Wen

WEN dubbelkaartjies na Mathys Roets se Droomvrouens-vertoning

Dis nie aldag maklik vir die manne om te sê hoe hulle voel nie. Toe besluit Mathys Roets om ‘n bietjie te help. Hoekom nie ‘n CD maak waarin die manne se emosies verwoord word nie? Dalk help dit hulle om so ‘n bietjie makliker te praat oor wat binne-in hulle aangaan. So is Droomvrouens gebore, ‘n CD wat hy vroeër vanjaar saam met SARIE gedoen het.

“Dit vertel ‘n storie uit die man se oogpunt. Alexa (Strachan) het die teks geskryf. Sy’s die enigste mens wat ek vertrou om dit te doen,” vertel hy. “Maar daar’s eintlik nie baie teks nodig nie, want elke liedjie vertel sy eie storie.”

Wat hom veral met die opname opgeval het, is dat sangers soos Leonard Cohen, Neil Diamond en Cat Stevens hulself so weerloos maak.

“Hulle ontbloot iets van hulself en skryf ernstig oor die liefde, stel hul emosies ten toon en is eerlik oor hoe hulle voel. Dís wat die liedjies so goed maak. Hulle noem die vrou op haar naam en vertel presies wat sy aan hulle gedoen het. In baie van die liedjies het dié vroue regtig hul pad gekruis.”

Die vertoning wys nou by Die Boer in Durbanville en jy kan kaartjies wen.

27-29 Oktober om 20:30 en 31 Oktober om 13:30