dkny_f09_pure_2_sing_506f1brz
Wen

WEN die kans van ‘n leeftyd met DKNY

In ‘n wêreld waar tyd ons aanjaag en van ons kosbaarste oomblikke verbyflits, verlang jy na ‘n plek van stilte. ‘n Tyd vir die dinge na aan jou hart. Verbeel jou ‘n parfuum wat van jou mooiste oomblikke saambottel in ‘n suiwer vanielje-geïnspireerde geur. ‘n Parfuum wat met vrede en eenvoud deel word van jou intiemste rituele.

Moeder Aarde se geur

pureDKNY is meer as ‘n parfuum, dis ‘n leefstyl. Dis ‘n geur wat die veranderende patrone van ons planeet verstaan, en die toekoms verantwoordelik betree deur die eerste byna-organiese parfuum ter wêreld te wees.

Die ligte blomgeure is sensueel en sagkens, met ‘n vanielje-basisgeur wat ‘n luukse eenvoud weerspieël. Natuurlike note van die lotusblom, Bulgaarse roos, jasmyn, freesia en orgidieë word omhul deur die sagte geure van wit amber, romerige sandelhout en ‘n druppel vanielje in water.

pureDKNY

 

100% suiwer en herwinbaar

Die glasbottel is deur die vorm van ‘n reëndruppel geïnspireer en word van 100% herwinbare glas gemaak. Slegs gewaarmerkte papier word vir die kartonboksie gebruik en ‘n ink met laer VOC-vlakke word vir die drukwerk gebruik.

 

Vanielje uit Afrika

Die vanielje in pureDKNY, word in Uganda gekweek en hoofsaaklik deur vroue met die hand gepluk. pureDKNY en CARE, ‘n humanitêre organisasie wat wêreldarmoede beveg, help saam met dié vroue wat so ‘n belangrike rol in die maak van hierdie parfuum speel.

 
‘n DKNY-vrou is getrou aan wie sy is, en só is haar parfuum.

 

“pureDKNY vang die kern van my eie siel vas, dit wie ek is en wat ek graag aanraak – soos vir die mense wat ek liefhet en om een met die natuur te wees. Dit gaan oor die rein, eenvoudige oomblikke van geluk.” – Donna Karan

Eko-model, Angela Lindvall
Die gesig van pureDKNY, model Angela Lindvall,
is self ‘n filantroop en iemand wat aktief die omgewing
beskerm.
Op haar Modeliania-blog deel sy haar eko-wenke:
Sy plant ‘n groentetuin, sy herwin haar klerekas,
sy hou haar eie hoenders aan en sy ondersteun
plaaslike boere in die omgewing waar sy bly

Woon jy in Johannesburg? Dis jou kans om te wen!

Vertel ons wat jy doen om die aarde te beskerm. Deel jou groen wenke met sarie.com en jy en ‘n vriendin staan ‘n kans om die eksklusiewe DKNY-geleentheid in Johannesburg op 22 Februarie 2010 by te woon. Daar wag ‘n spesiale verrassing op julle!

  • Herma Koch

    Al ons papier, plastiek, glas en blikkies word herwin. Ons het ons eie groentetuin geplant en eet heerlike "organiese" groente. Die stoof is in die proses om na die gas variasie verander te word. Al ons elektriese gloeilampe gebruik lae energie en die buiteligte is op lig en donker sensors om self aan en af te gaan. Verder ry ek nou stadiger in die dorp, want ek het gelees dat daar dan minder gasse duer die enjin afgegee word!!

  • Rina Shawe

    Spaar Water

    Vir my is water een van die belangrikste, want SA is besig om uit te hardloop uit vars water en sonder dit kan mens, dier en natuur nie aanhou lewe nie.

    Ek stort eerder voor ek sal bad. Jy gebruik minder water. Ook wanneer jy tandeborsel, moenie die kraan oop los nie. Selfde as jy jou hande was en seep smeer, daai tydperk is daar water wat gemors word as jy die kraan oop los. Ook as jy skottelgoed afspoel, moenie die kraan oop los nie.

    Ons het ook ‘n reenwater tank wat al die reenwater opvang, waarmee ek dan die tuin sal natmaak.

  • Corne Hagerman

    Ek hou die kraan toe terwyl ek tande borsel, al ons gloeilampe is energie spaarders, ons het ‘n komposhoop om bruikbare afval te herwin. Verder kyk ek so ver moontlik uit vir organiese produkte aangesien dit ook vir ons meer gesond is en ek gebruikl graag kruie uit my eie kruietuintjie.

