tttphoto400rz
Wen

WEN 1 van 2 dubbelkaartjies na The Ten Tenors

Na staande toejuigings tydens hul toer in 2007, keer die gewilde Australiese sanggroep THE TEN TENORS terug na Suid-Afrika vir slegs twee vertonings. Kom luister na dié hartebrekers met die fluweelstemme in hul nuwe vertoning, Nostalgica.  Hul CD, met dieselfde titel, het onlangs verskyn en daarop is treffers soos “Moon River”, “Bésame Mucho”, “Granada” en “Stand by me”.

Jy kan 1 van 2 dubbelkaartjies na hul vertoning in Kaapstad (Saterdag 28 Maart, Grand West Casino)en Johannesburg (Vrydag 3 April, Big Top Arena by Carnival City Casino) wen.

SLUITINGSDATUM: Vrydag, 13 Maart 2009
As jy ‘n wenner is, sal jy teen 18 Maart 2009 per e-pos in kennis gestel word.