Wen

Wen 3 nagte tussen bome

Geniet die koel Groen rustiGheid van die private Oceana-wildreservaat in die Oos-Kaap sowat ’n uur en ’n half se ry van Oos-Londen of Port Elizabeth.

Dit is ’n malariavrye gebied en jy het ’n pragtige uitsig oor dramatiese sandduine. Die ongerepte strand oor 7 km langs die Indiese Oseaan geniet blouvlagstatus.

Oceana bied ’n unieke verskeidenheid van eksklusiewe luukshede. Daar is sewe private suites en ’n drieslaapkamer-villa omring deur bosbokke, voëls en ander wilde diere, waaronder renosters en buffels. ’n Veldgids is ook beskikbaar om interessanthede aan besoekers uit te wys.

Dit is romanties en rustig, met digbeboste heuwels en die belofte van ’n egte Afrika-ervaring. Elke suite het ’n see-uitsig – en skouspelagtige sonsopkomste
en sonsondergange is gewaarborg!

Die oorspronklike en innoverende Afrika-kuns hier verleen ’n outentieke gevoel. Die kos is voortreflik en jy het spabederwe op jou drumpel.

Die Oceana Beach & Wildlife Reserve word deur Mantis bemark en is ’n trotse lid van die voorkeurverskaffer Boutique Hotels.

[box:full:grey:both]
 

VRAAG

Aan watter odeaan is die gewilde reservaat Oceana Beach & Wildlife geleë?

[/box]

Bel die Oceana Beach & Wildlife Reserve by 083 616 0605, stuur ’n e-pos na reservations@oceanareserve.com of besoek www.oceanareserve.com of www.mantiscollection.com.

[box:full:grey:both]

PRYS

  • 3 nagte se verblyf vir 2 gaste
  • Alle maaltye
  • Wildbesigtigingsritte
  • Vollyf-aroma-masserings vir die wenner en metgesel
  • ’n Private strandpiekniek (na gelang van die weer)
  • ’n Private aandete in jou suitemet
  • ’n bottel Pierre Jourdan-vonkelwyn
  • Retoervlugte
  • Vervoer vanaf die lughawe na die reservaat en terug

[/box]

Op die agtersitplek

Avis Chauffeur Drive is ’n persoonlike chauffeurdiens wat geskik is vir ’n koning. Dis gerieflik, luuks en beslis stylvol. Sit agteroor en geniet dié ontspanne ervaring.
Skakel Avis Chauffeur by 0861 600 414 of besoek www.avislux.co.za.

SMS en neem deel

SMS die woord OCEANA en die antwoord op die vraag hierby (geen leestekens) gevolg deur jou naam, van, telefoonnommer, e-pos- en posadres na die nommer 45510. (’n Tarief van R2 per SMS geld.)

Sluitingsdatum

30 Junie 2011

Die wenners sal teen 14 Julie 2011 per brief of e-pos in kennis gestel word.

  • Natasja Oosthuizen

    Dit is luuks, dit is gerieflik, dit is rustig en boonop is dit romanties! WAT meer kan ‘n paartjie dan nou voor vra? Ons is gek oor die buitelewe en die wildbesigtingsritte sal vir ons ‘n belewenis wees, om nie eers te praat van al die lekker bederf daarna met die wereldklas masserings nie…..Dit sal vir my en my man in staat stel om mekaar opnuut te ontdek en waardeer. Ons is bitter lief vir mekaar, maar die stres van die alledaagse lewe eis sy tol en ons sukkel om regtig kwaliteit-tyd saam te spandeer. Hierdie sal vir ons ‘n wonderlike geleentheid wees om te ontspan en om mekaar weer te vind.

    Dit sal vir ons slegs ‘n voorreg wees om so ‘n lekker bederf naweek te kan beleef.

  • Debbie Hull

    Die ideale geskenk vir 2 mense wat mekaar innig lief het en al amper 26 jaar gelukkig getroud is. Wat meer kan ‘n mens verlang as om net rustig te kommunikeer met dit wat GOD geskape het om te geniet, dalk word ons droom bewaarheid om net eenkeer die rustigheid te kan geniet met die wen van hierdie ongelooflike prys.

  • Lindé

    Sjoe dis amper te goed om waar te wees. Sal n regte droom wees wat waar word. Kan doen met bietjie wegkom en ontspan. Dit sal n voorreg wees.

  • TRIX

    AL WAT MENS KAN SE, NAASTE AAND DIE PARADYS. WOW.

  • Nicolene

    Dit lyk so rustig daar, iewers waar mens lekker kan ontspan.