  • MARYKE CIOROVICH

    Ons het ‘n spesiale MONDI RECYCLING asblik by die kantoor en huis om papier te herwin. Ook, papier wat nog gebruik kan word, soos wit bladsye wat net op die een kant gedruk is gee ons vir die kleuterskool sodat die kinders op die "skoon" kant nog kan teken. Dis maklik om ‘n verskil te maak! Elke klein bietjie help!

  • mariaan

    Waarom word hierdie net aangebied vir die mense in Johannesburg

  • annaline

    Ek was so gelukkig om gisteraand se bekendstelling in die Kaap by te woon, en wat ‘n heerlike belewenis. Dit het regtig my "mindset" verander. En die geur is hemels. Dankie Sarie vir die voorreg om hiervan deel te kon wees.

  • Marietjie Erasmus

    My groen wenke om ‘n bydrae te lewer om ons volmaak geskepte aarde te beskerm is die volgende:

    -Ek stort eerder as bad (bespaar baie water)
    -Ons plant bome – dit is ‘n natuurlike lugreiniger
    -Ons gebruik energiebespaarde gloeilampe in ons hele huis en sit die ligte
    af indien ons nie in ‘n vertrek is nie. Ons prop ook alle toerusting uit
    indien dit nie gebruik word nie.
    -Ons herwin al ons glas en papier en vat dit na my kind se skool.
    -Ek dra gereeld my denims meer as een keer en spaar sodoende krag en water.
    -Al ons oorskietkosse – bv, aartappels- en wortel skille gooi ek nie in
    die asblik nie, maar gaan gooi dit op ons komposhoop.
    -Ek gaan doen inkopies met ‘n materiaal drasak wat ek meer as een keer kan
    gebruik en vermy sodoende om ‘n plastieksak te koop wat nie herwinbaar is
    nie.

  • Marie

    Annaline,ek stem met jou saam dit was regtig baie lekker en ons was lekker bederf. Ek het n monster vir my Kollega gegee en sy wil alklaar n bottel koop.
    Dankie DKNY en Sarie.

  • Alta

    Wonder ook maar net soos mariaan hoekom kry ons nie ook lekker dinge in bloemfontein nie??? Ons mis lyk my baie ut.

  • Isme Nel

    Ons probeer sovêr moontlik herwin tuis. Maar my tip is dat ons vir almal om ons moet leer en herhinner hoe om te herwin op alle maniere om ‘n groter effek te kan kry.

  • Annabelle

    My Red Die Aarde is bloot deur van die huis af te werk. Om nie in die verkeer op die besige paaie in Johannesburg vas te sit nie! Geen brandstof word op die manier gebruik nie.

  • Adelle Brits

    Ek het ‘n wonderlike kruie en groente tuin op my balkon geplant. Selfs al bly ek in ‘n woonstel, glo ek mens moet soveel plante om jou he as moontlik om terug te gee wat jy wegvat. Ons gebruik vars organiese kruie en groente. Hou ‘n mens se leefstyl so natuurlik as moontlik en probeer alles wat in ‘n "worsfabriek" geproduseer is te vermy.

  • petronel swart

    Ek het ‘n Rommel na Rande projek by ons plaaslike skool begin waar ons kinders aanmoedig om rommel te herwin. Daardeur samel ons ook ‘n paar rand vir die skool in. by my huis herwin ons ook als wat ons denkbaar kan herwin. Ons het ons eie groente tuin. Produseer ons eie melk. Koop ook glad nie vleis in slaghuise ens. nie. Ons groentetuin word nie gif gespuit nie en ons gebruik ook nie kunsmis nie. Ek probeer ook so min as moontlik my voertuig te ry, stap waar ek kan. ek glo as ons meer bome plant sal Globel Warming verminder deur die proses van fotosintese skakel plant CO2 om in suurstof.

