Wen

WEN! Die nuwe Elizabeth Arden Red Door Aura-parfuum-geskenkpak

Red Door Aura is ‘n jonger, meer kontemporêre weergawe van die ikoniese Red Door-parfuum van Elizabeth Arden. Die Elizabeth Arden-parfuumkenner, Carlos Benaim, vertel hoe die “lewenslustigheid en styl van die New York-vroue” hom geïnspireer het.

Red Door Aura het dieselfde kwaliteit as Red Door, is steeds sensueel, maar het nou ook ‘n varser blommetoon. Die reeks bestaan uit die Red Door Aura Eau de Toilette Spray Naturel 30 ml (R255), 50 ml (R325) en 100 ml (R445).

Dis te kry by uitsoektakke van Edgars, Red Square, Foschini, Truworths en Woolworths.

[box:full:red:both]

JY KAN WEN!

[/box]

Een gelukkige sarie.com-gebruiker staan ‘n kans om ‘n Red Door Aura-geskenkpak van Elizabeth Arden ter waarde van R5 000 te wen. Die geskenkpak sluit een Red Door Aura-parfuum en ander Elizabeth Arden-velsorg en grimering in om jóú voorkoms vir die partytjieseisoen te vervolmaak.

SKRYF SÓ IN:

Vul die vorm hieronder in.

SLUITINGSDATUM: VRYDAG 14 DESEMBER 2012

  • Nicolette Pheiffet

    Sjoe ek kan nie wag om die nuwe Red Door Aura te probeer nie en dankie Sarie vir hierdie wonderlike tydskrif.

  • Nicolette Pheiffer

    Sjoe ek kan nie wag om die nuwe Red Door Aura te probeer nie en dankie Sarie vir n wonderlike tydskrif.

  • Elsie Oosthuizen

    Dis sal fantasties wees om so iets vir Kersfees te kry – Kersvader ek was baie soet die hele 2012 !

  • Melanie faasen

    Sal graag Red Door Aura wil toetsgebruik. Hoop ek wen dit!

  • Antoinette

    Ek sou graag die passie en glans van New York wil ervaar deur middel van Red Door Aura parfuum..Die velsorg en grimering is n absoluut bonus, en net betyds vir die wonderlike Kerstyd.Ek hoop om die gelukkige deelnemer te wees, want ek is versot op Elizabeth Arden produkte.

  • Charmaine

    Ek hoop kersvader het hom nie soos gewoonlik aan Sarie se heerlike resepte ooreet nie. Hy moet nog by my skoorsteen kom afgly met die Red Door Aura parfuumgeskenkpak anders is daar perde en Rudolf sal hom nie kan uithelp nie !!

  • Angelica

    Parfuum het nou maar eenmaal die vermoe om my bui te lig en my selfvertroue n hupstoot te gee, wat n welkome geskenk vir Kersfees, en dit nogal so n besonderse parfuum soos Red Door Aura van Elizabeth Arden. Ek kan nie wag om dit uit te probeer nie, ek kry skoon kortasem 🙂 🙂 🙂

  • Alex

    Awesome kompetisie. Dankie.

  • Maryan Mendes

    Ek is SO opgewonde, ek kan nie wag om hierdie wonderlike geskenk oop te maak nie.
    Red Door Aura is spesiaal vir my geskep, ek is gaande daaroor !!

  • Bernadine

    Ek het nou net gister die nuwe Red Door Aura probeer!! Dis heerlik – as ek dit wen sal ek baie mooi ryk vir somer!

  • Ria Smith

    Het jare lank Red Door gebruik, maar met die finansies wat so knyp, raak dit al hoe skaarser op my spieeltafel.

  • Cathy Scholtz

    Ek gebruik al baie jare net Red Door, en sal dit as geskenk so waardeer. Ek hou al my duime vas, dankie Sarie vir die wedstryd.:-)

  • Hannetjie Besselaar

    Dankie Kersvader en Sarie

  • Gherda Wilson

    Heerlike vars geur!

  • Tania Barnard

    Ek was nog altyd dol oor Red Door!! Kan nie wag om die nuwe een te ruik nie!!

  • Elsje Kraftt

    A new door to open! My own xmasgift

  • Valerie Weyers

    Gebruik al jare lank Elizabeth Arden parfuum. Het baie lank Splendour gebruik, maar kry dit nie meer in die hande nie. Ek kan nie wag om die nuwe Red Door Aura te probeer nie. Hoop kersvader lees my briefie.

  • Marlene Rademeyer

    Gee asseblief vir hierdie arme vrou die Red Door Aura geskenk die jaar, aangesien ek geen ander geskenke gaan kry nie.

  • Cynthia

    Sal wonderlik wees om dit te kan wen!! Dat die sensuele geur van blomme my te kan omvou, en die Elizabeth Arden-velsorg en grimering sal my voorkoms perfek maak vir my man!!

  • Natashia van Greunen

    Ek gebruik net Red Door parfuum. Nog nooit ‘n ander parfuum gekoop nie. Almal komplimenteer my altyd hoe lekker vars ek ruik, so al wen ek nie, sal ek botteltjie van die nuwe aanskaf.

  • Mariana Benson

    Dankie vir die voorstel van hierdie nuwe parfuum. Was onlangs oorsee en nie n nuwe Red Door daar gesien om te kon ruik nie. So gaan ek more dit uit probeer want dis my gunsteling parfuum.Ook nog nie dit hier plaaslik gesien nie.

  • Suzette

    Kan daar ñ verbetering wees op Revlon Red Door? Ek sal maar vir Kersvader op my wenslysie skryf dat ek graag die Red Door Aura wil hê vir Kersfees mits ek nie deur Sarie ñ botteltjie wen nie!

  • Rosalia

    Red Door Aura is geskep vir n vrou wat haar sensualiterit wil uitbring. Dit is presies wat ek wil doen en Sarie gaan my daarmee help, baie dankie 🙂 🙂

  • Marlaine Reynders

    Die Red DOOR Aura sal ‘n Wonderlike Bederfgeskenk wees om te wen – ek glo dit is elke vrou se droom om so "Amazing" prys te wen – dit sal beslis ‘n hemelse geur wees om te gebruik. Elizabeth Arden is bo-aan my lys vir gunsteling parfuum!!!! Ek sal baie graag die Red Door Aura wil gebruik ;-). Dankie Sarie vir ‘n Wonderlike Tydskrif en ‘n Super prys wat op die spel is!!

  • Marita Schreuder

    Ek het die nuwe Red Door Aura probeer en dit ruik heerlik aan my. Ek gebruik al jare Elizabeth Arden velsorgprodukte en grimering en is gaande daaroor. Weereens ‘n puik aanbod soos net SARIE dit kan doen.

  • Annaline de Wet

    Met Kersfees om die draai en nie veel om na uit te sien sal dit so ‘n welkome geskenk wees…ai mens kan mos maar droom van so ‘n groot bederf.

  • Stefanie

    ‘n Heerlike bederf van ‘n tydskrif wat weet wat ‘n vrou laat spesiaal voel. Baie dankie!

  • Martie Lensly

    Ek gebruik Red Door al baie jare en was gelukkig genoeg om dit te kry vir my verjaarsdag onlangs, maar soos ons almal weet – ‘n mens kan NOOIT te veel van ‘n goeie parfuum hê nie