen!

Prys: 6 nagte se verblyf vir 2 in ’n tweeslaapkamervilla ter waarde van R23 000. (Skakel MANTIS 041 407 1000 of e-pos reservations@ mantiscollection.com vir algemene besprekings by Lake Pleasant Living.)

Alle etes, insluitende ’n bottel wyn by middag- en aandetes.

2 spa-behandelings ter waarde van R2 500.

Vervoer vanaf die lughawe en terug, verskaf deur AVIS. (Kontak AVIS by 0861 021 111, reservations@avis.co.za of besoek www.avis.co.za vir besprekings.)

Retoervlugte van 1time. (Onderworpe aan beskikbaarheid. Bepalings en voorwaardes geld.)

NEEM SÓ DEEL:

PER POS
Skryf die antwoord op die vraag hierby agterop ’n poskaart en stuur dit met jou naam, van, e-pos- en posadres, en telefoonnommer aan: SARIE/Mantiswedstryd, Posbus 511, Kaapstad 8000.

PER SMS
SMS die woord MANTIS (geen leestekens) gevolg deur die antwoord op die vraag hierby met jou naam, van, e-pos- en posadres na die nommer 34687. (’n Tarief van R2 per SMS geld.)

SLUITINGSDATUM: 31 Desember 2010 Die wenner sal teen 14 Januarie 2011 telefonies in kennis gestel word en daarna ’n brief ter bevestiging ontvang.

  • elaine

    dit lyk n fantastiese prys en ek wens ek kan ook eenkeer in my lewe so iets wen. ek het dit regtig nodig om net n bietjie weg te kom na al my siektes.

  • Sonia

    Dankie Sarie vir vrienskap, vir my wat heeldag in huis is met geen vriende nie, is jy ‘n ware vriendin!! puik rubrieke, kompetisies en inligting rondom bekendes.

  • Anina

    Wat ‘n fantastiese plek, net die regte prys vir my en my man volgende jaar aangesien ons dan 21 jaar getroud is.

  • Noleen Wait

    Ek het ‘n vakansie nodig, want ek ly aan nierversaking en moet drie keer ‘n week vir dialise gaan en dit put my baie uit. Dit is vir drie uur drie keer per week op die nier masjien.

  • Mariana

    Net die plek om ons 39e huweliksherdenking te vier! Romanse hier kom ons!

  • elna

    Ek sal baie graag hierdie prys wil wen ja, ek dink ek kan baie redes aanvoer hoekom ek dit verdien, maar eerlik waar ek wil dit baie graag he en dis my rede!

  • http://sarie.com Sandra

    Ek en my man het op 31 Desember 1977 in die Goukamma Natuurreservaat verloof geraak.Sal wonderlik wees om terug te gaan!

  • riana

    sal net die ding wees om my en my man se nuutgevonde liefde te vier aangesien ons hierdie jaar deur diep waters gegaan het met ons huwelik. ons het mekaar in die suid – kaap ontmoet en dit sal wonderlik wees om terug te gaan vir n tweede ‘wittebrood’

  • Anel

    Net die plek vir n goeie uitrus en weer jouself te vind. Met die haastige en vinnige lewe wat so gou verby ons gaan, moet mens party keer net stil raak, asem haal en weer al jou gedagtes bymekaar kry.
    Dit sal ideaal wees om saam met jou geliefde op so n wegbreek te gaan en dit saam te geniet.
    Ek sal enige iets gee om hierdie prys te wen, dit lyk fantasies.
    Dit sal wonderlik wees!

  • uys Groenewald

    Dit sal die perfekte plek wees om vir vroulief te vra om te trou!!!

  • elmarie

    Dit lyk te goed om waar te wees. Sal baie graag wil sien of alles regtig so mooi is.

  • Ona

    Baie dankie aan my vriendin SARIE, vir die voorreg om deel te kan neem aan hierdie wonderlike kompetisie

  • Mariana Leveroni

    Dit lyk fantasties—rustig!. As n mens vir jouslf werk is sulke geleenthede maar min-, en binne ryafstand . Wat n verassing sal dit vir my man wees !!

  • Marietjie van de Wall

    Wow!!!!

  • Elmien Botha

    Ek sal graag die prys vir my suster se dogter wil wen. Sy is deur ‘n moeilike tyd, haar man het sy werk al Februarie verloor sy is die enigste broodwinner en het drie kinders. Ek dink dit sal vir Sandra en haar man wonderlik te wees om net te ontspan en van die jaar te vergeet.

  • Marlene

    2010 was ‘n jaar vol uitdagings.Om deur ‘n egskeiding & pos vermindering in een maand deur te gaan, was voorwaar ‘n uitdaging! Maar my hele uitkyk was eenvoudig nie wat met my gebeur nie, maar hoe om dit te hanteer. Treetjie vir treetjie en dag vir dag!! :)

  • Rene van den Heever

    Na my man se skielike dood in 2008 aan kanker is daar net nie meer geld vir luukses soos vakansies nie. Al die fondse gaan op die kinders se studies. Dit sal wonderlik wees om die wegbreek te wen en bietjie te ontspan na die laaste 2 jaar se probleme en stress.