  • Tanya de Vente

    Die konsep om die aarde te beskerm het eers verlede jaar regtig by my posgevat. Sedertdien probeer ek om soveel moontlik te herwin.
    Om die aarde te beskerm hou ek vlieë en miere uit die kombuis met ‘n Skottelgoedseep-Water oplossing in ‘n spuitkannetjie. Dit is osoon-vriendelik en baie onskadelik vir die omgewing. Dit is ook ‘n goeie teenvoeter vir onkruid, veral kakiebos, in die tuin.
    Alle papier en kartonne gaan na Ronnie Recycling (MONDI) se herwinningsprojek. Glasbottels en glashouers gaan na die glasherwinningshouers in die buurt. Tipes 1, 2 en 5 plastiek gaan na die laerskool se plastiekherwinningsprojek waar die plastiek elke Maandag opgetel word. Die skool kry boonop geld vir die plastiek so dit is ‘n tweeledige doel.
    Ek dink wat baie mense buite rekening hou is hoe gevaarlik dit is om batterye, rekenaarafvalprodukte, drukker-inkhouers en soortgelyke afval in die gewone afvalhouers te gooi. Ons gooi dit alles bymekaar in een houer en dit gaan na die groot afvalhouer vir die doel by Makro.

  • Annezel Otto

    Ek is ‘n student aan die Universiteit van Pretoria. Ek het op die Studenteraad van 2009 gedien wat gehelp het om groot houers op kampus aan te bring waarin studente onderskeidelik papier, glas, en blikkies kon gooi om herwin te word. Ek help ook my ma wat ‘n kleuterskool besit om afval papier, toiletrolle, sigarethouers ens. bymekaar te maak om weer gebruik te kan word. Die kinders bou dan huisies ens met dit. Ek as teologie student is baie bewus van my omgewing en die impak wat mense op die aarde het. Daarom is ek ‘n groot aanhanger van die spesiale wasbakke wat ontwerp is sodat jou vuil water na die toiletbak vloei en sodoende spaar jy ook water.

  • Elvira Roux

    Ons bly in Heidelberg. Ons is gelukkig om naby aan winkels te bly en stap Pick’n Pay toe, stap gym toe, stap die video winkel toe enenige ander plekke wat naby genoeg is om by uit te kom. Ons rook nie. Ons gebruik die gloei lampies wat min energie gebruik. Ons glas houers word gebruik vir ingelegte produkte en word weer en weer gebruik. Ons bad nie in ‘n bad VOL water nie. Ons los nie die kraan oop as ons tande borsel, want water is ‘n skaarste. "Kinders moet nie met die water mors nie, die ou mense wil dit drink"! Ons doen inkopies met materiaal sakke, dit kan weer en weer gebruik word en is makliker om te dra as jy loop na die winkel. Ek gooi nie my papier weg nie, ons gebruik dit weer. Ons het groen vingers en plant gereeld nuwe plante. Sal graag ‘n "groen" kar wil besit, sal defnetief in die toekoms. Baie dankie vir die geleentheid! Lekker daggie, Groetnis!!

  • http://www.onceoff.co.za Rene Testa

    Ek glo dat een van die belangrikste maniere om ons omgewing se watersisteem skoon te hou, is om geen waspoeier of wasgoedversagmiddel te gebruik nie. Hoe doen ek dit? Deur die gebruik van magnetiese wasballe – The Magnetic Laundry System – spaar ek water – net een uitspoel is nodig – elektrisiteit, want my wasmasjien hardloop op ‘n korter siklus – my vel, want geen fosfate of ander chemikalieë word gebruik nie, en BAIE belangrik, die omgewing! Geen skadelike chemiese stowwe soos wat in huishoudelike wasmiddels voorkom, word gebruik nie. daarom kan die water na my organiese groentetuin herlei word, en weer gebruik word! Ek gebruik dit nou al vir 2 jaar! Dink net wat het ek al gespaar deur nooit waspoeier of wasgoedversagmiddel te koop nie! Vir baie vuil wasgoed gebruik ek bio-gradeerbare Borax en suurlemoensap. So lekker om nooit weer met waspoeier te werk nie! Geen allergieë of jeukerige vel vir my nie!

  • KAREN LOCHMBERG

    greener disinfecting alternatiewe. maak jou eie omgewing vriendelike disinfectant is baie goedkoop en uiters vinnig(e) om te doen gebruik net eucalyptus olie en water. eenvoudig meng 50ml van eucalyptus olie met ‘n liter van water. wees seker om te skud wel voor gebruik en gebruik soos jy sal ‘n stoor gekoop disinfectant. nie alleen sal u het ‘n greener disinfectant, maar teen maak jou eie, jy is meer wenslik Om te gebruik dieselfde houer, om hierdie rede sny af jou plastiek verbruik. …

  • Marietjie

    Ek het sakke by "Woolies" gekoop wat ek oor en oor gebruik vir my kruideniers. Ek ondersteun ook die "green" reeks skoonmaak middels van PnP. Ons het net een motor en my man laai my af by die werk en laai my weer op – sodoende spaar ons nie net brandstof geld nie maar ook op uitlaatgasse. Wanneer ek wasgoed was, het ek ‘n emmer wat die gebruikte water opvang – ek gooi dit oor die plante in die tuin. Ons ondersteun ook graag die "organic" kos-reeks by Woolies. By die werk herwin ons die papier (skenk dit vir die skool – wat dit as "scrap" papier kan gebruik). Ons druk ook nie onnodige e-posse nie. Ons koop ook klere wat van herwinde materiaal gemaak word!