  • Darelle

    Dit kan net lekker wees om tyd met jou geliefde in die natuur te beleef, rustig te raak en nader aan jou Skepper te kom. Wat ‘n beter plek om dit te beleef!!

  • Johanna Vink

    As senior burgers wat nie die nodige fondse het nie,sal dit voorwaar n eer en voorreg wees om so n fabelagtige prys los te slaan.Op 16 Junie 2011 sal ons 5jaar getroud wees,en ons een kleinkind Natalia, wat nou tans oorsee woon,sal dan op dieselfde dag 14jaar oud word.Hoop ons sal daardie belangrike oproep of e-pos ontvang! Ons hou solank duimvas.Dankie aan die Mantis borge wat hierdie wonderlike prys aanbied vir al die Sarie lesers.

  • Diane Erasmus

    Dit lyk asemrowend mooi, en romanties. Dit sal hopelik ek en my man weer bymekaar uit bring. Ons is amper 4jr geskei bly amper 4jr weer by mekaar en eks nog baie lief vir hom. Dit sal slegs ‘n lekker voorreg wees vir ‘n lekker bederf naweek.

  • Madeleine Nel

    O hene, ek kan nie wag om hierdie enetjie te wen nie!

  • Cornelia Botes

    Dit sal n verkwikking na siel en gees wees om so n luukse wegbreek te kan beleef.Om nie eers te praat van die terapeutiese uitwerking wat n spa behandeling en masering sal he op n moee liggaam na n week van stresvolle vergaderings en besige skedule,sonder die pyne van n begroting wat nie klop.Ag ek kan net droom!Dalk word drome tog waar?

  • Karen Saayman

    Dit lyk soos die regte bederfplekkie. Ons kan weer asemskep en ons batterye bietjie laai.

  • Leonie

    Dit kan net heerlik wees – so reg na my en my geliefde se smaak. Vars seelug en seebriese teen jou wange – sonskyn op jou rug – warm sand onder jou voete. Ag dis lekker om te droom!

  • trix

    Wel as ek dit kan wen, gee ek dit vir my dogter as ‘n geskenk vir hul "honey-moon" sy trou desember.
    Ek dink dit sal wonderlik wees vir hulle twee. Dit lyk so romanties.

  • Sheri

    As enkelouer, sal dit ‘n geskenk uit die hemel wees, vir my en my dogter – sal ook ‘n perfekte geskenk vir my dogter wees, wat mondig word.

  • Marizanne

    Dis baie mooi ! Ek dink persoonlik dat dit vir elke mens op aarde ‘n fantastiese wegbreek plekkie sal wees !!

    Die skepping van die Here is eenvoudig Groot !!

    Maak nie saak wie dit wen nie, maar die een wat dit wel wen gebruik jou kans om te gaan !!

    Dit is ‘n fantasie !!

  • Petro Doman

    Net wat ek en my ou man nou nodig het – ‘n tweede wittebrood!

  • Sonja Strauss

    Ongelooflik mooi. Net die rustigheid is genoeg om hart en siel soontoe te nooi – om weer bietjie mens te word; bietjie tot stilte te kom en bowenal weer die hartklop van die natuur te hoor.

  • Karin Swanepoel

    Hierdie sal een FUNtastiese prys wees vir my Verjaarsdag-maand. Dit kan net asemrowend mooi en romanties wees, reg langs die Indiese Oseaan!
    Ek’t verseker baie ge-sms!

  • Riana

    Asemrowend, kan dit nie in woorde omskryf nie. Hoop hierdie een is myne, probeer al so lank om ietsie te wen. Het die ruskansie nodig na hierdie griep, daardie massering sal nou net die ding doen vir die seer lyf.

  • Elmarie

    Ek sit hier met vingers wat te styf is om te tik van die koue in Gauteng en wens ek was sommer nou dadelik by hierdie lieflike plek! Ai ‘n ou vinnige brekie saam met manlief sal darem heerlik wees, was SO lanklaas weg. As mens vir jouself werk (soos my man) is daar nie regtig vakansies nie, as die werk inkom is mens maar te bly en gaan mens maar in jou gedagtes "met verlof"!

  • Elzaan

    Ek en my man bly so tussen London en Suid Afrika vir sy besigheid vir die volgende jaar. Ons is nou n maand hier en verlang verskriklik huistoe. Ons kom darrem binnekort huistoe en ek sal dit love om hom bietjie hiernatoe weg te vat vir bietjie ware sa natuur. Hoop ek het geluk aan my kant met die trekking want hy bederf my altyd met heerlike vakansies en ek sal dit terdee geniet om hom bietjie te kan bederf! xxx