  • Sharon

    Lekker om na te kyk, lekkerder om soontoe te gaan!!!!!

  • Alta Zietsman

    Dit kan net wonderlik wees, na ‘n tawwe jaar!!!!!!

  • Nadia van Dyk

    Ek wil liewer nie aangaan oor hoe baie ek ook hierdie prys sal waardeer nie, ‘n wegbreek kans soos die laat mens besef dat jy deur die jaar tog nie werklik rus nie en almal het maar so ‘n ruskans nodig met elke dag se dolle gejaag. Sarie, laat die een wen wat dit werklik verdien, dis my wens! Wie ookal dit mag wees, ek weet sommer hulle gaan dit baie geniet.

  • Yvonne

    Dit sal soos ‘n droom wees wat waar word!

  • Deidre

    Pragtige droom area – die regte plek om n hele jaar se swoeg en sweet met so n bederf van rus en vrede te ervaar!!!Ek hou dit as n verrassing vir die een wat saam met my gaan!!

  • http://www.capcon.co.za Seruja

    Dit lyk pragtig, sal dit vreeslik geniet saam met manlief!!

  • Teresa

    Dit sal voorwaar n droomvakansie wees wat ek graag sou wou deel met MY MAN, die wonderlikeste man in die wereld. Hy is n man duisend en van geduld en liefde kan jy hom niks vertel nie. Dit sou wonderlik wees as ek hom kon verras met so n bederfie.
    Dankie Sarie vir die geleentheid om deel te kan neem aan so n groot kompetisie.

  • Amelia

    Kan nie aan ‘n meer uitsonderlike wittebroodgeskenk vir my dogter en aanstaande skoonseun wat vroeg volgende jaar trou, dink nie. Lake Pleasant is die ideale wittebroodbestemming.

  • Amelia

    Droombestemming

  • Sandra

    Volgende jaar Maart 20jr getroud!! Ideaal vir so ‘n huweliks herdenking!

  • Rosanne

    Ek en my verloofde sal dit baie geniet as wittebrood… Ons trou volgende jaar en het nog nie planne vir ons wittebrood nie, lyk na die ideale plek..

  • Ester

    Dit lyk na ‘n plek waar jou siel tot rus kan kom. Ek is geskei en my verloofde ‘n wewenaar. Miskien as ek die prys wen, besluit hy dit word ons wittebrood. Hy is die jaar gediagnoseer as ‘n diabeet en sy gesondheid het redelik agteruit gegaan.

  • ESTELLE BECKER

    DIT LYK ABSOLUUT FANTASIES!!! HOE LEKKER SAL DIT NIE WEES OM DIT TE WEN NIE. HOOPENLIK IS DIT VIR MY BESKORE!!!!!!!!!!!

  • Sandra

    My man werkloos. Het drie kinders, Dogter van 12, wat as kleuter by die see was, jongste twee van 1 en 2 jaar. Sal sit nie ons drome en gebede beantwoord nie? Mag dit so wees!

  • Susara Heyneke

    Dit lyk fantasties!!!!!
    Dit kan nou ‘n groot geskenk wees aangesien my "Lovey" (man) volgende
    jaar die groooooot 60 merk bereik!!!

  • sUZETTE

    KAN MENS SO GELUKKIG WEES. DIT LYK ONBESKRYFLIK MOOI

  • Adele Momberg

    het so ‘n bederf nodig

  • http://www.jenriiquok.com/ hhyubsohez

    gdipgjggeqcvtderwpmp, vxcdkvqhjs , [url=http://www.oleidfjwdv.com]mjywzddnnt[/url], http://www.gmxjdxlxnt.com vxcdkvqhjs

  • http://www.njrwlwcpse.com/ tfywznsodc

    pstwisvmyibfgozvdxmi, gbasfrmzgq , [url=http://www.uyclbsoazm.com]itbkpebrjm[/url], http://www.xriqxzuzbi.com gbasfrmzgq

  • http://www.njrwlwcpse.com/ tfywznsodc

    pstwisvmyibfgozvdxmi, gbasfrmzgq , [url=http://www.uyclbsoazm.com]itbkpebrjm[/url], http://www.xriqxzuzbi.com gbasfrmzgq

  • http://www.njrwlwcpse.com/ tfywznsodc

    pstwisvmyibfgozvdxmi, gbasfrmzgq , [url=http://www.uyclbsoazm.com]itbkpebrjm[/url], http://www.xriqxzuzbi.com gbasfrmzgq

  • http://www.njrwlwcpse.com/ tfywznsodc

    pstwisvmyibfgozvdxmi, gbasfrmzgq , [url=http://www.uyclbsoazm.com]itbkpebrjm[/url], http://www.xriqxzuzbi.com gbasfrmzgq