  • http://xojdukcjgidu.com/ ebeccmdnzu

    OIeYis egkzulpudxng, [url=http://imeizzdmwkbv.com/]imeizzdmwkbv[/url], [link=http://mwrrfsjkfijb.com/]mwrrfsjkfijb[/link], http://zzqsuzxjfnkl.com/

  • Adri

    Ja Mariaan! Dit wil ek ook weet! Ons Kapenaars is seker nie gewild genoeg nie

  • http://www.sarie.com Lou-Ann van SARIE

    Die Kaapse geleentheid is reeds verby, ons het dit einde Januarie in Kaapstad gehou. Maar skryf gerus in vir ons DKNY Candy Apple-wedstryd wat tans aan die gang is. Jy kan elke dag tot eerskomende Vrydag 12 Februarie ‘n bottel parfuum wen. En hou sarie.com dop vir nog sulke geleenthede (wat natuurlik die Kapenaars insluit).

    Groete,
    Lou-Ann (van Sarie.com)

  • Dalene

    Ek loop kaalvoet en trap liggies op moeder aarde,gooi niks blikkies, bottels of plastiek weg nie,ek gebruik dit in my kuns projekte en drink water uit die kraan.
    Ek gaan slaap vroeg saam die feetjies en staan laat op saam die kabouters.
    Ek dagdroom van verre lande en vrede op aarde. Ek maak meeste van my klere self en hou van lekker ruik, van bad by kerslig en van rooiwyn.
    Ek gaan nie onnodig dorp toe nie maar doen al my inkopies op eenslag.
    Ek sit oral ligte af en steek kerse aan saans.
    Ek leer my kinders van liefhe, van uithou en aanhou. En soms net soms wonder ek van wat was, wat is en wat gaan word.

  • Cathy Grobbelaar

    Ek gebruik alle papier by die werk tot dit rerig nie meer gebruik kan word nie! Daarna gee my man dit in om herwin te word. Ek het groen sakke by pnp gekoop wat ons oor en oor kan gebruik – sodoende hoef ek ook nie elke keer vir ‘n plastiek sakkie te betaal nie. By die huis gebruik ons net die nodige ligte in die aand. En van al die groente skille maak ons kompos en gooi dit agter in die tuin!

  • Karin

    Ek werk daagliks daaraan om myself en my gesin ingestel te hou op ‘n "groen" lewe. Ons skenk alle tydskrifte & koerante aan Mondi. Ons skakel alle muurproppe af, wat onnodiglik krag trek. Ons swembadmotor en ligte is almal op tyd-skakelaars en ons gebruik energie besparingsgloeilampe.
    Ek het selfs Kersfees 2009 my eie geskenkpapier met Bybelversies gemaak. Ons het ‘n vlermuis-huis laat installeer, om ons tuin groen te hou. Volgende gaan ons ‘n uil-huis aankoop-vir bewaring van ons roofvoëls in stedelike gebiede. Ons het ons eie vrugtebome aangeplant. Ons gesin het ‘n energie-besparing wasmasjien aangekoop vir die "refresh" gebruik, om onnodige water en elektrisiteit te bekamp. Ons gebruik alle groente skille ens. vir die dassies wat in ons tuin in ons woon. Plastiese bottels word gekollekteer en by die DBV in Jhb afgelewer vir hulle gebruik. Wanneer ons met verlof gaan, skakel ons die geysers almal af. My man en ek stort saam + noem dit waterbesparing :-)

  • Rina Shawe

    Ek en my vriendin het die geleentheid by Johannesburg bygewoon 1 Maart 10 en dit was ongelooflik! Wil net baie dankie se aan die wat dit moontlik gemaak het. Hulle het ons baie bederf en net meer spesiaal laat voel. Ek kan nie wag vir die parfuum om op die rakke te kom nie. pureDKNY is defnitief my nuwe gunstelling parfuum!